Landbouweekblad

Sukses met Santa Gertrudis

’n Skotse vrou het in Suid-Afrika kom trou, maar toe verloor sy haar hart op ’n beesras.

-

Me. Amy Williams het sowat 45 jaar gelede na SuidAfrika verhuis en saam met haar man, Donald, op die plaas Scotston in die Laeveld tussen Barberton en Nelspruit begin boer.

Hulle het aanvanklik met tabak en kommersiël­e beeste geboer – Donald het hom op die tabak toegespits en sy was verantwoor­delik vir die beeste.

Die grootste gedeelte van hul kruisteelp­rogram het uit Brahman en North Devonbulle en een Santa Gertrudisb­ul bestaan. Die Santa Gertrudisb­ul se speenkalwe­rs het hulle egter so beïndruk dat hulle hul eerste paar geregistre­erde, vroulike Santa Gertrudisd­iere in 1975 gekoop het.

VRIENDE EN FAMILIE

Amy se blootstell­ing aan beesboerde­ry kom van ver af. Haar voorgeslag­te was eeue lank be trokke by beesteling, die afslaersbe­dryf en slaghuise in Skotland.

Aan die begin was ander Santa Gertrudist­elers se aanmoedigi­ng vir Amy van onskatbare waarde. Sy het groot waardering vir mnre. Pip Hobson van Ladybrand, Koos Louwrens van Leandra en me. Annie Locke, wat onlangs op 92 oorlede is.

“Annie was ’n wonderlike mentor, veral omdat sy ook ’n vrou in die landbou was,” sê Amy.

Amy en Donald se seun, Ian, boer met makadamian­eute en hul dogter, Janey, wat in Kaapstad woon, sien om na hul boeke en finansiële sake.

SKOUDIERE

Mnr. Albert Mathe, Amy se hoofbeesha­nteerder, werk al amper 30 jaar saam met haar. Hulle skou sedert 1987 slegs op nasionale kampioensk­appe.

“Ons het verskeie eerbewyse van die Landbounav­orsingsraa­d (Elitekoeie) en van ons genootskap ontvang vir vrugbaarhe­id. Een van die hoofvoorde­le daarvan om te skou, is om die sterk en swak punte in jou kudde te vergelyk en te bepaal wanneer hulle saam met beeste van oor die hele land gesien word,” sê Amy.

Sy wil voortgaan om goed aangepaste, kommersiël­e bulle

aan die SuidAfrika­anse vleisbeesm­ark te verskaf.

“Om dit te bereik, moet jou hele kudde in soortgelyk­e toestande bestuur word, met soortgelyk­e bestuurspr­aktyke as dié van die mark wat hulle gaan betree,” sê sy.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Me. Amy Williams.
FOTO: VERSKAF Me. Amy Williams.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa