Sitrus: Uitvoervolumes kán verdubbel — dís die plan
Suid-Afrika se sitrusbedryf is ’n voorste uitvoerder en die land se grootste werkverskaffer en verdiener van buitelandse inkomste. Vooruitskattings toon egter dat die bedryf in die volgende vyf jaar ernstige aandag aan markontwikkeling sal moet skenk.
Die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf het die afgelope tien jaar gegroei tot een van die wêreld se voorste uitvoerders van lemoene, pomelo’s, suurlemoene én sagtesitrus na tientalle lande. Tog is daar kommer oor die vermoë van markte om groter volumes te absorbeer in die lig van projeksies van produksie toenames en aanplantings van suurlemoene en sagtesitrus.
Skattings toon dat uitvoervolumes van suurlemoene en sagtesitrus oor vyf jaar kan verdubbel in vergelyking met die hoeveelhede wat verlede jaar uitgevoer is.
Daar is gapings vir Suid-Afrikaanse sitrus in gevestigde én nuwe markte. Dit beteken egter bilaterale regerings onderhandelinge sal harder voortgedryf moet word, boere sal produksietye moet manipuleer om seisoene te “rek” en meer promosie moet doen om Suid-Afrika se puik sitrus te bevorder.
Dít is die mening van dr. Hoppie Nel, konsultant vir die vrugtebedryf. Hy het in Junie by die Agri Cape-week op Worcester én Citrus Research International (CRI) se produksie-werksessie buite Citrusdal gesê die Sitruskwekersvereniging, boere en uitvoerders doen al baie. Hul pogings word egter aan bande gelê deur streng fitosanitêre beperkings, soos kouesterilisasie, wat inderwaarheid skadelik vir sitrusvrugte is.
“Die Sitruskwekersvereniging bel omtrent elke maand die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye om te vra hoe bilaterale onderhandelinge oor die vereiste vir kouesterilisasie in China vorder, of om toegang tot markte in Suid-Korea en Vietnam te kry.
“Die wêreld gebruik fitosanitêre maatreëls om politieke redes en ter wille van teoretiese of perseptuele markbeskerming.”
SUURLEMOEN-OES KAN VERDUBBEL
Hoppie sê uitvoer vanaf geregistreerde suurlemoen-hektare kan teen 2021 nage-
noeg 26,7 miljoen kartonhouers bereik. ’n Projeksie van toekomstige aanplantings op grond van die 3,373 miljoen ogies wat die sitrus grondves blok die afgelope twee jaar vrygestel het, toon nuwe aanplantings kan 6 700 hektaar beloop.
Dié aanplantings kan ’n bykomende 6,7 miljoen kartonhouers teen 2021 oplewer. “Suurlemoen produksie gaan teen 2021 meer as verdubbel van die 15 miljoen kartonhouers wat ons verlede jaar uitgevoer het tot meer as 33 miljoen kartonhouers.
“Dit impliseer dat Suid-Afrika na markte vir ’n bykomende 250 000 ton suurlemoene tussen nou en 2021 sal moet soek. Dit gaan moeilik wees, want as ek na wêreldneigings kyk, lyk die mark versadig in die maande wat ons suurlemoene voorsien.”
Suid-Afrika is die vyfde grootste uitvoerder van suurlemoene ter wêreld en voer 88% van die suurlemoene uit wat plaaslik gelewer word.
GELEENTHEDE VIR SUURLEMOENE
H oppies ê die moontlikhede vir grote ruitvoer hoeveelhede lyk duister in Mei, Junie, Julie en Augustus, wat Suid-Afrika se tradisionele uitvoermaande is.
Kanada is een van die beste groeiende markte vir sitrus en allerhande ander vrugte omdat hulle self nie veel daarvan verbou nie. Suid-Afrika is die derde grootste uitvoerder na Kanada, maar net binne dié land se beperkte bemarkingstyd, sê Hoppie. “Die enigste gaping in Kanada is in September en Oktober, maar dan is die grootste deel van ons oes af. Ook Amerika se eie produksie bereik ’n hoogtepunt in ons produksietyd, maar daar is ’n belangrike gaping vir vroeë suurlemoene van Suid-Afrika.”
In die Verenigde Arabiese Emirate sien Hoppie geen oplossing nie. “Suid-Afrika is die grootste uitvoerder daarheen en daardie markte is versadig vir ons produksietyd.”
Volgens hom bly Rusland die grootste geleentheid vir Suid-Afrikaanse suurlemoene, met ’n potensiële invoergaping van sowat 30 000 ton in Junie, Julie en Augustus.
Hoppie sê daar is ook ’n paar lande wat vir Suid-Afrikaanse sitrusboere onbekend mag wees, soos Roemenië, wat die vyfde grootste invoerder van suurlemoene van
‘Dit impliseer dat Suid-Afrika na markte vir ’n bykomende 250 000 ton suurlemoene sal moet soek.’
Holland af is. “Sover ek weet, is daar net drie suurlemoenbome in Holland. Waar kry Holland die suurlemoene wat hy uitvoer? By ons (Suid-Afrika) en Turkye. Wat ek vir boere by ander werksessies sê, i somme t hul uitvoerders te praat sodat ons die tussengangers uitskakel en ons vrugte regstreeks na lande, soos Roemenië, stuur.”
Hy het na die markpotensiaal in verskillende lande en streke gaan kyk om vas te stel waarheen Suid-Afrika die 250 000 ton suurlemoene wat teen 2021 bykomend gelewer gaan word, kan uitvoer (sien die TABEL ).
WAT MOET DIE BEDRYF DOEN?
Hoewel hy nie veel gapings in die mark sien nie, is daar tog planne, sê Hoppie. “Die bedryf en die Regering moet saamwerk en met Amerika, lande in die Verre-Ooste en Europa onderhandel om die vereistes van uitvoer protokolle makliker te maak, soos die vereiste vir kouesterilisasie van 2 °C pleks van minder as -2,5 °C.”
Sy navorsing wys ook daar is baie kanse vroeg en laat in die seisoen. Boere behoort planne te maak om produksie te versprei van die huidige Mei tot Augustus na’ n suurlemoen seisoen wat Maart, April en September ook insluit. Hulle kan dit regkry deur alternatiewe kultivars te benut en die rypwording en verkleuring van die vrugte te manipuleer.
“Ons het in Komatipoort die hele produksie van pomelo’s met twee weke vroeër geskuif deur die binnevrugte selektief te pluk. Die bedryf het dit ook reggekry om pomelo’s oor ’n tydperk van vyf maande uit te voer, pleks daarvan om 90% van die pomelo’s binne drie maande uit te voer.”
LIEWER NIE LEMMETJIES NIE
Nog iets wat hy dink Suid-Afrika kan doen, is om mense te oortuig om suurlemoene te gebruik waar hulle normaalweg lemmetjies sou gebruik, veral omdat dit moeilik is om lemmetjies te lewer wat vir buitelandse ver- bruikers aanvaarbaar is. “Ons in Suid-Afrika ken nie eintlik lemmetjies nie. Wat lemmetjies so moeilik maak, is dat hulle groen moet wees. Die vrug moenie verkleur nie, maar hy moet ryp wees. Dit werk mos nou nie eintlik fisiologies so nie. Sodra lemmetjies begin verkleur, wil die uitvoermark hulle nie hê nie.
“Ek probeer ’n saak uitmaak as ons mense kan oortuig om eerder suurlemoene saam met hul gin te drink of oor hul vis uit te druk . . . dís goed wat ons moet doen, want die suurlemoenmark is onder druk.”
Daarbenewens moet die unieke gehalte van Suid-Afrikaanse suurlemoene ook met meer ywer bemark word. Die doel is sodat verbruikers bewus kan word van die relatiewe waarde van Suid-Afrikaanse suurlemoene teenoor die waarde van lemmetjies wat sekere prominente uitvoerders in sekere tye na Kanada, Amerika en Brittanje stuur.
BAIE MEER SAGTESITRUS
Sagte sitrus produksie groei ook teen die snelle pas van suurlemoene. Sagtesitrus is ’n versamelnaam vir Satsoemas, Clementines en Mandaryne. Hoppie sê aangesien die produksietye vir dié drie kultivars so verskil, behoort hulle eintlik afsonderlik gehanteer te word, dog daar is nie genoeg inligting beskikbaar daarvoor nie.
As H oppies y model gebruik om’ n vooruitskatting van sagte sitrus aanplantings te maak, is daar in die afgelope twee jaar 2,96 miljoen nuwe bome aangeplant wat teen 615 bome per hektaar op 4 500 hektaar neerkom. Teen 800 kartonhouers per hektaar, sal daar in 2021 byna 3,6 miljoen kartonhouers meer sagtesitrus vir uitvoer beskikbaar wees.
Saam met die geraamde 26,9 miljoen kartonhouers van geregistreerde boorde behoort Suid-Afrika teen 2021 sowat 30,5 miljoen kartonhouers sagtesitrus uit te voer.
Dit is meer as dubbel die 14,5 miljoen kartonhouers sagtesitrus wat verlede jaar uitgevoer is, en impliseer dat Suid-Afrika tussen nou en 2021 vir 225 000 ton sagtesitrus markte moet vind. Hoewel daar van Oktober tot Maart moontlikhede in die markte is, is Hoppie bekommerd dat die meeste sagtesitrus wat aangeplant word, Mandaryne is wat binne vier weke ryp word.
Nes met suurlemoene is dit belangrik dat bilaterale onderhandelinge oor minder beperkende invoerprotokolle plaasvind met lande wat sagtesitrus uit Suid-Afrika invoer. Hoppie sê dit is veral die vereiste vir koue behandeling wat Amerika, Engeland en Europa en die meeste lande in die Verre-Ooste vereis, wat die probleme veroorsaak.
“Was dit nie vir die koue sterilisasie vereiste in China nie, kon ons al ons vrugte daarheen stuur. Dis ’n goeie, betalende mark.”
In Japan is harde sitrus uit Suid-Afrika welkom, maar die plaaslike sagte sitrusbedryf word streng teen invoer beskerm.
WAT KAN GEDOEN WORD?
Suid-Afrikaanse boere en hul uitvoerders behoort ook hul“verskaffings venster” van April tot September ten beste te benut deur: ■ Die “venster” vir die gesogste kultivars so wyd moontlik te rek; ■ Alternatiewe kultivars aan te plant wat vroeër en later op die markte kan wees; en ■ Tydsverwante geleenthede te benut deur die koördinasie van potensiële volumes per mark en die tydsberekening van verskaffing aan verskillende markte. Mnr. Hannes Bester, nasionale bestuurder vir voorligting by die sitrus navorsingsentrum van die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika (CRI) by Nelspruit, sê daar is maniere om die oestyd effens te rek, maar nie baie nie .“Deur ondermeer verskillende kultivars, verskillende onderstam keuses, plant groei reguleerder sen bemesting in te span, kan die oestyd in ’n mate gemanipuleer word.
“Dis die punt wat Hoppie maak; navorsers moet kyk na hoe om die oestyd beduidend te verleng.” Hannes is nie bekommerd dat dit enige uitwerking op die lewensduur van die bome sal hê nie. “Wat wél belangrik is as ons dit wil doen, is dat die invloed op die raklewe van die vrugte deur navorsing in verskillende vakgebiede vasgestel word. Dit kan in party gevalle ook in die daaropvolgende seisoen ’n nadelige uitwerking op die oesgrootte van die vrugte hê.”
KWEKERS VERENIGING SERO L
Mnr. Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika( S K VSA ), sê hy is nie bewus van enige instelling wat Suid-Afrikaanse suurlemoene bevorder nie. Die vereniging het ook nie ’n mandaat of hulpbronne om dit te doen nie. “Daar was ook nie onlangs ’n versoek dat die SKVSA se mandaat moet verander, of die heffing op uitgevoerde sitrus verhoog moet word om geld te kry om dit te bevorder nie.”
Hy sê met die puik pryse wat die bedryf vir suurlemoene en sagtesitrus kry, is daar dalk genoeg geld in die waardeketting om promosie veldtogte van stapel te stuur. Jus tin sê boere het verskillende menings oor wat gedoen moet word. “Party glo die vraag is groot genoeg om die aanbod te absorbeer en dat die mark dit in elk geval sal uitsorteer. Ander boere reken egter daar moet ingegryp word om die vraag te stimuleer sodat die mark groter volumes kan absorbeer.”
Volgens Justin is daar ooreengekom dat die SKVSA sal toesien dat goeie inligting oor die aantal hektare wat beplant i sen projeksies van langtermyn volumes versamel en ontleed word om suurlemoenboere te help om ingeligte besluite neem. Dit sluit inligting in oor die gevolge van groot aanplantings en om boere moontlik af te raai om dit te doen.
Die SKVSA moet ook alle suurlemoenboere probeer bereik omdat baie van dié wat nou suurlemoene vestig, nuut in die sitrusbedryf is en ingelig moet word. Verder is ooreengekom dat die SKVSA marknavorsing doen in die lande waar daar nog uitvoermoontlikhede is.
Navorsing moet gedoen word oor die behandeling van suurlemoene teen plae en die vermoë om kouebehandeling te deurstaan. Verder moet navorsing oor die “mengsel” kultivars gedoen word om voordeel te trek uit gapings in die mark.
‘KRY REGTE MARK IN VISIER’
Volgens die groep ANB Investments wat die ClemenGold-handelsmerk bestuur, bestaan daar nog kanse vir die ontwikkeling van markte vir topklas-sagtesitrus. Dit is mits dit geskoei word op puik, doelgerigte bemarking van hoë gehalte. “Die sukses wat tans plaaslik met dié handelsmerk by Woolworths en internasionaal by talle toonaangewende handelaars behaal word, dui op die verbruiker se toenemende bewustheid van en soeke na vrugte van hoë gehalte.” Só sê mnr. Marius du Plessis, hoof- uitvoerende beampte van produkte en bemarking by ANB Investments.
“Gee vir verbruikers ’n produk wat deurlopend aan die beloofde standaard voldoen –ons noem dit die‘ goue seleksie van vrugte ’– waar smaak-en verbruik s eienskappe gewaarborg word. So ’n handelsmerk word dan deel van hul daaglikse leefstyl.”
ClemenGold se suksesvolle bemarking strategie word nou ook toegepas met nuwe handelsmerke, soos LemonGold, HoneyGold en NavelGold, wat reeds deur lande, soos Duitsland, verwelkom word.
‘Party boere glo die vraag is groot genoeg om die aanbod te absorbeer en dat die mark dit sal uitsorteer.’