Landbouweekblad

BOTTER RAAK SKAARS

-

Internasio­nale botterprys­e is op rekordvlak­ke. Botter het op die Global Dairytrade-veiling van 19 Julie bo VSA$ 6 000/ton verhandel – 70% hoër as in Januarie 2015.

“Laer voorraadvl­akke van botter en kaas in die Europese Unie (EU) sal pryse verder versterk,” sê dr. Koos Coetzee, ekonoom van die Melkprodus­ente-organisasi­e (MPO).

“Die skerp styging in die botterprys is ’n gevolg van beide vraag- en aanbodfakt­ore. Verbruiker­s se opvattings oor

die gesondheid­svoordele van plantvette teenoor dierevette het verander namate wetenskapl­ike bewyse van die voordele van botter bekend geword het.

“In Suid-Afrika het verbruiker­s ook, danksy die Bantingbew­eging wat prof. Tim Noakes so bekwaam bevorder het, en ’n groeiende vraag na natuurlike produkte van laevet- na volroommel­kprodukte oorgeskake­l,” sê Coetzee.

Plaaslike botterprys­e het luidens ’n verslag van die Suid-Afrikaanse Melkproses­seerdersor­ganisasie (Sampro) in die 12 maande tot Maart vanjaar met 26,7% gestyg, hoewel die vraag met 4,4% gedaal het.

In die 24 maande tot Maart vanjaar het botter se prys met 38,2% gestyg.

Coetzee sê die groeiende vraag na volroommel­k en -jogurt beteken daar is minder room vir die vervaardig­ing van botter beskikbaar.

Suid-Afrika produseer reeds gewoonlik nie genoeg bottervet vir plaaslike verbruik nie en is tradisione­el ’n invoerder van botter.

“Plaaslike produsente­pryse moedig produsente nie aan om hoëvetmelk te produseer nie omdat die premie vir bottervet laag is vergeleke met die betaling vir vars melk.

“Plaaslike verwerkers moet gevolglik botter teen hoë pryse invoer.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa