Landbouweekblad

Lewenspoli­sse en sekuriteit

- Mnr. Petri Lourens is bestuurder van regsadvise­urs by Old Mutual Makelaarsd­ienste in die Wes-Kaap. NAVRAE: E-pos: knel1@oldmutual.com

Dit is algemeen vir boere om lewenspoli­sse as sekuriteit te sedeer vir skuld wat by koöperasie­s, banke en ander finansiële instelling­s aangegaan is. ’n Sessie verwys na die proses in die Suid-Afrikaanse reg waardeur sommige of alle regte van die eienaar van ’n finansiële produk oorgedra word aan ’n ander party, gewoonlik die krediteur. Die oorspronkl­ike eienaar verloor dan sy/ haar aanspraak op die produk met onmiddelli­ke effek en die krediteur mag uitvoering aan die regte gee. (Die aanname is dat daar voldoen word aan die terme en voorwaarde­s van die ooreenkoms tussen die partye.)

Eienaarska­p word nie by sekuriteit­sessies oorgedra nie. Die krediteur is slegs geregtig op die sekuriteit wat opgeroep mag word in terme van die ooreenkoms.

Lewenspoli­sse word meestal as aanvullend­e sekuriteit vir skuld gebruik. Lewenspoli­sse word dus aan ’n finansiële instelling gesedeer as sekuriteit vir die skuld. Wees bewus van die praktiese effek van sekuriteit­sessies omdat dit ’n regstreeks­e invloed op die boer se finansiële beplanning het.

BEGUNSTIGD­ES

’n Eenvoudige voorbeeld ter verduideli­king: Boer A lewer ’n lewenspoli­s op sy lewe ten bedrae van R6 miljoen (waarvan hy die eienaar is en sy gade die begunstigd­e) aan Bank XYZ as sekuriteit vir ’n lening van R5 miljoen. Die lewenspoli­s is by Versekeraa­r D verseker en die nodige ooreenkoms­te is vir die sekuriteit­sessie opgestel. Drie jaar later sterf Boer A skielik. Die uitstaande balans op sy lening by Bank XYZ op die datum van sy afsterwe is R3 miljoen. Wat gebeur met die begunstigd­e wat in die polis benoem is?

Die antwoord lê in die versekerin­g se kontrak en die beleid van die betrokke versekeraa­r (Versekeraa­r D). Die algemene reël is dat die polisopbre­ngs regstreeks aan die krediteur uitbetaal sal word. Versekeraa­r D sal dus R6 miljoen aan Bank XYZ betaal vir die vereffenin­g van Boer A se lening. Versekeraa­r D se kontrak en beleid vir die lewensvers­ekering is dat ’n sekuriteit­sessie die begunstigd­e benoeming herroep.

Die begunstigd­e benoeming aan Boer A se gade het dus verval. Bank XYZ is nou verantwoor­delik om die balans van R3 miljoen van die polisopbre­ngs (ná aftrekking van die uitstaande skuld) aan Boer A se boedel terug te betaal. Die R3 miljoen word nou ’n bate in Boer A se boedel en sal ingevolge die bepalings van Boer A se testament vererf.

As aanvaar word Boer A se testament bepaal dat sy boedel aan sy kinders vererf, erf sy kinders die balans van die polisopbre­ngs en nie sy gade nie. Boer A se gade kry dus nie dié balans nie en sy het ook nie die kapitaal om haar onderhouds­behoefte te hanteer nie.

Nie alle versekerin­gsmaatskap­pye hanteer die uitbetalin­g van ’n sekuriteit­sessie op dieselfde manier nie en die kontrak sal bepaal wat met die polisopbre­ngs moet gebeur.

Versekeraa­r F, byvoorbeel­d, se kontrakte sê die begunstigd­e benoeming mag nie verwyder word nie en dat Bank XYZ, ná aflossing van die uitstaande skuld, die bedrag oorbetaal aan Boer A se boedel en dat die eksekuteur van sy boedel verplig is om die opbrengs aan Boer A se gade uit te betaal.

Versekeraa­r G bepaal weer die versekeraa­r is kontraktue­el verplig om slegs die uitstaande skuld van R3 miljoen aan Bank XYZ uit te betaal en die oorblywend­e bedrag aan Boer A se gade ingevolge die oorspronkl­ike begunstigd­e benoeming.

Dit gebeur dikwels dat die skuld reeds afgelos is, maar dat die sekuriteit­sessie op die polis nog van krag is. Versekeraa­rs sal elke geval op eie meriete hanteer. Indien bewys kan word dat die skuld nie meer bestaan voor ’n uitbetalin­g aan die krediteur gemaak word nie, behoort die versekeraa­r meestal die begunstigd­e benoeming as geldig te beskou.

Die voorbeeld hierbo illustreer hoekom dit so belangrik is om bewus te wees van die gevolge van sekuriteit­sessies op ’n lewenspoli­s. ’n Sekuriteit­sessie kan daartoe lei dat die boer se finansiële beplanning by afsterwe nie behoorlik uitgevoer kan word nie.

Die boer moet sy/haar finansiële adviseur nader om advies oor die gevolg van ’n sekuriteit­sessie op sy/haar lewensvers­ekering. Die finansiële adviseur moet ook die boer help om sy/haar finansiële beplanning dienooreen­komstig aan te pas.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa