SA KAN NIE SONDER ERVARE BOERE
Verskeie hooggeplaaste politici en ander leiersfigure het ’n beroep op die Regering en opkomende boere gedoen om by gevestigde boere te leer. CARIEN KRUGER en GERRIT BEZUIDENHOUT berig.
MNR. NHLANHLA NENE, voormalige Minister van Finansies en tans raadgewer by di eT h eb e-beleggings korporasie, het op die Af as a-transformasie kongres gesê gevestigde vennootskappe tussen wit en swart boere is nodig om die radikale ekonomiese transformasie van die landbou te dryf.
“Moenie wit boere se praktiese ervaring geringag nie. Dit kan nie geïgnoreer word nie en ons sal die regte kommersiële boere moet vind om vennootskappe mee te smee, aangesien ons nie oor dieselfde praktiese ervaring beskik as boere wat al 40 jaar of meer boer nie. Jy kan al die kennis uit ’n handboek hê, maar as jy nie self ’n droogte moes oorleef of praktiese finansiële ervaring in ’n boerdery opgedoen het nie, gaan jy dit nie maak nie. Daarom het die landbou almal, wit en swart boere, nodig.”
MNR. SENZENI ZOKWANA, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het mentorskap aangemoedig aan die hand van mnr. Bobby Godsell, voormalige uitvoerende hoof van AngloGold, wat ’n mentor was vir mnr. Patrice Motsepe, mynmagnaat en een van die rykste mense in Afrika.
“Dit is hoekom ek ’n beroep op wit, kommersiële boere doen, sodat hulle kan sê: Hier is die boer wat ek gereed gemaak het. Ek het my geld in sy plaas gesit. Ons het saam gereis. Vandag kan hy op sy eie staan.” Hy meen ’n boer kan nie net naweke op sy plaas wees nie.
ME. LINDIWE ZULU, Minister van Kleinsake-Ontwikkeling, het gesê ’n mens kan nie ontken dat die meeste grootskaalse boerdery in wit besit is nie, en dat dit weens die verlede is.
“Dit beteken nie ons moet sê wit boere moet doodgemaak of verwyder word nie. Dít wat reeds in die landbou bestaan, moet beskerm word sodat die land sy man in die wêreld kan staan,” het sy onder applous gesê.
Sulke boere moet egter, vir hul eie volhoubaarheid en oorlewing, kyk hoe hulle ander kan help. Swart boere behoort wit boere se voorbeeld te volg en geleenthede in Afrika te ontgin.
“Kom ons kom ooreen: grond moet aan ons mense teruggegee word, maar nie op ’n manier dat dít wat ons reeds het, vernietig word nie,” het sy onder nóg applous gesê.
MNR. OMRI VAN ZYL, hoofbestuurder van Agri SA, het ’n nuwe benadering tot grondhervorming voorgestel.
“Ons kan nie dieselfde ding wat al die afgelope tien jaar misluk het, oor en oor probeer en ander resultate verwag nie.”
Hy stel voor dat 10% van die saamgevoegde besteding van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming (sowat R3 miljard) deur die Land Ban kas bemagtiging s fonds aangewend word. “Sodoende kan opkomende boere pragmaties finansieel ondersteun word.” Daarmee moet private kolleges en voorligtingsdiens te geprivatiseer word .“Voeg die kommoditeit s organisasies en die sektor hierby en dit is ’n heeltemal nuwe speelveld met gelyke kanse vir almal.”