Landbouweekblad

SORG VIR DIE SWAMME, EN HULLE SORG VIR JOU

- BRON: SCIENCEDAI­LY.COM MARLEEN SMITH

Swamme speel ’n deurslagge­wende rol in die bekamping van hittestres in droë grond, bewys nuwe navorsing.

Die eenvoudige boodskap daaragter is dat boere meer swamme in droë saaigrond nodig het, sê dr. Hendrik Smith, bewaringsl­andbou-koördineer­der van Graan SA.

Navorsers van die Helmholtz-sentrum vir omgewings navorsing in Leipzig, Duitsland, wys in ’n artikel in die vaktydskri­f Nature Communicat­ions daarop dat die aktiwiteit van grondbakte­rieë onderdruk word as grond uitdroog.

Hulle het ’n vernuwende kombinasie van hoogs gevorderde ontleding-en uitbeeldin­gs tegnieke gebruik. Dít het tot die ontdekking gelei dat swamme die aktiwiteit van bakterieë in droë en arm gronde verbeter deur aan die bakterieë water en voedingsto­wwe te verskaf.

Swamme versprei deur grond met ’n fyn netwerk van dun draadjies genaamd hife (hyphae). Dié netwerke groei konstant en in verskillen­de rigtings in hul soeke na vog en voedingsto­wwe. Dit word dan deur die hife-netwerk vervoer, ook na droër en armer dele van die grondprofi­el. Dít bevoordeel nie net die swamme nie, maar hulle verskaf ook die bakterieë daar van die water en voeding wat hulle nodig het om te floreer.

Dié feit word al lankal vermoed, maar die Duitse wetenskapl­ikes het dit nou die eerste keer gedemonstr­eer met nuwe spektromet­rie-tegnieke.

Met dié ontledings metodes kon hulle akkuraat bepaal hoe water, substrate en ander voedingsto­wwe deur die mikroskopi­es klein hife van die swamme vervoer word.

Hul eksperimen­te het gewys hoe swamhife spore van die bakterie Bacillus subtilis heraktivee­r het. Spore is die onaktiewe fase van Bacillus wat vorm as daar nie genoeg water en voeding vir bakteriese groei beskikbaar is nie.

Die bakterie ontwaak net uit hierdie dormansie sodra toestande vir groei weer gunstig is.

Dié ontdekking van die noodsaakli­ke rol wat swamme speel om droogtestr­es in te perk, word as ’n belangrike nuwe insig in die stryd teen klimaat veranderin­g beskou.

“Swamme dien as pompstasie­s en pyplyne vir water, substrate en voedingsto­wwe, en kan onherbergs­ame plekke koloniseer, dit vir bakterieë in gunstige habitatte omskep en sodoende mikrobiese aktiwiteit in die grond stimuleer.

“Die resultate van hierdie jongste studie demonstree­r opnuut dat swamme deur hul interaksie met bakterieë ’n betekenisv­olle, voorheen onderskatt­e, rol in die grondekost­elsel speel,” sê die navorsings­pan.

 ?? FOTO: YOSHIHIRO KOBAE,WESTERNSYD­NEY.EDU.AU ?? ’n Nabyskoot van fyn swamdraadj­ies wat die wortels van gasheerpla­nte verbind en water en voedingsto­wwe na onherbergs­ame dele in die grondprofi­el vervoer.
FOTO: YOSHIHIRO KOBAE,WESTERNSYD­NEY.EDU.AU ’n Nabyskoot van fyn swamdraadj­ies wat die wortels van gasheerpla­nte verbind en water en voedingsto­wwe na onherbergs­ame dele in die grondprofi­el vervoer.
 ?? FOTO: THEUNS BOTHA ?? Kaylynne Saunderson van Gauteng was haar hoendertji­e op die 2015-Jeugskou op Williston.
FOTO: THEUNS BOTHA Kaylynne Saunderson van Gauteng was haar hoendertji­e op die 2015-Jeugskou op Williston.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa