Vleisbeeste: Stormbergers floreer ná 36 jaar
Tien jaar gelede het Landbouweekblad die Stormberger-beesgroep se eerste inligtingsdag bygewoon. Tien jaar later gesels ons weer met die boere op hul tiende inligtingsdag en elfde beesveiling.
Hierdie is die suksesverhaal van ’n groep boere in die Stormberg-streek van die OosKaap, wat die dorpe Dordrecht, Molteno, Jamestown, Sterkstroom en Burgersdorp insluit.
Hulle het die naam Stormberger, wat staan vir gehardheid, betroubaarheid en krag, gepatenteer. Hoewel dit nie ’n geregistreerde ras is nie, het dié groep oor ’n tydperk van 36 jaar die Stormberger tot ’n suksesvolle, gepatenteerde handelsnaam ontwikkel. (Sien ook die artikel “Stormberger wys gesig vir wêreld”, LBW, 8 Junie 2007.) “Dit het alles laat in die 1970’s en vroeg in die 1980’s begin toe ons boeregemeenskap in die Stormberg aan twee lewens veranderende boerderykonsepte blootgestel is. Dit was naamlik Allan Savory se hoëdigtheid-, vinnig roterende beweidingstelsel wat uit talle kampe bestaan en T om La saters e beesteelt beginsels ,” sê mnr. Paul Mortlock, een van die groep se stigterslede. Hy boer al 45 jaar lank in die Stormberg-gebied en het die boerdery oorgeneem by sy pa en oupa, wat reeds in 1924 daar begin boer het. “Lasater het die Beefmasterras gevestig
en dit was sy idee dat jy die dier by sy omgewing moes aanpas, wat vir ons volkome sin gemaak het. Dit het daartoe gelei dat ’n aantal boere in ons gemeenskap in 1981 die Stormberg-groep gevestig het.”
Hulle doel was om hul eie vrugbare, geharde, aangepaste beeste met ’n goeie temperament te teel wat op hoogtes van 1 800 m en hoër in die Stormberge aangehou kon word. Hul beginpunt was om 150 van die beste verse van die elf boere (nou sewe) saam te voeg waaruit hulle die beste moontlike Stormbergerbulle sou teel en mettertyd ál hul kuddes sou verbeter.
OOREENKOMS AL 36 JAAR OUD
’n Kernkudde (250 koeie) is op een van die stigterslede, mnr. John Daly, se plaas Frere Dell gevestig; ’n tweede kudde (850 koeie en die bulle) is op nog ’n stigterslid, mnr. Robbie Stretton, se plaas Buffelsfontein en ’n derde kudde (150 koeie) is op Paul se plaas Hazelmere gevestig. Hierdie plase is in die distrikte Dordrecht, Sterkstroom en Molteno en wissel van 2 500 ha tot 11 000 ha (eie grond en huurgrond). Buffelsfontein het ’n weerstasie waar temperature van -20 °C al aangeteken is.
Die stigtersdiere het van diverse rasse en kruisings gekom, wat die Korthoring, Afrikaner, Hereford, Rooi Lincoln, Sussex, South Devon, Santa Gertrudis, Angus en Bonsmara ingesluit het. Deur die jare het die boere nuwe bloed bygevoeg wanneer dit nodig was; verlede jaar het hulle Lowland Tauricus- en Fenfield Rooi-bulle by die mengsel gevoeg.
Om hulle verder met kudde-ontwikkeling en seleksie te help, het hulle die legendariese beeskonsultant Erwin Church genader, wat sy stempel op die kudde afgedruk het.
Die ooreenkoms wat die groep in 1981 opgestel het en wat steeds gevolg word, is dat die drie kernlede wat die beeskuddes bestuur, elke jaar eerste hul bulle kan kies, gevolg deur die ander vier lede van die groep, wat almal elke jaar hul drie beste drie jaar oue dragtige koeie tot die kernkudde bydra. Die ander lede van die Stormberger-groep is mnre. John en Harry Stretton, Arthur Berry, Thinus Jordaan en Luke Bell.
GEMEENSKAPLIKE DOELWIT
Teen 2007 het die groep ’n oorskot van 30 bulle van goeie gehalte gelewer en het hulle besluit om hul eerste veiling te hou. Aanvanklik het hulle net bulle verkoop, maar later het hulle dragtige koeie bygevoeg.
Die groep verkoop nou sowat 30 drie jaar oue bulle en 60 dragtige koeie op hul jaarlikse veiling. Die beste prys wat tot dusver vir ’n bul betaal is, was R42 000 en die gemiddelde prys per bul is R26 000. Hul dragtige koeie verkoop teen ’n gemiddelde prys van R9 000.
“Pryse verskil natuurlik van jaar tot jaar, maar al die bulle op ons jaarlikse veiling is al twee keer in ons kuddes gebruik, dus het die koper toegang tot die beste bulle uit ons kerngroep,” sê Robbie. Hy is die vyfde geslag wat op die plaas boer, waarna hy in 1993 teruggekeer het nadat hy in die weermag was, op Cedara studeer het en rondgereis het. Hy het by sy pa oorgeneem, wat deel was van die stigtersgroep.
Robbie speel gasheer vir die veiling wat jaarliks op die eerste Vrydag van September op sy plaas Buffelsfontein gehou word. Beesboere van alle uithoeke, maar veral uit die bergagtige dele van die Oos-Kaap, woon die veiling by.
“Ek dink wat veral vir ons groep werk, is dat ons vennootskappe aangaan met mense wat ons as baie goeie boere beskou,” sê hy. “Ons ruil idees uit, help mekaar en het gemeenskaplike doelwitte, maar terselfdertyd is ons almal onafhanklik op ons plase.”
WEIDING UITSTEKEND BESTUUR
As ’n vertoonvenster vir hul diere en om hul benadering te bespreek, het hulle vroeër vanjaar ’n Stormberger-beesdag gehou. Op dié dag kon deelnemers die dag saam met Paul, Robbie en John deurbring en belangstellendes kon die kuddes op hul plase besigtig en bespreek.
Hulle het nou 1 000 teelkoeie in ’n aantal kuddes, met een stoetvaar per 25 koeie en ’n dektyd van 90 dae.
Hulle beeste is benydenswaardig en des te meer hul weiding. Dit is in hierdie omgewing waar Suid-Afrika se kern van kropaargras (Tetrachne dregei), tesame met ’n hele klomp ander gesogte weidingsgrasse, soos
Digitaria-soorte (vingergras) en Themeda triandra (rooigras) aangetref word. Daar is ook ’n aantal onsmaaklike, polvormige Alpynse soorte, soos Festuca, en ’n bietjie
Cymbopogon (terpentyngras), maar oor die algemeen het hierdie boere deur baie jare hul weivelde uitsonderlik goed bestuur.
Al drie boere pas’ n mate van vinnig roterende hoë digtheid s beweiding in’ n veel kamp stelsel toe. Oor die algemeen bly gemiddeld 100 koei een hul kalwers inkamp e van sowat 38 ha vir vier tot ses dae, of groter kuddes sal kampe van 100 ha vir sewe dae bewei. Hulle laat ook Merino-ooie saam met die koeie wei, en Merinoramme saam met die bulle.
Robbie het ook ’n aantal groter kampe waar hy veewagters op perde, bygestaan deur honde, gebruik om die beeste na verskillende dele van die kampe te skuif, waar hulle dan vir die dag wei. ’n Hele aantal van hierdie kampe is in die vorm van wawielstelsels met sentrale waterpunte, wat deur windpompe gevul word.
Die plase kry 550-650 mm reën per jaar en die meeste plase is vol gras.
Vanjaar was die groep se dragtigheidsyfer 92% (met ’n gemiddelde van 90% oor die laaste drie jaar).
“Ons riglynbeginsel was nog altyd om beeste te selekteer in dieselfde toestande as waarin hulle verwag word om op ons kopers se plase te presteer,” sê John. Hy het in 1967 sy studies aan die Landboukollege Grootfontein voltooi en hy het in 1969 op Frere Dell begin boer, wat aan sy grootouers behoort het.
“Ons beeste is goed aangepas by ekstensiewe veldtoestande en strawwe winters. Hulle kry’ n proteïen aanvulling in die winter (’ n Voer mol Dundee-lek, reg.no. V 10737 (Wet 36 van 1947), gemeng met sout) en ’n fosfaatlek in die somer (’n 50/50-mengsel van Kimtrafos 12 (reg.no. V18670) en sout).”
Verlede jaar was dit so droog dat hulle hul jong koeie tot Desember op die winterlek gehou het, anders as in normale jare wanneer hulle aan die einde van Oktober na die somerlek oorskakel. In uiters droë toestande, of Die Stormberg-boere behoort almal aan die Birds River-boerevereniging wat vanjaar sy eeufees vier. Hulle is ’n hegte gemeenskap en hul sosiale lewe draai om die plaaslike kerk, wat op mnr. John Daly se plaas, Frere Dell, geleë is. Hulle is ook lede van twee aktiewe tennisklubs, die Birds River-tennisklub (wat onlangs sy eeufees gevier het) en die Highlandstennisklub. Paul Mortlock het ’n boek oor die tennisklub en al die herinneringe van die gemeenskap oor die dekades heen geskryf. Tennisklubs het tradisioneel ’n sleutelrol in die sosiale lewe van boeregemeenskappe gespeel. as hulle hul weiding weens ’n brand verloor het, voer hulle hul beeste hooibale.
BULLE BEHOU HUL GEWIG
Van sewentig dae voor hulle jaarlikse veiling “graskraal” hulle die bulle op die veld, waar hulle benewens natuurlike weiding ’n vetmaak konsentraat-byvoeding gevoer word. Dit bestaan uit ’n Voermol-mengsel van melassemeel, mieliemeel en Voermol SB100 (reg.no. V4498) met ekstra ruvesel, soos lusern en/of veldhooi. “Ons maak seker dat dit nie te ryk is nie weens die gevaar van laminitis (hoefontsteking),” verduidelik Robbie, wat al die bulle huisves.
Die bulkalwers word almal gemerk en hul geboortedatum, geboortegewig en speengewig word aangeteken. Geselekteerde bulkalwers se gewig word ook op die ouderdom van een jaar en twee jaar aangeteken. Bulkalwers met ’n speenindeks van 95 en meer word deur Erwin geëvalueer en geselekteer.
“Ons gemiddelde speengewig vir ons bulkalwers is 225 kg (dit wissel van 210 kg tot 260 kg). Ons selekteer uit 400 bulkalwers en ons kies net rooi diere, aangesien die mark dit voorskryf. Meer onlangs het ons ook goeie poenskopbulle geselekteer, aangesien daar ook ’n vraag daarna is,” sê Paul. Hy voeg by dat hulle nie teen ’n bietjie wit diskrimineer as hulle verse selekteer nie.
“Ons hou van bulle wat by volwassenheid mediumryp is, dus nie te klein of te groot nie, want ons glo dit sorg vir die meeste geld in jou sak. Ons volwasse bulle weeg sowat 720 kg en hulle behou hierdie gewig omdat hulle op die veld grootword. Ons koeie weeg 450 kg tot 500 kg; die gemiddelde is 470 kg met ’n kalf by hulle.”
KLEM OP TEMPERAMENT EN VRUGBAARHEID
Temperament is uiters belangrik vir hierdie groep, soos John verduidelik: “Van die begin af het ons deurlopend diere uitgeskot wat probleme met temperament gehad het. Ons is ook streng met diere wat ’n swak bouvorm het. Enige koei wat ’n kalftyd oorslaan of probleme met kalftyd het, of ’n minderwaardige kalf grootmaak, word ook dadelik uitgeskot. Ons vervangingsverse moet by 95 of meer op die speenkalfindeks wees.”
Met speentyd word die onderste 5% van versspeenkalwers uitgeskot aan die hand van hul prestasie-indekse. Verse word die eerste keer op twee jaar by ’n bul gesit, en die groep gebruik hul jaar oue bulle by die verse teen ’n koers van een bul per tien verse.
Hulle het geëksperimenteer om die verse vroeër te laat dek, maar het gemeen die verse kry te swaar in die winter en was nog nie swaar genoeg om die bul te vat nie. Hulle glo verse moet minstens 320 kg met paartyd weeg, wat hul verse se gewig op twee jaar is.
“Ons het ’n reuseverbetering in ons koeie en bulle se bouvorm gesien. As ons tien jaar gelede 30 bulle op die veiling gehad het, was die swakste vyf nie heeltemal goed genoeg nie, maar deesdae is al 30 baie goed. Ons is ook vol vertroue wat die vrugbaarheid en gehalte van ons koeie en die gehardheid van al ons beeste betref, wat ons glo die rede is dat mense herhaaldelik by ons koop,” sê Paul.
‘ALTYD ’N MAN VAN DIE GROND’
Hulle sorg en toewyding aan hul boerderye het baie met hul sukses te doen. Hulle is almal diep gewortel in die omgewing en plase kom nie dikwels op die mark nie. Indien dit wel gebeur, is die prys gemiddeld sowat R5 000 ha en word dit gewoonlik deur een van die bure opgeraap.
“Daar is ’n sterk toewyding oor geslagte heen om hier te boer en ons het ’n groot persentasie jong boere in die omgewing. Dalk is dit vanweë die ineenstorting van die wêreldekonomie of miskien is dit net baie spesiaal om ’n boer te wees,” sê Robbie, wat altyd geweet het hy wil eendag boer. “Ek is ’n man van die grond en sal vir die res van my lewe ’n man van die grond wees.”