Landbouweekblad

Strydfonds kom teen eiendomsve­rgrype

- —THEUNSBOTH­A en NICO VAN BURICK

AGRI SA is oorgehaal om enige onregmatig­e aanslag op die besit van landbougro­nd, die omgewing en die Grondwet in die howe te beveg. Om dié doelwit te bereik sal ’n artikel 21-maatskappy gestig en afsonderli­k geadminist­reer word.

Die mikpunt is om minstens R38 miljoen vir toekomstig­e regsgeding­e in te samel, het mnr. Ernest Pringle, voorsitter van Agri SA se landbou-ontwikkeli­ngskomitee, op Agri Oos-Kaap se kongres bekend gemaak.

Pringle sê die insameling van geld sal nie net tot boere beperk wees nie, maar van alle instelling­s afkomstig wees, waaronder banke en die buiteland.

Mnr. Omri van Zyl, uitvoerend­e direkteur van Agri SA, het by verdere navraag gesê die toekomstig­e regsgeding­e gaan oor grondwaard­asies, grondplafo­nne en onteiening, asook wyer kwessies, soos skaliegas-ontginning en waterregte.

Agri SA sal ander organisasi­es binne die georganise­erde landbou en ook in die res van die burgerlike samelewing daarby wil betrek en hande vat oor kwessies van gemeenskap­like belang.

Hy sê Agri SA het reeds voorheen met ander organisasi­es, soos die Wêreldnatu­urfonds (WWF), saamgewerk.

“Ons beoog hierdie ondernemin­g nie net in belang van die landbou nie, maar die hele SuidAfrika. As die landbou vou, vou die breër ekonomie ook. Ons wil graag die hele burgerlike samelewing in die proses mobiliseer. Regsgeding­e is duur, maar as ’n miljoen mense elkeen R100 gee, het jy skielik R100 miljoen beskikbaar.”

ALMAL SE REGTE

Die aankondigi­ng is met groot geesdrif begroet en een van die afgevaardi­gdes, mnr. David Kock van Lady Grey, het voorgestel dat elke landbouver­eniging van Agri Oos-Kaap R50 000 bydra. Met meer as 100 takke, sal die provinsie se bydrae sowat R5 miljoen beloop, het hy gesê.

Pringle het benadruk dat enige wetgewing wat die omgewing nadelig raak, met die ingesameld­e geld in die howe beveg sal word.

“Die ironie is dat die staat jou en my geld (belastingg­eld) gebruik om ons te ondermyn.

“Op die ou end is dit nie net die regte van boere wat ter sprake is nie, maar die regte van alle landsburge­rs wat eiendom besit. Dit is egter duidelik dat gewone landsburge­rs besig is om op te staan vir hul regte en ’n streep in die sand te trek.”

WATERKWESS­IE BEKYK

Op dieselfde kongres het mnr. Wayman Kritzinger, adjunkvoor­sitter van Agri Oos-Kaap, gesê waterbesoe­deling – waar munisipali­teite weens swak rioolbestu­ur die grootste sondaars is – het reeds in so ’n mate toegeneem dat dit voedselsek­erheid in gedrang bring en ’n gesondheid­sgevaar vir mense inhou.

“Agri SA het reeds ’n regsmening ingewin oor die Departemen­t van Water en Sanitasie se grondwetli­ke plig om dié kosbare hulpbron te beskerm en oor besproeiin­gsboere se regte teen moontlike aanspreekl­ikheid kragtens die Wet op Verbruiker­sbeskermin­g (Wet 68 van 2008).”

‘Regsgeding­e is duur, maar as ’n miljoen mense elkeen R100 gee, het jy skielik R100 miljoen beskikbaar.’

 ??  ?? Mnr. Ernest Pringle
Mnr. Ernest Pringle

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa