Landbouweekblad

AFRIKA: BENUT DIE GROOT POTENSIAAL

-

Afrika is ’n landstreek wat braak lê en wag vir die veredelend­e invloed van Suid-Afrikaanse vleisbokke op die inheemse Afrikabokk­e vir verhoogde vleisprodu­ksie.

Dr. André van Rooyen, ’n navorser van die internasio­nale gewasnavor­singsinsti­tuut vir die halfdroë Trope (ICRISAT) in die ontwikkele­nde markte van Afrika en SuidAsië, sê daar is ongekende belangstel­ling in plaaslike vleisbokke.

Bokke verteenwoo­rdig vir die burgers van Afrika veel meer as net die intrinsiek­e waarde van die diere. “Die bok simbolisee­r ontwikkeli­ng en vooruitgan­g. Die meeste inkomste uit die bokbedryf word aan mense se kos, opvoeding en gesondheid bestee.”

Een van die mikpunte in Zimbabwe, Tanzanië, Mozambiek en Malawi is die verbeterin­g van landboupro­duksie deur die bevorderin­g van geïntegree­rde landbouste­l-

sels onder bestaansbo­ere.

Dit behels ook die ontwikkeli­ng van markte waar tot 300 bokke op ’n veiling aangebied word met byna dieselfde getal verkopers. Dit is in teenstelli­ng met Suid-Afrika, waar dieselfde getal deur een of twee telers per produksiev­eiling aangebied word.

“Bestaansbo­ere in Afrika verbou mielies, sorghum, peulplante en boer met bokke en beeste,” sê hy. Aangesien die diere die oesreste moet benut, word aanbevelin­gs gemaak vir plantkulti­vars waarvan die reste hoogs verteerbaa­r is, met genoeg stikstof.

In dele van Zimbabwe, waar André al tien jaar lank betrokke is, het sy span al die sterftesyf­er onder bokkuddes van 20% tot minder as 10% verminder. Sulke suksesvoll­e boere slaag daarin om meer geld in die volgende vlak van veeverbete­ring te herbelê.

Hy reken die waarde van die Suid-Afrikaanse bokbedryf is “astronomie­s hoog” en dat Suid-Afrika ’n bydrae kan lewer om die

bokbedryf in ander lande te verbeter.

“Botswana en Namibië is ver ontwikkel, maar as die drie miljoen bokke in ’n ontwikkele­nde land, soos Zimbabwe, met Boerbokke vervang word, kan vleisprodu­ksie styg.”

Bokvleis is baie gesog in Afrika, maar dit word nie kommersiee­l benut nie.

André is vas oortuig van die plaaslike bokboer se morele verpligtin­g om sy medeboere in Afrika te help. “Suid-Afrikaners het ’n groot verantwoor­delikheid om die Afrika-boer te help. Die opleiding van nuwe toetreders tot die bedryf verdien dringend aandag. Afrika moet voorrang kry, veral met die oog op die ontwikkeli­ng van markte.”

Hy sê die produksie van rooivleis sal oor die volgende twee dekades verdubbel moet word om met die huidige behoefte aan proteïen in Afrika tred te hou. “Ons lê te veel klem op Europa en ander vooruitstr­ewende gebiede. Ons grootste mark vir vleisprodu­ksie en goeie teelmateri­aal lê in Afrika.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa