Landbouweekblad

Een bloedlyn, vier kampioene – topteler vertel hoe

Die regte bloedlyne lewer kampioene op. Niemand weet dit beter as mnr. Erich Schulenbur­g wat die afgelope vier jaar reeds talle kampioene op die nasionale en ander Simmentale­r-skoue gelewer het nie. Syfers is egter vir hom ’n bonus – hy steun nog sterk op

- NAVRAE: Mnr. Erich Schulenbur­g, sel 083 388 0519.

Om vir vier jaar agtereenvo­lgens bulle te skou wat stof in mededinger­s se oë skop, verg meer as blote geluk. “Dit benodig ’n oog wat die regte bul kan raaksien en hom by die regte koei sal sit,” sê Erich.

Hy boer al sedert 1992 nadat sy pa, Ewald, die stoetery in 1982 op die plaas Erico, Coligny, begin het. En dit is by sy pa dat hy geleer het om die regte bulle te identifise­er.

IN DIE BEGIN WAS DAAR NAPOLEON . . .

Die eerste van die bulle uit Erich se stoetery wat besonder goed presteer het, was ’n bul genaamd Erico Napoleon.

“Mnr. Fred Dell, tegniese raadgewer by die Simmentale­rtelersgen­ootskap, het Napoleon se oupa vir my aanbeveel. Die bul was oorspronkl­ik van Duitsland afkomstig en op Fred se aanbevelin­g het ek Napoleon se pa met ’n Simmentale­rkoei van Kanadese afkoms, Dynasty, gepaar. Die uiteinde was Erico Napoleon, wat in 2008 die reserwegro­otkampioen op die nasionale kampioensk­apskou op Vryburg was.”

Boonop was hy in 2009 op die Lichtenbur­gskou die grootkampi­oen.

Sy seun, Erico E07116, was op die volgende nasionale kampioensk­apskou op Vryburg

in 2011 die grootkampi­oen en hy was ook die wenner van die goue beker wanneer die verskillen­de beesrasse teen mekaar meeding. Hy was ook in 2010 en 2011 die grootkampi­oen op die Lichtenbur­gskou.

Erico E07116 se seun, Erico Brussouw was in 2012 en 2014 die grootkampi­oen op die Lichtenbur­gskou en ook die reserwegro­otkampioen op die nasionale kampioensk­apskou. “En sý seun, Erico E12179, was verlede jaar op sy beurt die grootkampi­oen op die Lichtenbur­gskou,” vertel Erich oor ’n bloedlyn wat sedert 2009 nog net kampioene opgelewer het.

Nie een van die bulle is vandag meer deel van Erich se kudde nie en elkeen het ’n nuwe tuiste elders in SuiderAfri­ka gevind.

“Erico Napoleon is aan mnr. Bertus Walters van Walsem Simmtental­ers in Namibië verkoop. Daar het hy meer as 440 kalwers verwek. Erico E07116 is aan mnr. Jaques Swart van Malemba Simbras op Vryburg verkoop, terwyl Erico Brussow ’n tuiste by mnr. Brendan Pretorius van Robel Ranches in Botswana gevind het. Erico E12179 is ook in Botswana waar die bul aan mnr. Rudi Lemke verkoop is.

‘SYFERS NET ’N BONUS’

Verskeie stoetboerd­erye het hul eie resep om goeie bulgene te identifise­er, maar Erich meen dat sigwaarde nie onderskat moet word nie. Hy meen dat daar die afgelope paar jaar ’n neiging onder voornemend­e bulkopers ontstaan het om eers ’n bul se syfers te ontleed nog voordat die dier gesien is. “Kopers maak eers in hul koppe ’n besluit oor ’n spesifieke bul nog voordat hulle hulself vergewis het van sy fenotipies­e eienskappe,” sê hy.

Erich verkies om eerder die bul self onder oë te kry – goeie syfers is vir hom net ’n bonus.

“Die syfers pla my nie veel nie, want ek beoordeel die bul op sigwaarde. ’n Goeie bul moet, benewens die regte strukturel­e korrekthei­d, sterk manlik voorkom. In hierdie geval moet hy ’n sterk kop en ’n goed ontwikkeld­e skof hê, met eweredige bespiering en ’n stewige agterkwart. Die bul mag ook ’n bietjie meer harig in sy nek wees, pleks van gewoon gladde hare te hê,” sê hy.

Erich sê die identifise­ring van goeie bulle is ’n vaardighei­d wat ontwikkel moet word.

“Die beste raad is om deurentyd bulle te bekyk en hul fisieke eienskappe te beoordeel. Daardeur bou jy ondervindi­ng op en kan jy later bulle begin identifise­er wat die beste sal presteer.”

Hy sê dat daar ook ’n besliste fisieke verskil is tussen bulle wat goeie bulkalwers gaan lewer en dié wat goeie verse gaan teel.

“Manliker bulle, diegene met onder meer harder bespiering en ’n goeie skof, is meer daartoe geneig om ’n sterker bulkalf te teel, terwyl bulle wat beter vroulike diere gaan teel, se skowwe oorwegend kleiner is met ’n sagter bespiering. Dit is ook gewoonlik hierdie bulle wat mooier van die kant af vertoon. Boere moet dus onthou dat die prentjiemo­oi bul nie altyd die bul gaan wees wat op sy beurt goeie bulkalwers gaan teel nie omdat hulle daartoe geneig is om mooier vroulike diere te teel,” sê hy. Die keuse van bul gaan op die ou einde uiteraard afhang van die doel van die boer se kudde.

PARINGKEUS­E HANG AF VAN FENOTIPE

Om die regte aanteel te kry, hang egter nie net van die bul af nie. Erich sê dit is net

so belangrik om die regte bul by die regte koei te sit. “Ons keuse van paring hang hoofsaakli­k van fenotipe af. Die Simmentale­rbeesras bied beslis ’n voordeel aan boere in die groot verskeiden­heid tipes bulle waaroor die ras beskik. Daar is vroegrypbu­lle, laatrypbul­le, harde en sagte bespiering en verskillen­de liggaamsti­pes. In ons boerdery probeer ons die twee uiteenlope­nde diere bymekaarsi­t. Só sal ons ’n kleiner bul by ’n groter koei sit, of ons sit ’n bul met beter vleiseiens­kappe by ’n koei wat oor beter melkeiensk­appe beskik.”

Die belangrikh­eid van die regte koei moet egter nie ’n beperkende faktor wees nie.

“Mnr. Jan van Biljon, een van Suid-Afrika se bekendste Sussextele­rs, het juis eendag vir my gesê die stoetbedry­f hardloop weg met koeilyne en wil weet wie elke bul se ma is, terwyl hulle minder bekommerd is oor die pa van die bul. Na my mening moet daar meer erns gemaak word daarmee om te weet wie die pa van jou bul is. Ek glo dat dit ook ’n deel uitmaak van hoe suksesvol ons bulle die afgelope paar jaar vertoon het,” sê Erich.

Die regte tipe parings is ook nie altyd heeltemal suksesvol nie. “Dit kan gebeur dat ’n goeie bul en ’n goeie koei nie altyd die beste kalf gee nie. ’n Deel van die sukses van beesboerde­ry lê daarin om ’n liefde vir jou beeste te hê en om geloof in jouself te hê om die regte parings te kan maak, maar daar is ook ’n element van geluk wat ook ’n rol speel. Jy moet aanmekaar oefen om die regte bulle by die regte koeie te kan plaas,” sê Erich.

DIE REGTE BUL VIR DIE MARK

Die uiteindeli­ke doelwit, sê Erich is om die regte bul te teel waarna die kommersiël­e mark soek. “Pryse en eerbewyse is wel waardevol, maar op die ou einde moet ’n stoetteler bulle aan die kommersiël­e boere lewer wat aan hul behoeftes voldoen. Hier speel streng seleksie ’n groot rol asook strukturel­e korrekthei­d. ’n Bul wat goed beweeg en op die veld kan presteer, is ononderhan­delbaar.”

Erich sê hoewel ’n bul nie met ’n waarborg verkoop word nie, bly dit steeds hul doel as stoetteler­s om kopers gelukkig te hou en diere te teel wat die mark wil hê.

KRUISTELER SOOS MIN

Erich meen die voordele van kruistelin­g word steeds onderskat en dat die Simmentale­r by uitstek oor al die eienskappe beskik om ’n suksesvoll­e beesboerde­ry met Simmentale­r-kruisings te bedryf.

“Heterose word baie onderskat, maar dit bied soveel voordele aan die boer. Met basterkrag verkry jy langlewend­heid en meer produktiew­e koeie, wat beteken dat jou koeie langer leef en meer kalwers in hul leeftyd gee. Gebruik dan boonop ’n dubbeldoel­beesras, soos die Simmentale­r, en jou vervanging­sverse gaan meer melk gee wat ’n swaarder speenkalf (én ’n hoër prys) vir die boer beteken. Die Simmentale­r pas perfek in die ideaal om ’n ligter koei aan te hou wat uiteindeli­k ’n swaarder speenkalf gee. Boonop is die Simmentale­r se genepoel so wyd dat ’n boer die presiese tipe bul kan koop om aan sy kudde se doelwitte te voldoen,” sê hy.

Simmentale­rs se ekonomiese voordele word wyd aangeskryf. Dié beesras is jaarliks topprestee­rders wat betref reproduksi­ewaardes met tussenkalf­periodes en ouderdom met eerste geboorte wat van die beste vertoon van alle beesrasse in die land.

Die ras se voerkraalg­roei en gemiddelde daaglikse toename in voerkrale maak van die ras se speenkalwe­rs ook gesogte diere op veilings.

“Simmentale­rkruiskalw­ers toon uitstekend­e groei, wat beteken dat hulle ook gewoonlik premies op veilings kry,” sê Erich.

Hoë melkproduk­sie is veral ’n groot voordeel omdat dit ’n swaarder speenkalf, met ’n hoër prys, in die hand werk.

“Teen gewone speenkalfg­ewigte gaan die boer wat speenkalwe­rs van sowat 220 kilogram teen R30 per kg lewer sowat R6 600 per speenkalf verdien. Deur verse te gebruik wat meer melk kan gee, sal die kalwers 30 kg swaarder, oftewel 250 kg, weeg wanneer hulle gespeen word, wat die boer R900 meer, oftewel R7 500 in die sak sal beteken.

“Gebruik dus ’n goeie bul in ’n kruisteelp­rogram om amper R1 000 meer per speenkalf te verkry,” sê Erich ( TABEL ).

 ??  ?? REGS BO: Erico E07116 was op die nasionale kampioensk­apskou op Vryburg in 2011 die grootkampi­oen en ook die wenner van die goue beker.
REGS BO: Erico E07116 was op die nasionale kampioensk­apskou op Vryburg in 2011 die grootkampi­oen en ook die wenner van die goue beker.
 ??  ?? LINKS: Erico Napoleon, die eerste van die legendarie­se bloedlyn wat reeds vier kampioene opgelewer het.
BO: Erico Brussouw was in 2012 en 2014 die grootkampi­oen op die Lichtenbur­gskou en ook die reserwegro­otkampioen op die nasionale kampioensk­apskou....
LINKS: Erico Napoleon, die eerste van die legendarie­se bloedlyn wat reeds vier kampioene opgelewer het. BO: Erico Brussouw was in 2012 en 2014 die grootkampi­oen op die Lichtenbur­gskou en ook die reserwegro­otkampioen op die nasionale kampioensk­apskou....
 ??  ?? REGS: ’n Groep jong bulle van die Erico-stoetery.
REGS: ’n Groep jong bulle van die Erico-stoetery.
 ??  ?? Mnr. Erich Schulenbur­g
Mnr. Erich Schulenbur­g
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa