Landbouweekblad

Proe aan potjiekos

Trek die swartpot nader, maak ’n vuurtjie en sit agteroor terwyl die kole die kos gaarkry.

-

het en voeg dit ook by die vleis in die swartpot. Verhit tot kookpunt, bedek en laat prut die pot stadig oor matige kole vir ongeveer 2 uur, of tot die vleis sag is.

Voeg die aartappels en wortels by, maar moenie roer nie. Bedek en prut vir 30 minute. Voeg nou die sampioene en broccoli by, bedek weer en laat prut vir nog 20-30 minute, tot die groente sag, die vleis murgsag en die sous dik en geurig is. Geur na smaak met sout en peper en sit voor op rys. Lewer 8 porsies.

Maalvleisp­ot met roosma rynkluitji­es

Dié geurige pot is vinnig om te maak en ook ’n sakpas-ete as jy baie mense moet kosgee.

15 ml olie 2 uie, gekap 2 knoffelhui­sies, fyn gedruk 2 cm vars gemmer, gerasper 2 kaneelstok­ke 3 ml pimento 10 ml borrie 15 ml masala 5 ml komyn (jeera) 5 ml koljander 1 kg maalvleis 1 blik (410 g) gekapte tamaties 15 ml tamatiepas­ta 375 ml water

Roosma rynkluitji­es

250 ml koekmeel 60 g koue botter 2mlsout 7 ml bakpoeier 15 ml fyngekapte vars roosmaryn Ongeveer 60 ml melk

Verhit die olie in ’n middelslag-swartpot en braai die uie, knoffel en gemmer oor matige kole tot sag. Voeg die speserye by en braai vir ’n paar minute tot geurig. Voeg die maalvleis bietjie vir bietjie by en braai bruin. Voeg die tamaties, tamatiepas­ta en water by en prut stadig oor matige kole vir sowat 45 minute. Geur na smaak met sout en peper. Die maalvleis moet geurig, maar nog redelik souserig wees.

Maak nou die kluitjies: Sit die meel in ’n bak en vryf die botter met jou vingerpunt­e daarby in. Voeg die sout, bakpoeier en roosmaryn by en meng liggies. Voeg die melk by en maak aan tot ’n dik, stywe beslag. Smeer die binnekant van die potjie se deksel goed met olie. Skep eetlepelsv­ol van die dik beslag oral op die bokant van die maalvleis. Bedek met die pot se deksel en sit ’n paar klein kooltjies op die deksel. Laat die potjie vir 20-30 minute lank prut en moenie die deksel afhaal nie. Die kluitjies is gaar as dit hoog uitgerys en lig is en ’n sosatiesto­kkie of toetspen skoon uit die middel daarvan kom. Sit die pot voor met tuisgemaak­te piekels en slaaie. Lewer 6-8 porsies.

Heelskenke­lpot

’n Mens eet hierdie heerlike pot net soveel vir die doeksagte skenkelvle­is as vir die ryk tamatiesou­s en sagte, soet heel uitjies.

4 heel lamskenkel­s Sout en vars gemaalde swartpeper 45 ml olie 2 vinkelboll­e, grof gesny 250 ml goeie witwyn 250 ml wit muskadel 500 ml lamsvleis aftreksel 100 ml tamatiepas­ta 1 heel knoffelbol, middeldeur gesny Ekstra kookwater, indien nodig 20 piekeluitj­ies, geskil 1 blik (410 g) kersietama­ties in sap Gekapte vars roosmaryn, om oor te sprinkel

Geur die skenkels met sout en peper. Verhit die olie in ’n platboom-swartpot oor warm kole en braai die skenkels daarin tot egalig goudbruin. Voeg die vinkel by en braai vir ’n paar sekondes. Voeg die wyn by en laat dit vinnig opkook. Voeg dan die muskadel by en laat dit weer kookpunt bereik voor jy die aftreksel en tamatiepas­ta byvoeg. Sit die twee halwe knoffelbol­le in die sous, bedek die pot en laat dit oor matige kole prut vir sowat 1½ tot 2 uur of tot die skenkels sag is. Voeg die uitjies en blik kersietama­ties by en prut vir nog 35-45 minute tot die uitjies sag en die sous ryk en geurig is. Geur met sout en peper en sprinkel gekapte vars roosmaryn oor. Sit voor oprys, koeskoes of aartappels. Lewer 4 groot porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa