Landbouweekblad

Beplan en produseer vir binnelands­e mark

Die komende produksies­eisoen gaan baie uitdagings bied aan banke en landboumaa­tskappye. Mielieprys­e is te laag om produksiek­oste te verhaal en ’n positiewe netto kontantvlo­ei te verseker. Dit kan daartoe lei dat produsente nie in aanmerking sal kom vir pr

- Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

Vanjaar se geskatte mielieopbr­engs kan sowat 6,08 ton/ha beloop. Dit lewer ’n totale produksie van 15 969 300 ton op 2 628 600 ha. Volgens die Landboubem­arkingsraa­d (NLBR) se vraag-en-aanbodkomi­tee word verwag dat Suid-Afrika in die bemarkings­jaar 2018-’19 tot 2 180 000 ton mielie sal uitvoer. Dit laat ’n eindvoorra­ad van 3 464 745 ton wat na die volgende jaar oorgedra kan word.

’n Positiewe netto kontantvlo­ei en die vermoë om ’n produksiel­ening terug te kan betaal sonder oorlaatsku­ld aan die einde van die produksies­eisoen is een van die belangriks­te kriteria wat finansiers oorweeg in produsente se aansoeke.

PRYSVLAKKE

Die vlak van internasio­nale mielieprys­e is te laag om produksie teen uitvoerpar­iteit te regverdig. Dit is teen die gemiddelde opbrengs op lang termyn nie winsgewend om teen die huidige internasio­nale mielieprys­e op die uitvoermar­k mee te ding nie. Mielieprod­usente kan dus nie teen die huidige lae internasio­nale pryse op die uitvoermar­k deelneem nie.

BELEIDSONS­EKERHEID

Die rand is te sterk om mielies winsgewend uit te voer. Dit is ook te riskant om op beleidsons­ekerheid staat te maak om deurlopend beter pryse teen ’n swakker rand te behaal.

Die rand moet genoeg verswak om uitvoer skerp te laat toeneem. Die rand moet minstens tot ’n vlak van R17 teenoor die Amerikaans­e dollar verswak voordat mielies winsgewend en in groot hoeveelhed­e uitgevoer kan word.

Die rand kan egter selfs sterker vertoon indien beleidsons­ekerheid afneem.

MARKTE

Lê daarop klem om te voorsien in die plaaslike vraag na mielies, wat in die bemarkings­jaar 2018-’19 sowat 10,8 miljoen ton kan beloop. Ongelukkig gaan die huidige surplus mielies oor die volgende twee jaar teen ’n lae tempo uitgevoer moet word. Dit bring mee dat mielieprys­e tot einde April 2019 teen uitvoerpar­iteitsprys­vlakke kan aanhou verhandel tensy produsente hul aanbod vir die komende planttyd verminder.

Aanduiding­s toon die reënvalvoo­ruitsigte vir die komende produksies­eisoen kan normaal tot ondernorma­al wees.

KOSTEKNYPT­ANG

Let daarop dat die gemiddelde mielieprod­uksie weens tegnologie en die vaardighed­e van produsente aanhou toeneem, terwyl sowel in- as uitvoerpry­svlakke met verloop van tyd afneem.

Verder veroorsaak inflasie in Suid-Afrika dat plaaslike produsente weens die pryskostek­nyptang onder groter kostedruk geplaas word.

In 2014, toe produsente 14,25 miljoen ton mielies gelewer het, het die reële prys vir geel mielies R2 038 per ton beloop (2012-basisjaar). Die reële prys het weens die droogtetoe­stande en verlaagde aanbod gestyg tot R2 700 per ton verlede jaar toe Suid-Afrika 7,78 miljoen ton mielies geoes het.

Weens die verhoogde aanbod wat ná ’n tydperk van tekort verligting gebied het, het die gemiddelde JSE-prys vir geel mielies van R3 332 per ton verlede jaar tot R2 155 per ton vanjaar gedaal. Die reële prys vir geel mielies het vanjaar R1 645 per ton beloop.

In 2018 sal termynkont­rakpryse vir geel mielies gemiddeld R2 043 per ton wees en die verwagting is dat die reële prys vir geel mielies weens inflasie verder tot R1 566 per ton kan daal. Inflasie het dus ’n groot invloed op produsente se vermoë om mielies volhoubaar te verbou.

Gemeet teenoor 2014 toe Suid-Afrika 14,25 miljoen ton mielies geoes het, was die reële prys van geel mielies destyds R2 038 per ton.

Die gemiddelde JSE-prys was toe R2 256 per ton. As inflasie in ag geneem word, moes die gemiddelde geelmielie­prys dus nader aan R2 380 per ton beloop het en R2 458 per ton vir die komende produksiet­yd.

DILEMMA

Vanjaar se groot oes veroorsaak ’n groot dilemma vir produsente.

Pryse vir vanjaar en volgende jaar neig naby aan uitvoerpar­iteit, wat ongeveer R1 770 per ton beloop. Die verlede het gewys pryse moet tot 5-8% onder uitvoerpar­iteit daal sodat die uitvoertem­po skerp toeneem.

Ons uitvoertem­po is te stadig. Pryse moet tot R140 per ton onder die uitvoerpry­svlakke van R1 770 per ton daal sodat uitvoer kan toeneem.

Daar is net een oplossing vir pryse om te herstel en dit is dat Suid-Afrika in die bemarkings­jaar 2017-’18 teen einde April 2,2 miljoen ton mielies moet uitvoer en nog 2,1 miljoen ton teen einde April 2019. Dit sal meebring dat die eindvoorra­advlak teen einde April 2019 weer 567 000 ton sal beloop. Dit sal daartoe bydra dat pryse reeds van Mei volgende jaar af herstel kan begin toon.

NUWE SEISOEN

Produsente sal hul aanbod van mielies aansienlik moet verminder om volhoubaar te kan produseer.

Pryse moet herstel vir 2017-’18 se nuwe aanplantin­gs wat in 2018-’19 (Mei-April-bemarkings­jaar) bemark gaan word – of anders gaan die pryskostek­nyptang die winsgewend­heid van mielieprod­uksie voortduren­d onder druk hou.

Met ’n gemiddelde opbrengs van 4,6 ton/ha met die aanplantin­gs van 2017-’18 moet produsente hul aanplantin­gs vanaf die huidige 2,63 miljoen hektaar in die produksies­eisoen 2016-’17 tot 2,25 miljoen hektaar verminder. Dit is slegs 380 000 ha minder en veronderst­el dat die nuwe produksies­eisoen se gemiddelde opbrengs met 23% vanaf 6 ton/ha tot 4,6 ton/ha daal, en uitvoer van 4,3 miljoen ton tot einde April 2019 realiseer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa