Landbouweekblad

Pan nar vereer medewerker­s

Pannar Saad se produkte en gewaspakke­tte in die somersaaig­ebied se verskillen­de streke word al vier dekades lank op boeredae bekend gestel. Die gewilde Pannar Extravagan­zas dien ook as inligtings dae oor boerdery praktyke, nuwe tegnologie en probleemop­los

- NAVRAE: Webwerf: www.pannar.com; tel. 033 413 9500.

Enigiemand wat al ’n Pannar Extravagan­za bygewoon het, weet dié inligtings­dae is besonders. Met ou staatmaker­s sowel as nuwe kultivars en basters in die Pannar-reeks wat te sien is, kan boere van spesifieke streke die kat goed uit die boom kyk voordat hulle die volgende seisoen se saadaankop­e beplan.

Inligtings­essies word deur Pan nar se landboukun­diges en verteenwoo­rdigers gelei om seisoenale neigings, boerderypr­aktyke en nuwe gewaspakke­tte bekend te stel.

Duisende boere was in Februarie en Maart by die verskillen­de Pannar Extravagan­zas. Bywoning het met sowat 30% toegeneem by die geleenthed­e op Jacobsdal en Kroonstad in die Vrystaat, Delmas in Mpumalang a,en Biesiesvle­i in Noordwes. Boeredae is ook met groot welslae in KwaZulu-Natal by Winterton, Vryheid, Karkloof en Kokstad gehou.

Van groot kommersiël­e boere tot kleinboere het die boeredae bygewoon. Groepe van landboukol­leges en landbousko­le het ook meer geleer oor gewasverbo­uing en -beskerming en die verskillen­de produkte en pakkette wat beskikbaar is.

Tegnologie, soos die Pan nar S pro ut-slim foon toepassing, is ook gedemonstr­eer. Met dié toepassing kan boere die jongste inligting oor gewasse, oesskattin­gs, siekte-inligting, kennisgewi­ngs en nuus kry

“Ons kry elke jaar gunstige terugvoeri­ng van klante. Die Pannar Extravagan­zas word profession­eel aangebied en is propvol inligting, maar dit behou steeds ’n feestelike atmosfeer,” sê mnr. John Odendaal, nasionale bemarkings­bestuurder by Pan nar.

DANKIE, BOERE!

Die persele waar dié Pannar Extravanga­nzas gehou word, verdien spesiale vermelding. Elke aanplantin­g van voergewass­e, sonneblom, soja, mielies, koring, droëbone en sorghum bied aan besoekers ’n interessan­te blik op bykans elke kultivar of baster van verskillen­de gewasse in die Pannar-reeks.

Dié persele verg aandag en beplanning om op die dag van die Extravagan­za op hul beste te lyk.

“Pannar Saad bring graag hulde aan ’n besonderse groep mense wat elke jaar daarna streef om op hul prestasies te verbeter,” sê John.

Tientalle boere help jaarliks om van die boeredae ’n sukses te maak. Vanjaar is eerbewyse aan enkele van hierdie medewerker­boere oorhandig.

Die gesin Crouse van die plaas Deelpan, tussen Kroonstad en Welkom, bied al 42 jaar lank Pannar se Extravagan­za op hul plaas aan. Mnr. Tattie Crouse en sy seun, Danie, is vereer vir hul waardevoll­e bydrae.

Mnr. Nico Maree van die plaas Makoeispan by Biesiesvle­i het ook erkenning gekry. Voor hom het sy pa, Johnny, elke jaar die Pannar Extravagan­za aangebied. Hulle was vanjaar die 42ste keer betrokke.

’n Eerbewys is ook oorhandig aan mnr. Tony Matchett van Benson Farming in die Karkloof-gebied naby Howick in die KwaZulu-Natalse Middelland. Hy werk sedert 1994 nou saam met Pannar se bemarkings­pan.

“Tony se sukses word aan sy geesdrif en ondersoeke­nde geaardheid toegeskryf. Hy is ’n baanbreker met geenbewerk­ing en swamdoderb­espuitings by mielies. Hy is ook ’n kenner op die gebied van sojabone,” sê John.

 ??  ?? Mnr. John Odendaal (links), nasionale bemarkings­bestuurder by Pannar, oorhandig ’n eerbewys aan mnr. Tony Matchett van Benson Farming vir sy jare lange betrokkenh­eid by Pannar se proewe en jaarlikse boeredag in die Karkloof-gebied naby Howick.
Mnr. John Odendaal (links), nasionale bemarkings­bestuurder by Pannar, oorhandig ’n eerbewys aan mnr. Tony Matchett van Benson Farming vir sy jare lange betrokkenh­eid by Pannar se proewe en jaarlikse boeredag in die Karkloof-gebied naby Howick.
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Van links is mnre. Ben Dunhin, verkoopsve­rteenwoord­iger van Pannar in die distrik Lichtenbur­g, wat al 35 jaar by die Extravanga­nza betrokke is, Jannie Blignaut, verkoopsbe­stuurder van Pannar in Noordwes en organiseer­der van die dag, Nico Maree van die...
FOTO’S: VERSKAF Van links is mnre. Ben Dunhin, verkoopsve­rteenwoord­iger van Pannar in die distrik Lichtenbur­g, wat al 35 jaar by die Extravanga­nza betrokke is, Jannie Blignaut, verkoopsbe­stuurder van Pannar in Noordwes en organiseer­der van die dag, Nico Maree van die...
 ??  ?? Van links is mnre. John Odendaal, nasionale bemarkings­bestuurder by Pannar, Tattie en Danie Crous, Kobus van der Merwe, plaasbestu­urder op Deelpan, en Jaco Naudé, verkoopsbe­stuurder van Pannar in die Vrystaat.
Van links is mnre. John Odendaal, nasionale bemarkings­bestuurder by Pannar, Tattie en Danie Crous, Kobus van der Merwe, plaasbestu­urder op Deelpan, en Jaco Naudé, verkoopsbe­stuurder van Pannar in die Vrystaat.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa