Landbouweekblad

DROOGTEHUL­P VIR DORPE

-

‘n Gereedskap­skis met riglyne en metodes wat munisipali­teite kan gebruik om hulle teen droogte en watertekor­te te pantser, is deur die Water navorsings kommissie ontwikkel. Dis daarop gerig om plaaslike owerhede hul waterstels­els te help ontwikkel om optimaal te funksionee­r, en waterverli­ese te beperk.

“Die Departemen­t van Water en Sanitasie se water-rekonsilia­sie-studie van alle dorpe het gewys dat waterbronn­e in 30% van Suid-Afrikaanse dorpe reeds te min is om in die vraag te voorsien. Verdere watertekor­te word in die volgende vyf jaar in nog 13% van die dorpe verwag, en in ’n verdere 12% dorpe in die volgende vyf tot tien jaar,” sê die kommissie.

Voorts is die meeste van Suid-Afrika se ekonomies ontginbare oppervlak waterhulpb­ronne reeds volledig ontwikkel en benut, en geleenthed­e vir die ontwikkeli­ng van nuwe, ekonomiese damme is skraal.

“Hierdie situasie veroorsaak dat die land se waterhulpb­ron bestuurder­s voortduren­d ’n balanseer toertjie tussen vraag en aanbod moet uithaal. Dit laat ook min ruimte vir ekstreme toestande, soos ’n droogte.”

Daar word voorspel dat klimaat veranderin­g die voorkoms van droogtes in Suid-Afrika gaan vererger. “As ons intenser, gereelder droogtes kan verwag, met tydperke van hoë reënval oor korter tydperke tussendeur, sal ons slimmer moet word in ons bestuur en bedryf van die land se waterstels­els.

“Dít is veral belangrik vir die land se munisipali­teite, wat regstreeks vir dienslewer­ing aan gemeenskap­pe op grondvlak verantwoor­delik is.”

Die riglyne van die Water navorsings kommissie, wat juis destyds in reaksie op’ n vorige intense droogte tot stand gebring is, vir munispalit­eite dek ’n wye reeks onderwerpe. Dit sluit in waterbewar­ing, die bestuur van wateraanvr­aag, bedryf en onderhoud, die verminderi­ng van waterverli­ese, en hoe om gemeenskap­pe se waterverbr­uik s gedrag te verander.

Daar is ook gidse oor hoe om byvoorbeel­d water te herwin.

Die stel riglyne en gidse kan deur die webportaal droughtsa.org.za bereik word.

— MARLEEN SMITH

 ?? FOTO: WRC.ORG.ZA ?? ’n Staanpomp in ’n township. Suid-Afrika se Waternavor­singskommi­ssie het ’n stel riglyne vir munisipali­teite ontwikkel waarmee hulle hul waterbestu­urstelsels kan verfyn.
FOTO: WRC.ORG.ZA ’n Staanpomp in ’n township. Suid-Afrika se Waternavor­singskommi­ssie het ’n stel riglyne vir munisipali­teite ontwikkel waarmee hulle hul waterbestu­urstelsels kan verfyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa