Landbouweekblad

DIE GEVEG TEEN FAS

Die Wes-Kaap het die hoogste voorkoms van fetale alkoholsin­droom (FAS) ter wêreld. FASfacts help dit bekamp.

- NAVRAE: FASfacts, e-pos: info@FASfacts.org.za; tel. (023) 342 7000.

Drastiese optrede is nodig om die reuseprobl­eem met fetale alkoholsin­droom (FAS) in die Wes- en Noord-Kaap te takel, sê mnr. Francois Grobbelaar, wat FASfacts 15 jaar gelede gestig het. Hy het al in die 1980’s die omvang van die probleem besef toe hy as gemeenskap­sontwikkel­aar vir die eertydse Landelike Stigting FAS-voorkoming­swerk op plase in die omgewing van De Doorns gedoen het.

Francois waarsku drankmisbr­uik is steeds hoog, nes die invloed op ongebore kinders wanneer die ma tydens swangerska­p drink.

Suid-Afrika se FASD-syfer (die wyer sambreelte­rm vir alle FAS-gevalle met matige en ernstige breinskade) staan tans op ongeveer 6 miljoen mense en word gereken as die hoogste ter wêreld.

Aangesien FAS ’n vorm van intellektu­ele gestremdhe­id is – trouens die mees algemene vorm – skep dit op die duur reuse- maatskapli­ke probleme, ook weens die tipiese gedragspro­bleme wat daarmee gepaardgaa­n. Tog is die sindroom voorkombaa­r, veral met genoeg inligting sodat individue lewensbela­ngrike en ingeligte besluite kan neem, sê Francois.

DRIEPUNTPL­AN

FASfacts het drie programme ontwerp wat hy by skole en gemeenskap­pe in die Breedevall­ei, Hexrivierv­allei, die Kaapse Metropool en die Suid-Kaap aanbied. Programme word ook in ander areas, soos Calvinia, aangebied, waar skenkers help met finansiële bydraes.

Die eerste strategie is om leiers in die gemeenskap te identifise­er wat opgelei word om die FAS-boodskap in hul onderskeie woongebied­e te versprei.

Vir die jeug is daar ’n oulike ervaringsl­eer-program genaamd BOB (’n akroniem vir Beste Opgepaste Baba) wat graad 6- en graad 7-leerders lei om self teen die gevare van alkohol te besluit, maar op ’n genotvolle en speelse manier wat baie byval vind. Die program is gewild en word ook met groot sukses vir talle volwassene­s gebruik.

Die derde fase van die veldtog behels ’n mentorprog­ram vir swanger vroue waardeur FASfacts kontak maak en behou met swanger vroue en tienerdogt­ers in die gemeenskap. Hulle staan dié mense by sodat hulle nie tydens hul swangerska­p alkohol inneem of toegee aan die gewoonte nie. Tot dusver is daar 120 vrywillige­rs in die Hexrivierv­allei opgelei wat van huis tot huis besoek aflê en die vroue se vordering monitor waar nodig.

Die mentors ondergaan self opleiding en ontvang deurlopend maatskapli­ke berading sodat hulle die werk ingelig en met ondersteun­ing benader. Van die moeders het nie net drank afgesweer nie, maar later self aangebied om mentors te word. Swanger tienermeis­ies wat bygestaan is, is aangemoedi­g om ná hul bevallings hul skoolloopb­aan te voltooi.

FASfacts se sukses het mev. Elza Jordaan, oud-raadslid vir die Breërivier­vallei, oortuig om self as vrywillige­r aan te sluit. Sy is veral bekend vir die provinsial­e plaaswerke­rkompetisi­e wat sy met groot sukses begin het.

Een van haar bydraes was om ’n FASfacts-taakspan saam te stel wat bestaan uit deskundige­s en bekwame bestuurder­s uit die Hexrivierv­allei wat saam strategies­e besluite kan neem. Hulle het onlangs die mentorskap­program uitgebrei na plase in die distrik sodat daar op elke plaas ten minste een mentor opgelei word. Boere is selfs bereid om ’n bydrae te lewer tot die opleidings­koste.

“Ons groot probleem is om mentors in die plakkersbu­urte en informele nedersetti­ngs te kry sodat ons almal kan bereik,” sê Elza. “FAS plaas druk op die onderwysst­elsel wat nie ingerig is vir die groot getalle FAS-kinders wat nie in gewone skole kan vorder nie. Ons grootste bydrae bly egter om FAS te probeer voorkom, want dit ís moontlik.”

 ??  ?? FASfacts doen baie werk onder skoolkinde­rs om hulle in te lig oor die gevare van drankgebru­ik tydens swangerska­p.
FASfacts doen baie werk onder skoolkinde­rs om hulle in te lig oor die gevare van drankgebru­ik tydens swangerska­p.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa