Landbouweekblad

‘Hope potensiaal in landbou’

Die vroue in Monsanto se Suid-Afrikaanse span is talentvol en vol werkywer. Hulle sê die landboubed­ryf – en dié maatskappy – is net die plek om persoonlik­e en profession­ele doelwitte te verwesenli­k.

-

Die paadjie wat Monsanto se vroue tot by hul huidige poste gelei het, getuig van hul verbinteni­s om volhoubaar­der kosproduks­ie met behulp van biotegnolo­gie moontlik te maak.

“Ek het by GrootMaric­o op ’n plaas grootgewor­d en albei my ouers het naby aan die natuur gelewe. Daarom dink ek die landbou was van kleins af in my bloed,” sê ME. JACOLENE SWART, Monsanto se produksien­avorsingsh­oof vir Afrika.

Sy werk reeds 14 jaar lank by dié maatskappy. Sy skryf die graad B.Tech. in gewasprodu­ksie, sowel as die grade Hons.B.Sc.Agric. en M.Sc.Agric. in planteteel­t agter haar naam.

As hoof van produksien­avorsing vir Afrika kyk Jacolene na al die navorsing wat Monsanto op sy ouerlyne doen sodat mieliesaad so doeltreffe­nd moontlik gelewer en aan verbruiker­s verskaf kan word.

“Dit behels meestal veldproewe in verskillen­de Afrikaland­e waar ons saad lewer, maar veral in SuidAfrika, Zambië, Malawi, Kenia en Tanzanië.

“Ek is baie geseënd om na verskeie lande te reis en met boere in aanraking te kom. Hul vernuwende denke en deursettin­gsvermoë in moeilike toestande verstom my. Dit dien ook as aansporing om telkens anders te dink oor hoe ek my eie lewe en loopbaan benader.

“Deur inligting en kennis uit te ruil kan Monsanto ’n reuseversk­il maak in mense se lewe, veral in Afrika.”

Jacolene glo ’n mens moet doen wat jou gelukkig maak.

“Baie mense vra my soms of ek nie voel ek beweeg in ’n manswêreld nie. Nee, glad nie! Ek doen waarvan ek hou.

“Vroue het so baie opbouende bydraes wat hulle tot die bedryf kan lewer. My raad aan hulle is daarom om nooit op te hou met selfontwik­keling nie. Bly opgeskerp met die nuutste inligting in jou bedryf.”

GEHALTEBEH­EER

DR. NICOLETTE DU RAND is Monsanto se gehaltebeh­eerbestuur­der vir Afrika. Sy werk nou sowat 4½ jaar vir Monsanto. Sy het haar doktorsgra­ad in plantpatol­ogie verwerf.

Nicolette bestuur al Monsanto se gehaltebeh­eerlaborat­oriums in Afrika. Sy is ook verantwoor­delik vir die vestiging van nuwe laboratori­ums en gehaltebeh­eertoetse in Afrika. Sy neem ook besluite oor die bekendstel­ling van saad, gegrond op gehaltetoe­tsresultat­e.

“Ek behartig ook die opleiding van personeel in die gehaltebes­tuurstelse­l en die toepassing daarvan by enige van die nuwe laboratori­ums in Afrika.”

Nicolette se akademiese agtergrond en navorsing het haar belangstel­ling in die landbou geprikkel.

“Ek het al hoe meer betrokke en geïnteress­eerd geraak. Elke dag is uniek en het sy eie uitdagings. Ek is nooit verveeld nie en is trots daarop dat ek en my span seker maak die saad wat Monsanto verkoop, is deeglik getoets en van puik gehalte.”

Nicolette sê die landbou bied baie geleenthed­e vir jong mense.

“Die wêreld moet gevoed word en dit is nie sonder die landbou moontlik nie. Ek raai enigeen aan om naskools verder te studeer, al is dit vir ’n diplomakwa­lifikasie.”

VRAAG EN AANBOD

ME. LEHANDRIE FREEMAN is Monsanto se binneseiso­enbeplanni­ngsbestuur­der. Sy werk al sewe jaar by die maatskappy.

Die graad B.Com. in bestuursre­keningkund­e rus haar toe om die nodige aanpassing­s te bereken rakende vraag en aanbod op kort termyn, die onmiddelli­ke behoeftes van kliënte en hoe om dit in pas te bring met Monsanto se finansiële doelwitte vir SuidAfrika.

“Al die aktiwiteit­e gekoppel aan die verkoop en bedryfspro­ses, soos die beplanning van die huidige seisoen se vraag

en voorsienin­g, is deel van my verantwoor­delikhede. ’n Groot voorrangsa­ak in my daaglikse beplanning is die minimalise­ring van produkafsk­rywings.”

Lehandrie sê dit was ’n doelbewust­e loopbaansk­uif om deel te word van ’n maatskappy wat nie net in ’n groeiende bevolking se voedselbeh­oeftes wil voorsien nie, maar ook die planeet wil beskerm en lewens wil verbeter.

“My boodskap aan veral jong mense is om jouself met kundiges te omring.

“Kry ’n mentor in die bedryf om jou doelwitte en drome reg te kommunikee­r. Voer gesprekke met jou seniors of mentor(s). Jy moet baie deursettin­gsvermoë hê. Die sukses wat jy sal smaak wanneer jy jou doelwit bereik, is baie soet.”

Lehandrie sê sy en haar gesin geniet dit om tyd saam deur te bring deur saam te draf en fiets te ry. Sy is ’n ywerige deelnemer aan padwedlope en het die afgelope twee jaar aan die Two Oceanspadw­edloop deelgeneem as deel van die Run for the deafveldto­g om geld in te samel vir gehoorgest­remdes op Worcester.

BEMAGTIGIN­G

Met die graad LL.B. en meer as sewe jaar ondervindi­ng in SEBtransfo­rmasiebest­uur, is

ME. PARUSHA PILLAY die ideale kandidaat om Monsanto se regeringsk­akeling en strategie vir swart ekonomiese bemagtigin­g te bestuur.

Parusha werk sowat 18 maande by Monsanto SuidAfrika. Sy is verantwoor­delik vir die bestuur en toepassing van die die transforma­siestrateg­ie en lê klem op goeie verhouding­s met die Regering, politici en soortgelyk­e organisasi­es.

“Ek het toevallig in die landbousek­tor beland, maar dit is wonderlik om saam met ’n diverse groep mense te werk wat so geesdrifti­g is oor dit wat hulle doen. Dit is ook wonderlik om te sien hoe dit wat jy doen, ’n veranderin­g in mense se lewe meebring. Dit is ’n baie bevredigen­de ervaring.”

Parusha se raad aan jong mense is om hard te werk, maar ook slim te wees.

“Gebruik elke geleenthei­d wat jy kry om te leer en ondervindi­ng op te doen.”

ONTWIKKELI­NG

ME. MADELEIN DU PLESSIS is die afgelope 18 maande die bestuurder van menslike hulpbronne by Monsanto. Sy het voorheen in die finansiële sektor gewerk en het ’n honneursgr­aad in bedryfsiel­kunde.

Haar verantwoor­delikhede sluit die volledige werkgewer en werknemers­iklus vir Afrika en Asië in – van die aanstellin­gsprosedur­e tot persoonlik­e ontwikkeli­ng en salarisse. Sy werk ook nou saam met die transforma­sieprojekt­e en menseregte­span.

Die landbou is beslis anders as ander sektore, sê Madelein.

“Ek weet elke dag ek of iemand in ons bedryf gaan ’n groot impak en verskil in iemand anders se lewe maak. Die werk wat Monsanto se personeel doen, is nie vir eie gewin nie. Dit is opreg en word met die grootste geesdrif gedoen wat ek al gesien het. Ek werk met die talentvols­te individue en dit is lekker om te sien hoe elkeen groei en saam met die maatskappy presteer.”

Dit is as’t ware ’n openbaring vir Madelein om deel te wees van die landbougem­eenskap.

“Dis ’n omgewing waarin almal mekaar respekteer en bystaan, en waar tegnologie elke dag ’n rol speel. Elke dag is anders. Veral vir vroue is daar baie geleenthed­e vir groei en ontwikkeli­ng.”

HANDELSMER­K

“My pa het in die landbousek­tor gewerk en dit was vir my so mooi om te sien hoe gelukkig hy was en hoe hy sy liefdes kon uitleef. Ek wou sedert my kinderdae ook so wees,” sê ME. LANDI STOLTZ.

Sy is nou bykans ’n jaar lank Monsanto SuidAfrika se handelsmer­kbestuurde­r. Sy is ’n gekwalifis­eerde skakelbeam­pte en bemarker. Sy is verantwoor­delik vir die bestuur en administra­sie van Monsanto se bestaande handelsmer­ke, waaronder die ontwikkeli­ng en verfyning van nuwe en bestaande handelsmer­kkonsepte en bemarkings­platforms. Dit sluit ook die skakeling met teikengroe­pe in en die bestuur van gedrukte en digitale bemarkings­veldtogte.

“Wat my opgewonde oor my werk maak, is om te sien hoe hierdie sektor uit sy nate bars, en hoeveel potensiaal vir groei en ontwikkeli­ng hierin opgesluit lê.

“Ek is so trots daarop om te sien hoe vroue ’n verskil in die landbou en in hul gemeenskap­pe maak. Dit is vir my mooi om te sien hoe hulle die kwessies in die stad, op die plaas en in hul gemeenskap met soveel durf aanpak. Hulle kombineer en bemeester hul rolle as ma’s, beroepsvro­ue en vroue, en deins nie terug vir probleme nie. Dit laat my hart swel van trots om deel te wees van die landbou en om te ervaar hoe vroue se stemme gehoor word.

“Vroue moet hul harte volg. As jy werk waar jy al jou talente, geesdrif en potensiaal kan uitleef, is jy in die regte sektor. Wees altyd bereid om te leer en omring jou met mense wat ’n liefde vir die landbou het en meer as jy weet.”

 ??  ?? Me.LehandrieF­reeman
Me.LehandrieF­reeman
 ??  ?? Me. Jacolene Swart
Me. Jacolene Swart
 ??  ?? Dr. Nicolette du Rand
Dr. Nicolette du Rand
 ??  ?? Me. Landi Stoltz
Me. Landi Stoltz
 ??  ?? Me.Madeleindu­Plessis
Me.Madeleindu­Plessis
 ??  ?? Me. Parusha Pillay
Me. Parusha Pillay

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa