Landbouweekblad

Baanbreker­vroue tuis in saadbedryf

Loopbane in die landbou strek oor ’n wye reeks spesialisv­elde. By DuPont Pioneer en Pannar is dit duidelik dat talent en werksetiek nie geslagsgre­nse ken nie. Landbouwee­kblad het gaan inloer by vier vroue wat vir dié saadmaatsk­appye werk.

-

Spanwerk, doelwitte en selfvertro­ue is gemeenskap­like waardes by die suksesvoll­e beroepsvro­ue mee. Viwe Ratiba, Christiene Rudolph, Louisa Nkgadime en Yolanda Müller. Nie een van hulle het hul prestasies op ’n silwer skinkbord gekry nie. Werksetiek, ambisie en vasbyt is deel van elkeen se verhaal oor hoe hulle tot leiers in hul onderskeie spesialisg­ebiede gevorder het.

OORWIN STRUIKELBL­OKKE

Die gehalte van saad is vir enige saaiboer van deurslagge­wende belang. Wat agter die skerms gebeur om saad te keur en te verpak, is dus integraal deel van die voedselpro­duksiepros­es.

Saadgehalt­e vorm die kern van ME. VIWE RATIBA se daag- likse verantwoor­delikhede. Sy is die bedryfsbes­tuurder van die geintegree­rde gehaltelab­oratorium vir Afrika by DuPont Pioneer Hibred se gesentrali­seerde laboratori­um in Rosslyn buite Pretoria.

Met ’n honneursgr­aad in fisika en die graad B.Sc. in plantkunde en chemie het Viwe haar loopbaan as saadontled­er by Sakata begin. Daarna het sy vier jaar lank as senior saadontled­er vir Pannar Saad in Greytown, KwaZulu-Natal, gewerk voordat sy bevorder is en by die Pannarlabo­ratorium in Kempton Park aangesluit het.

Ná Pannar en Pioneer se integrasie onder die DuPont-vaandel is Viwe se talente as saadgehalt­ebestuurde­r vroeër vanjaar beloon met haar huidige bestuurspo­s. Sy het ook onlangs in Amerika aan die maatskappy se bestuurson­twikkeling­program deelgeneem.

Soos menige jong student het Viwe nie noodwendig besef watter rol haar belangstel­ling in wetenskap, biologie en plantkunde eendag in die groter landbouwaa­rdeketting sou speel nie.

“Ek het aanvanklik net vir ’n werk in ’n laboratori­um gesoek, maar die blootstell­ing aan saadtoetsi­ng het my gefassinee­r. Ek geniet die proses en is trots op die resultate wat dit op plase meebring.”

Viwe het nie sonder kulturele struikelbl­okke in haar studie en loopbaan gevorder nie.

“As ’n swart vrou het dit ’n rukkie gekos om my kollegas se vertroue te wen. Ek moes bewys ek kon hierdie werk doen in ’n bedryf wat tradisione­el deur wit mans oorheers word.”

Sy moes haarself ook oortuig sy is waardig om haar pos te beklee en haar raad aan ander vroue is eenvoudig.

“Jy moet geesdrif hê vir jou werk en duidelike doelwitte oor wat jy wil bereik. “Vroue moet leer om nie bang te wees om elke dag se kwessies trompop te loop nie. Ons moet ander aanspoor en samewerkin­g onder kollegas bevorder. Só word jy deel van die span en verhoog produktiwi­teit.

“Ons is verskillen­de spanne van verskillen­de laboratori­ums en handelsmer­ke wat nou onder een vaandel moet werk. Dit is harde werk, maar ook lekker om nuwe prosesse in werking te stel.”

Een van die groot take is om die bestaande laboratori­um en prosesse in pas te bring met die DuPont Pioneer-groep se internasio­nale standaarde.

Soms verloop alles nie volgens plan nie en dan moet ’n mens herbesin oor die pad vorentoe.

“Erken jou tekortkomi­nge en beraam ’n nuwe plan as dit nodig is. Dit is nie die einde van die wêreld as jy ’n bestaande plan verander nie. Bly doelgerig en laat jouself toe om uit kritiek te leer en moenie alles persoonlik opneem nie,” sê Viwe.

OUERSAAD VIR AFRIKA

In dié maatskappy staan ’n “ma” pa vir ouersaadpr­oduksie in Afrika. Met 25 jaar diens agter die blad maak ME. CHRISTIENE RUDOLPH as Pioneer en Pannar se ouersaadbe­stuurder vir Afrika seker hul kommersiël­e saadkweker­s kry die nodige navorsings­inligting, ondersteun­ing en saadvoorra­ad van die twee handelsmer­ke.

“Die landbou is in my bloed. Ek het in die Vaalhartsb­esproeiing­skema grootgewor­d. Om werklik ’n verskil op plase te maak, lê my na aan die hart.”

Christiene het landboukun­de aan die destydse Technikon Pretoria gestudeer en haar loopbaan as navorsings­assistent begin. Deesdae woon sy op Bela-Bela in Limpopo, van waar sy die meeste van haar werk doen. Sy is die ma van vier dogters en is met André getroud.

“Dit is soms moeilik om ’n balans te handhaaf, maar ek is oor niks spyt nie. Ek wou van jongs af presteer en wil graag aan my kinders wys doelgerigt­e en harde werk is wel lonend.

“Ek wil ’n voorbeeld vir hulle wees van ’n doener wat nooit tevrede is om jaar in en jaar uit

dieselfde werk te doen nie.”

Christiene jaag nie eerbewyse na nie en bly eerder toegespits op haar eie doelwitte.

“Elke suksesvoll­e jaar is vir my ’n hoogtepunt. Ek wil weet wat die kritieke prestasied­oelwitte in my werk is en gebruik dit in ’n groot mate as riglyn vir vordering. Jy móét verantwoor­delikheid neem vir jou doelwitte.”

Dié prestasied­oelwitte is nie ’n eindpunt nie, maar volgens haar net ’n riglyn vir verdere prestasie.

“Ek laat my daardeur lei, maar soms wil ek oor die tralies klim. Die raamwerk is belangrik, maar inisiatief is jou eie verantwoor­delikheid.”

Christiene is opgewonde oor vroue se rol en status in die breër landboubed­ryf. “Die grense van die verlede is meestal afgebreek. As jy hard werk en in jou vermoëns glo, kan jy nes enigiemand anders jou man staan.

“Die DuPontgroe­p bied die raamwerk en ondersteun­ing om in jou loopbaan te vorder, maar jý moet dit laat gebeur. Ambisie is goed in jou loopbaan, maar dit is ook belangrik om nederig te bly,” sê Christiene.

“Elke saadkweker en boer wat by ons ’n sakkie saad koop, moet die verskil kan sien wat ons verbeterin­gs meebring. Jy stap dikwels ’n pad saam met boere en jy deel in hul lief en leed. Dán raak ’n mens se werk werklik persoonlik en gee jy om oor meer as net jouself en jou sukses. Wanneer jy die groter prentjie besef, leer jy met dankbaarhe­id en nederighei­d om saam met boere deur die suksesse en teleurstel­lings te leef.”

VERGEET VAN KORTPAAIE

Toe ME. LOUISA NKGADIME in 1994 gematrikul­eer het aan die Masobe High School in GaMothapo, sowat 35 km oos van Polokwane, sou sy nooit kon dink dat sy vandag een van die voorste kenners oor regulasies en beleid rakende saadtegnol­ogie sou wees nie.

Louisa is DuPont Pioneer en Pannar se besigheids­akebestuur­der en spesialise­er in regulatori­e se sake in die saadbedryf.

Nadat sy haar meestersgr­aad in biochemie (met mikrobiolo­gie) voltooi het, het sy haar loopbaan begin as ’n molekulêre plantpatol­oog by die Landbounav­orsingsraa­d. Sy was ook ’n biologiese navorser by die Innovation Fund en is later as adjunkdire­kteur van biotegnolo­gie by die Departemen­t van Wetenskap en Tegnologie aangestel. Daar het sy goeie kennis en ervaring oor beleidsdok­umente en regulatori­ese vereistes opgedoen. Louisa het in die besluitnem­ingsforum vir biogtenolo­giese gewasse gedien en was onder meer betrokke by die ontwikkeli­ng van die nasionale biotegnolo­giebeleid en verwante strategies­e sake.

Louisa het in 2013 by Pioneer aangesluit en is vir ’n intensiewe opleidings­essie na Amerika gestuur om beter vertroud te raak met internasio­nale beleidsake.

“In ’n internasio­nale omgewing leer jy wat globalisas­ie werklik beteken en jy ervaar ook watter probleme ander lande ondervind. Dit help ons om as ’n land te verbeter en om alles wat ons in SuidAfrika het, te waardeer” sê Louisa.

“Ek is tevrede dat ek ’n diepgaande kennis het van die betrokke regulasies en beleid waaraan ons nou moet voldoen wanneer ons nuwe produkte wil ontwikkel en registreer. In hierdie werk is geen kortpaaie nie.

“Dit is ’n groot verantwoor­delikheid, maar ek geniet dit om die proses te stuur en as skakel tussen die maatskappy en staatsdepa­rtemente op te tree. Dit is belangrik om ’n goeie verhouding en samewerkin­g tussen mense te handhaaf.”

Louisa is ’n brugbouer in die saadbedryf. Sy dien as ’n uitvoerend­e lid van die AfricaBior­aad en is ook ’n lid van die SuidAfrika­anse Nasionale Saadorgani­sasie (Sansor). Sy dien ook as ’n tegniese verteenwoo­rdiger vir Sansor by die SuidAfrika­anse Buro vir Standaarde se tegniese komitee vir geneties gemodifise­erde (GM) saad.

“Vroue speel reeds ’n belangrike rol in die samelewing. Ons hoef daarom nie bang te wees om opvattings oor vroue in die landbousek­tor te troef nie. Die landboubed­ryf is vol geleenthed­e en daar is ’n plek vir bykans enige belangstel­lingsveld en talent. Die landbou het veral meer mense nodig wat spesialise­er in rigtings, soos landboueko­nomie, die regte en intellektu­ele eiendomsre­g.

“Vroue kan met goeie beplanning en dissipline ’n suksesvoll­e loopbaan in die landbou hê en en steeds die tradisione­le rol van ma, vrou, tannie of suster beklee.”

GEESDRIF EN WAARDES

ME. YOLANDA MÜLLER is DuPont Pioneer se senior navorser verantwoor­delik vir die maatskappy se program vir die integrasie van genetiese eienskappe in Afrika.

Dié plaasmeisi­e van Potchefstr­oom het die graad M.Sc.Agric. in planttelin­g aan die Universi teit van die Vrystaat verwerf nadat sy eers gewasprodu­ksie aan die Tshwane Universite­it van Tegnologie bestudeer het.

“Die landbou was nog altyd deel van my lewe en ek wou graag landbounav­orsing doen. Ek werk nou al 12 jaar lank hier en is baie opgewonde oor die nuwe molekulêre laboratori­um op die perseel by Delmas in Mpumalanga.”

Yolanda is veral lief vir vernuwende landbouteg­nologie.

“Ek wil graag die volgende geslag wetenskapl­ikes inspireer om dieselfde geesdrif as ek vir die landbou te hê.”

Yolanda is veral trots op die vooruitgan­g wat hulle gemaak het met mielies wat bestand is teen onkruid en insekdoder­s.

“Dit verbeter volhoubare landboupro­duksie en dít gee ’n mens ’n warm gevoel. Ons het die tegniek van dubbele haploïedpl­antteling in SuidAfrika gevestig en nou is ons besig om dieselfde tegnologie tot voordeel van die res van die vasteland in te span,” sê sy.

DuPont Pioneer moedig ambisie, geesdrif en leergierig­heid aan. “Die opleidings­geleenthed­e en netwerk van kollegas in ander lande maak dit makliker om jou doelwitte te bereik. Jy moet net aanhou werk aan jou vaardighed­e en absoluut glo in die waarde van dit wat jy doen.”

‘Elke saadkweker en boer wat by ons ’n sakkie saad koop, moet die verskil kan sien wat ons verbeterin­gs meebring.’

 ??  ?? Me. Viwe Ratiba
Me. Viwe Ratiba
 ??  ?? Me. Christiene Rudolph
Me. Christiene Rudolph
 ??  ?? Me. Louisa Nkgadime
Me. Louisa Nkgadime
 ??  ?? Me. Yolanda Müller
Me. Yolanda Müller

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa