Landbouweekblad

Klein begin, groot gewin

Doen waarvoor jy lief is en wees lief vir wat jy doen. Mnr. Loyiso Pepeta, eienaar van die plaas Copperfiel­d by Kokstad in KwaZuluNat­al, se lewe is op dié beginsel gegrond.

-

Die Copperfiel­d-melkery het tot stand gekom na aanleiding van ’n droom wat mnr. Loyiso Pepeta (44) gehad het.

Dié droom is bewaarheid deur Ithala, ’n finansieri­ng-en-ontwikkeli­ngskorpora­sie in KwaZulu-Natal. Hy was vanjaar een van vier kategoriew­enners in Ithala se eerbewyse vir sakepreste­erders. Die eerbewys vir die Landboubes­igheid van die Jaar is aan hom toegeken.

Copperfiel­d verskaf melk, maas en jogurt aan supermarkt­e en groothande­laars in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. ’n Fabriek word op die plaas gebou sodat hulle ook ghee (’n soort verhelderd­e botter oorspronkl­ik uit Indië) kan vervaardig en melk kan sterilisee­r.

Pepeta se vrou, Liziwe, en mnr. Luyolo Makaula, sy oom, is mede-eienaars van die maatskappy Copperfiel­d Farm, wat vyf jaar oud is en aan 40 mense werk verskaf. Die plaas het 810 ha grond waarop meer as 200 beeste wei.

SYFERS EN SKOLE

Pepeta is in Bizana in die OosKaap gebore. As ’n leerling aan die Junior Sekondêre Skool Ntabankulu het hy sy liefde vir syfers ontdek. Gevolglik het hy ekonomie as vak gekies en dit het later ’n groot rol in sy lewe gespeel.

Pepeta het aan die Tegniese Kollege Mthatha gematrikul­eer en rekeningku­nde aan die voormalige Port Elizabeth-technikon gestudeer. Hy het later die graad B.Tech. met rekeningku­nde aan die Durbanse Universite­it van Tegnologie behaal.

“Ek het boerdery en om op die lande te wees nog altyd geniet. Hoewel ek universite­it toe gegaan en ’n kwalifikas­ie behaal het, wou ek nog altyd in die buitelug wees en nie in ’n kantoor vasgekeer nie. Ek is baie lief vir weiding en meganisasi­e, maar dit is lekker dat ek steeds my rekeningku­ndige vaardighed­e in die ondernemin­g kan gebruik.”

ARBEID ADEL

Pepeta wou in ’n stadium sy BMW vir ’n Range Rover verruil, maar hy was bewus van die skuld wat hy dan sou moes aangaan. Toe besluit hy ’n trekker sal beter wees.

Pepeta is ’n voormalige hooffinans­iële beampte van die plaaslike owerheid Ingquza Hill. Terwyl hy nog heeltyds gewerk het, het die trekker by sy huis in Bizana gestaan. Hy het op landelike gemeenskap­pe se grond gewerk, tot voordeel van trusts en koöperasie­s. Hy wou geld bymekaar maak om sy lening vinniger af te betaal.

“Wanneer ek van die werk af gekom het, het ek van 18:00 tot middernag op die lande gewerk om ’n inkomste te lewer en kapitaal op te bou om my eie plaas te koop.”

Dié pa van twee seuns en twee dogters staan elke dag om 04:00 op. Sy dagtake wissel van die opstel van aflewering­snotas, die nagaan van produksie en masjiene, tot die oorsig van die melkproses, die tel van voorraad en die afteken van aflewering­s.

“As ’n entreprene­ur het ek geleer om my nie te laat beïnvloed deur die druk wat ander mense op my plaas nie. Ek het geleer om groot druk te hanteer omdat alles van my afhang.”

Hy sê hy is ’n man met integritei­t. “Wat ek ook al belowe om te doen, sal ek doen. As ek dit om die een of ander rede nie kan doen nie, sal ek jou laat weet.”

Uit sy jeugjare onthou hy dié wyse woorde: “Vind uit waarvoor jy lief is en werk hard om ’n sukses daarvan te maak.”

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Loyiso Pepeta, eienaar van die plaas Copperfiel­d, is van jongs af lief vir syfers. Vandag help dit hom om ’n sukses van sy boerdery te maak.
FOTO: VERSKAF Mnr. Loyiso Pepeta, eienaar van die plaas Copperfiel­d, is van jongs af lief vir syfers. Vandag help dit hom om ’n sukses van sy boerdery te maak.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa