Landbouweekblad

Vier aanvalle in een week op Oos-Kaapse plase

- — THEUNS BOTHA

DIE laaste week van Julie was ’n donker een vir Oos-Kaapse boere. Booswigte het op vier afsonderli­ke plase toegeslaan en een boer is vermoor.

Mnr. Jason Winrow (47), ’n hoenderboe­r van Bluewater by Oos-Londen, is Saterdagog­gend omstreeks 06:40 met ’n skietwond dood by die ingang van sy plaas aangetref. Volgens mnr. Greg Miles van Bare Acres, Stutterhei­m, is Winrow geskiet toe hy die Vrydagaand op sy plaas aangekom en uit sy bakkie geklim het om die hek, wat met ’n draad toegedraai was, los te maak. Die verdagtes het hom geskiet en met sy bakkie gevlug. Sy voertuig is nog nie gevind nie. Hy laat ’n tienjarige seun na.

In ’n ander voorval is mnr. Robbie Blaine (60) van Wauldby, Stutterhei­m, erg getraumati­seer toe hy verlede Saterdagog­gend omstreeks 05:30 deur drie aanvallers verras is. Volgens sy vrou, Peta, wat nie tydens die voorval op die plaas was nie, het Blaine sy honde op die werf hoor blaf. “Toe hy uitgaan om vas te stel wat die probleem is, het drie jong, ongewapend­e manne hom in die huis ingedwing, waar ’n worsteling ontstaan het.

“Robbie kon egter daarin slaag om alarm te maak. Van die bure het binne tien minute op die plaas aangekom, maar die aanvallers het hulle reeds uit die voete gemaak. ’n Sak met elektronie­se toerusting wat hulle buitgemaak het, is later in die veld opgetel,” het sy gesê.

In ’n derde voorval is ’n bejaarde boer, mnr. Basil Peinke (72) van Stutterhei­m, ook ernstig in ’n plaasaanva­l beseer.’n Vierde aanval het volgens mnr. Danie von Lutsenborg van Agri Oos-Kaap se veiligheid­skomitee op ’n kleinhoewe by Kidd’s Beach by Oos-Londen plaasgevin­d. Die eienaar is ernstig beseer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa