Bewarings boerdery sonder bagasie
’n Boer van die Swartland moes eers ’n draai op die regbank maak en hom in die vervoerbedryf vestig voordat hy sy droom kon verwesenlik om te boer. Hy benut onlangse opwindende ontwikkelinge in saaiboerdery om grense te verskuif.
Boerdery het amper ’n geslag oorgeslaan vir sy familie, maar mnr. Sakkie Rust meen dis ’n bedekte seën, veral omdat hy ná 2000 begin boer het toe minimumb ewerking en presies i e boerdery praktyke net veld begin wen het. Vogbewaring deur optimale grondbedekking en dekgewasse was nog nie as praktyke gevestig nie. So ook nie die gebruik van biologiese middels om plantgroei te stimuleer en plantgesondheid aan te help nie.
Omdat hy van nuuts af moes grond koop, kon Sakkie kies waar hy wou boer. Hy het plase gesoek in gebiede wat betreklik hoë reënval kry en nie te ver van sy vervoer onderneming in die Paarl is nie.
Die grond wat hy gekoop het, was meestal vervuil van onkruid en hy het opgemerk reënval neig om in sy omgewing laer te wees. Die bekamping van onkruid, die regstelling van grondstruktuur en vogbewaring het die hekkies geword waaroor hy moes kom op pad na hoë graanopbrengste.
VERSKUIF GRENSE
“Dit is vir my ’n uitdaging om grense te verskuif. Ek tree aan teen die natuur en geykte gebruike. Tien jaar gelede het ’n landboukundige van’ n bekende kunsmis maatskappy gesê die vrae wat ek hom vra, dui daarop dat ek gemiddeld 4 ton koring per hektaar wil oes. Hy het gesê ons ekostelsel kan nie sulke hoë opbrengste lewer nie.”
IC Rust Boerdery se gemiddelde koringopbrengs gaan deesdae op lang termyn 4 t/ha verby.
“In 2001 is opbrengste van 2,7 t/ha en 2,8 t/ha beskou as goeie oeste in die Tulbagh-omgewing. Dis weinig dat ons deesdae minder as 4 t/ha kry.”
Die welslae is die uiteinde van ’n doelbewuste, steil leerkurwe.
Sakkie het die grade B.Comm. en LL.B. aan die Universiteit Stellenbosch verwerf en daarna as prokureur en advokaat gepraktiseer voordat hy Rautenbach Transport gekoop het.
Hy het mettertyd besef hy sal moet kies tussen regsake en die vervoerbedryf. Vervoer het gewen, en teen daardie tyd het hy begin dink hy gaan nooit by boerdery uitkom nie.
Tog het die vervoerond erneming se wins hom gehelp om sy eerste grond te koop. Hy het die plaas van 130 ha by Tulbagh gebruik om met beeste te spekuleer. Hy het ook saaigrond met ’n oes bygekoop, en daarna verdere saaigrond. Hy het in 2002 self begin plant.
Sakkie en sy vrou, Marieta, het vier seuns, Neel, wat die vervoer onderneming behartig, die tweeling, Marius, wat vir die graad B.Sc.Agric. met grondkun--
de en agronomie gestudeer het en saam met Sakkie boer, en Wessels, wat in Australië studeer. Stefan, die jongste, is ’n derdejaar student op Elsenburg.
Twee plaasbest uurders help ook. Mnr. Jacques Watney behar tig die Riebeekplase en wingerd vertakking, terwyl mnr. Dries Redelinghuys die Tulbaghplase en die beesboerdery behartig.
WISSELBOU
Sakkie het van 2005 af konvensionele kanolakultivars geplant, maar dit ná ’n paar jaar gestaak omdat die prys dit nie meer die moeite werd gemaak het nie. Noudat Southern Oil Limited (Soill) as enigste koper van
kanola ’n nouer werksverhouding met kanolap rodusente het en meer markverwante pryse betaal, kan kanolaverbouing winsgewend wees mits jy goeie opbrengste behaal.
Sakkie sê omdat kanolaverbouing so ’n belangrike wapen teen grasonkruid is, plant hulle triasienb estande kanola sodat hulle atrasien as voor opkomsonk ruiddoder kan gebruik. Wanneer die kanola geplant word, word 2 liter trifluralien per hektaar voor die planter gespuit. Triasien word daarna net voor die eerste reën gespuit.
Hul wisselbo ustelsel bestaan uit ’n driejaarsiklus met kontantgewasse van een jaar kanola gevolg deur twee jaar koring. As die onkruiddruk ná die tweede koringjaar steeds te groot is, sal hulle in die vierde jaar eerder dekgewasse as kanola plant, dit in Augustus en September laat bewei, doodspuit en plat rol.
Daarna sal hulle weer koring plant, verkieslik met ’n skyfplanter in die droë materiaal as die grondstruktuur dit toelaat, gevolg deur koring en kanola. Voor die kanolajaar sal hulle soms fababone of soetlupiene op van die lande plant om te oes vir gebruik in voermengsels vir die beeste.
DEKGEWASSE
As dekgewasse verkies hulle gars omdat dit vinnig groei en baie materiaal gee, swarthawer (Saia), en stikstofbinders, soos rooi klawer, bitterlupiene, ertjies, fababone en wieke.
“Dekgewasse verseker jy het vir ’n groot deel van die somer grondvog en dit kry die mikrolewe in die grond aan die gang. Naas chemiese regstelling is mikroorganismes al wat die grond kan regruk. Ons weet nie wat hulle alles nodig het nie, maar ons moet probeer om die regte toestande vir hulle te skep.”
In die Swartland is winterde kgewasse ’n belegging wat gemaak moet word.
“Jy kan nie ’n ander uitkoms verwag as jy jaar ná jaar dieselfde ding te doen nie. Jy moet iets radikaal verander. Dekgewasse is vir my daardie radikale ingryping wat my ’n geleentheid gee om volgende jaar ’n groter oes te maak.”
Hulle het reeds bewys dat dekgewasse ’n verskil kan maak aan swaar klei en sandgrond.
“Ons grond by RiebeekWes het ’n baie hoë kleiinhoud en maak 2 cmkrake as dit droog word in die somer. Ons het alles gedoen wat ons kon om die probleem te bowe te kom. Op die ou end het ons raad gekry om die hoeveelheid organiese materiaal in die grond te verhoog. Dit help egter nie om die dekgewasse in die grond in te werk nie, want daardeur verniel jy weer jou grond se struktuur en agregaats tabiliteit .’ n Groot volume wortels van diverse plantegroei was die oplossing.”
Hy behaal groot welslae met Saiahawer. “Dit is verstommend, ná ’n jaar met Saiahawer as dekgewas het ek dit platgerol. Nadat ons die daaropvolgende winter ons eerste 8 mm reën gekry het, het ons erdwurmhopies begin sien en toe ons die kaf wegtrek, ruik die grond soos humus. Dis ongelooflik hoe vinnig daardie proses begin.”
Hul ondervinding is ook dat dekgewasse kan help om die grond in die somer koel te hou sodat die biologiese lewe langer kan aanhou om nader aan die oppervlak te werk. In die winter keer dekgewasse dat veral sand grond nie so koud word nie.
Dekgewasse word net op die plase by Tulbagh met aanvang Augustus deur beeste bewei en later doodgespuit.
“Daar is dan nog vog in die grond en ons kry maar verdigting, maar net voor die nuwe planttyd doen ons chemiese grondreg stellings en bewerk die grond 100 mm diep met ’n kontrasnyeg om die kalk en gips in te werk. Dis al hoe ons die grond reggestel en vry van onkruid kry.”
Dit is so ’n doeltreffende manier om onkruid te bekamp dat dit al gebeur het dat hulle vir twee jaar ná die dekgewasjaar nie nodig gehad het om onkruid in die koringoeste te bespuit nie.
“As die lande só skoon raak, doen ons nie weer ’n skott elbewerking voordat ons kanola plant nie. So ’n kamp raak ook nie weer ’n weidingskamp nie.”
Sakkie sê hierdie sukses veroorsaak ongelukkig dat weidingsgele enthede minder word.
HOEVEEL PLANTE?
Sakkie en Marius besef as hulle koring se opbrengsgrense wil verskuif, moet hulle dinge
anders doen. Een van die maniere is om met behulp van biologiese middels as blaarvoeding optimale toestande vir groei van die plante te skep.
Sakkie sê ’n Australiër het hom vertel dat, deur ’n gunstige biologiese omgewing binne die plant en die grond te skep, 4 ton koring per hektaar geoes kan word as jy net 120 plante per vierkante meter het en elke plant het net twee halms, elke halm het ’n aar van 45 pitte en die duisend korrel massa van die korrels sowat 37 g is.
Hy het lank gewonder hoekom boere dít so moeilik behaal.
“Onthou, 120 plante per vierkante meter is maar omtrent 65% van die 160-200 plante per vierkante meter wat landboukundiges by ons in gedagte het. Ons verloor potensiaal langs die pad en begin met potensiaal wat ons nie verwesenlik nie. Hiér wil ons graag plante met vyf tot sewe halms aan elke stoel hê en are wat 15 cm lank is, maar oestyd is die opbrengs nie daar nie.”
Om die probleem te oorkom, het hy blaarontledings laat doen en oor die kaarte van die chemiese grondontledings gelê.
“Ek het gesien daar is steeds tekorte in die plantvesel. Al wat help, is spesifieke blaarvoedings wat ’n kundige uit die vrugtebedryf vir my koring, en ook my wingerd, saamgestel het.”
Deur voedingstekorte biologies deur blaarvoedings aan te vul, het die opbrengste van hul druiwe, koring en kanola verhoog en die algemene plantgesondheid merkbaar verbeter.
Nog iets waaraan hulle baie aandag gee, is om ag te slaan op die drie ontwikkelingstadium s waartydens hulle wel koringopbrengs kan aanhelp.
In die vierblaar stadium kan aarlengte beïnvloed word, in die sewe- tot agtblaarstadium blompakke en die getal pitte per aar, en in die vlagblaarst adium die proteïeninhoud van pitte. Aarvulling en hektolitermassa hang egter af van koel weer en genoeg grondvog. Laasgenoemde word in ’n mate deur voldoende grondbedekking aangehelp.
SOORTE PLANTERS
Hoewel Sakkie glo skyfplanters is die toekoms vir Kaapse graanboere, is daar nog probleme met die grond se fisieke toestand wat oorkom moet word.
“Ek het nie geglo dat die grond vir my genoeg wortelmassa kan gee as die grond nie losgemaak word nie, maar in grond met die regte struktuur is daar genoegsame ruimte vir voldoende wortelontwikkeling .”
Aangesien daar soveel verskille in die tipe grond op sy plase is, gebruik hy skyf- én tandplanters, ook omdat ’n mens nie met ’n skyfplanter suksesvol kan werk as daar nog probleme met onkruid is nie. Hy het gevind dis beter om kanola en fababone met ’n tandplanter te plant. Eweneens is dit beter om met ’n skyfplanter weg te bly van droë kleigrond.
“Hoe meer ons daarin slaag om die onkruiddruk te verlaag, hoe meer sal ons oorgaan na die skyfplanter op grond wat daarvoor geskik is.”
Hulle het Voor-tandplanters, ’n John Deere-skyfplanter en ’n Equalizer-tandplanter met ’n skyf voor elke tand om deur materiaal te werk.
“Ons het dit so laat bou, dan kan ons met ’n tandplanter in grond werk wat nie geskik is vir ’n skyfplanter nie, maar waar jy meer grondbedekking wil behou. In dié geval plant jy in die rigting waarin die dekgewas gerol is. Die planter pak ook maar aan. Dis nie ’n volmaakte stelsel nie, maar dit word beter. In stoppellande werk dit goed.”
Sakkie en Marius sê hoewel hul gemiddelde opbrengs op lang termyn meer as 4 t/ha is, sien hulle op die stropers se opbren gsmonitors dikwels opbrengste van 7 t/ha en 8 t/ha vir gedeeltes van kampe. In 2012 het hulle so ’n blok gemerk en grondmonsters geneem. Hulle kon niks daaruit wys word nie.
“Die grondtipe was koeler, klipperige leemgrond. Al wat ons kon agterkom, was dat die organiese materiaalinhoud van die grond daar 4% was, en dat die makro- en mikro-elemente in goeie balans was, sover ons kon vasstel. Dit wys jou wat is moontlik as die plante se ‘huislike omstandighede’ goed is.
“As jy die regte milieu vir ’n droëland koring plant kan skep, weet ons nog nie waar die opbrengsplafon lê nie. Ek wil eers vasstel waar daardie plafon vir my plase lê en daarna my insette aanpas om die mees ekonomiese werkswyse te volg.”
LEERMEESTERS
Sakkie laat nie ’n steen onaangeroer om meer oor ’n onderwerp of probleem uit te vind nie. Toe hy besluit het om met sy saaiboerdery te begin, het hy baie gelees en boeredae en inligtingsdae, soos dié van die Swartlandse Klein graan ontwikkelings groep (SKOG) bygewoon.
Een van die keerpunte vir sy boerdery, en sy oorgang van blote minimum bewerking na bewa- ringsboerdery, was in 2013 toe mnr. Rol f Derpsch, bewarings boerdery kenner van Paraguay, die Wes-Kaap op uitnodiging van Bewaring slandbou Wes-Kaap (BLWK) besoek het. Derpsch se voorstelle oor dekgewasse en skyfplanters het sy “oë laat oopgaan” en hom anders laat dink.
Hy het toe ook bewus geword van die navorsing van die departement van landbou in die Wes-Kaap en sy medewerkers op mnre. Fanie en Jan-Hendrik Joubert se plaas by Riversdal.
“Daardie proewe is fenomenaal. Dit en die proewe by die navorsingsplaas Tygerhoek het my geïnspireer.”
Derpsch het ook gehelp om sy tweestryd tussen onkruidb ekamping en vogbewaring op te los toe hy besluit het om aanvanklik net 10% van sy grond aan dekgewasse af te staan.
Van die beste raad het gekom van mnr. Tom Robbinson, ’n bewaringsboer van Suid-Australië en spreker op die BLWK-konferensie oor bewarings boerdery in 2015. Hy meen dis te vinnig om teen 12 km/h met skyfplanters te werk, en dat dit die swakkerige plantestand kan verklaar. Teen daardie spoed wip die drukwiel te veel om goeie kontak van saad met die saadbedding te bewerkstellig. Daarna het hulle die planter se spoed tot 9 km/h verminder en baie beter resultate met ontkieming verkry.
Hy meen egter die grondslag vir sy kennis is die boeredae wat hy sedert 2000 in Wes-Australië bygewoon het.
“Ek het saaiboere ontmoet, jaarliks na die proewe van hul graan navorsing-e n-ontwikkelingskorporasie g aankyk, die Wes-Australiese geen bewerkings boereverenigings e geen be- werkings programme bestudeer en hul boeredae bygewoon.”
Hy was ook baie beïndruk met die landbouvriendelike houding van die land en die gebiedsgerigte navorsing wat die Universiteit van Wes-Australië doen.
“Die universiteit het omtrent op elke vierde dorp ’n satellietstasie vir navorsing en ’n poel navorsers.”