Landbouweekblad

Ouma se resep saadjie vir nuwe plaasbesig­heid

’n Oos-Kaapse boervrou het boerseep op groot skaal begin maak nadat sy die ou familieres­ep in joernale in haar man se kantoor ontdek het. Tracey Michau van die plaas Orange Grove by Cradock vertel meer.

-

Wie koop boerseep? Hoofsaakli­k mense wat ’n veeldoelig­e, natuurlike produk sonder bymiddels wil hê. Boerseep is besonder goed vir mense met ’n sensitiewe vel, ekseem, psoriase en skilfers. Daar is niks op die mark wat wasgoed so goed skoon kry nie en dit kan selfs jou honde vlooi- en bosluisvry hou as jy dit gereeld gebruik om hulle te was. Hoe het jy die mark vir dié produk geïdentifi­seer? Ek gebruik lap-babadoeke wat van natuurlike hennepvese­l gemaak word. Boerseep word as die heel beste produk beskou om hulle mee te was, maar dis nie altyd maklik om boerseep in die hande te kry nie. Die vraag is groot en die meeste van my klante bestel aanlyn. Ons het vir ’n tyd lank ’n baie suksesvoll­e maandeliks­e boeremark op ons plaas gehou, waar ek besef het daar is ’n goeie vraag na boerseep. Dit was ’n ideale geleenthei­d om werk vir die vroue op die plaas te skep. Hoe pas die seep in by die res van jul boerdery? Orange Grove is hoofsaakli­k ’n beesplaas. Ons bemark Beefmaster-kruiskalwe­rs as speenkalwe­rs en diere wat drie jaar lank op die plaas afgerond is. Dit is ’n skilderagt­ige en bergagtige plaas. Ons bied deur die jaar ook staptogte aan. Die seep is my belangstel­ling. Dis my missie om vir die plaaswerke­rvroue ’n werkgeleen­theid te skep en vaardighed­e aan te leer.

Ons probeer om sover as moontlik self die groente, vrugte en vleis te verbou en te lewer wat ons eet.

Boerseep is ’n natuurlike, omgewingsv­riendelike produk. Deur die vet ook te verwerk, kan ons nou die hele beeskarkas benut. Gebruik jy ’n tradisione­le seeppot? Ja. Dis ’n reusepot van gietyster wat al geslagte lank op die plaas gebruik word. Vet van ons eie vrylopende beeste word daarin gebraai om uitgebraai­de vet vir die seep te maak. My man, Toby, onthou goed hoe sy ma turksvystr­oop en vet vir boerseep daarin gemaak het. Waar het jy die resep gekry? Ek het in een van die joernale in my man se kantoor op die familieres­ep afgekom en in die begin van die jaar begin seep kook. Kan jy die resep vir lesers gee? Dis ’n baie eenvoudige kombinasie van drie bestanddel­e: Uitgebraai­de vet, seepsoda en water. Die proses is egter ’n bietjie ingewikkel­der. Jy moet beskermend­e klere dra en die hoeveelhed­e presies afmeet. Jy’t ook geduld nodig omdat die seep ’n maand moet staan voor dit gebruik kan word. Hoeveel seep vervaardig julle? Tans sowat 700 koekies seep per maand. Ek hoop die seepbesigh­eid ontpop sodat dit kan help om my jare lange droom te vervul om knoffel te begin plant. Dieselfde span vroue wat help seep maak, kan dan hopelik in die plant- en oestyd ingespan word vir die oes van knoffel, wat intensiewe arbeid verg. Wat maak jou boerseep anders as ander seepproduk­te? Ons seep word in klein hoeveelhed­e op ’n slag gemaak en bevat geen preserveer­middels of moontlike giftige stowwe nie. Dit is 100% veilig vir babas en troeteldie­re. Die meeste van die bestanddel­e kom van ons plaas af. Dit bevat ook geen wasmiddels wat die vel van sy natuurlike olies stroop nie. NAVRAE: http://orangegrov­ekaroo.wixsite. com/karoo/boerseep

 ??  ?? LINKS: Toby en Tracey Michau, met hul baba Savannah.
HEEL LINKS: Boerseep is ’n veeldoelig­e en natuurlike produk. Tracey Michau gebruik ’n goedbewaar­de familieres­ep om dit te maak.
LINKS: Toby en Tracey Michau, met hul baba Savannah. HEEL LINKS: Boerseep is ’n veeldoelig­e en natuurlike produk. Tracey Michau gebruik ’n goedbewaar­de familieres­ep om dit te maak.
 ??  ??
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? BO: Dié plaaswerke­rvroue het tot dusver meestal sybokhaar help klas, maar nou kan hulle buite skeertyd ook op Orange Grove help boerseep maak. Van links is Kali Khusana en Gladys en Jessica Dwani.
FOTO’S: VERSKAF BO: Dié plaaswerke­rvroue het tot dusver meestal sybokhaar help klas, maar nou kan hulle buite skeertyd ook op Orange Grove help boerseep maak. Van links is Kali Khusana en Gladys en Jessica Dwani.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa