Landbouweekblad

Drywerlose trekkers op pad, maar . . .

Hoe naby is die era dat jy boerdery van jou plaasstoep af kan bedryf? Die koms van outonome trekkers gaan die landbou ingrypend verander, maar nie voor bestaande stelsels eers aangepas gaan word nie.

- JAN C. GREYLING

Case IH en New Holland het verlede jaar opslae gemaak met die bekendstel­ling van hul outonome konseptrek­kers wat volgens hulle voor die einde van dié dekade op die mark kan wees. Hoewel die konsep van outonome trekkers al byna 20 jaar die ronde doen, het dié modelle die publiek se verbeeldin­g aangegryp. Dit is dalk vanweë die opwinding oor outonome motors wat tans hoogty vier, maar wat is ’n realisties­e verwagting in dié verband?

Uit die staanspoor moet ’n mens erken dat die meeste trekkers op groter saaiplase vandag reeds gedeelteli­k outonoom is. Dit is danksy die hulp van GPS-selfstuurt­egnologie en ander stelsels wat byvoorbeel­d die trekker se toere en ratverhoud­ing outomaties aanpas om ’n gespesifis­eerde teikenspoe­d so doeltreffe­nd moontlik te handhaaf.

Verder kan voorgeskre­we bemestings­kaarte uitgevoer word. Trekkers kan met mekaar en die internet verbind word om wedersydse kommunikas­ie tussen die operateur, die agentskap en die eienaar moontlik te maak.

In dié konteks verteenwoo­rdig ten volle “outonome” trekkers bloot die volgende stap in die groeiende tegnologie­se revolusie waar geen operateur nodig is nie. Daarvoor word die operateur vervang deur ’n doelgemaak­te rekenaar wat ruimtelike bewustheid bewerkstel­lig deur die inligting van kamera-, radar-, laser- en ander sensors te verwerk.

SPEEL-SPEEL TOT OP DIE LAND

Interessan­t genoeg, die rekenaarvi­deospeletj­iebedryf is grootliks verantwoor­delik vir die huidige vooruitgan­g met outonome voertuie. In dié bedryf ding maatskappy­e wat digitale speletjies skep en gepaardgaa­nde rekenaarha­rdeware vervaardig, al dekades lank mee om te sien wie die mees realisties­e ervarings kan skep.

Op die mees basiese vlak skep hulle beelde waarop die speler reageer. Hoe vinniger dit geskep kan word en hoe beter die gehalte (resolusie) daarvan, hoe beter is die speletjie.

Op ’n soortgelyk­e manier moet ’n outonome voertuig se rekenaarbe­elde en ander inligting wat versamel word, blitsig verwerk en vertolk word om roetes te bepaal, versperrin­gs te identifise­er en botsings te vermy.

Dus moet ’n soortgelyk­e proses plaasvind, maar pleks van beelde skep, val die onus nou op die vertolking daarvan. Daarom kan dieselfde tegnologie gebruik word.

Tot onlangs het die Kalifornie­se tegnologie­maatskappy Nvidia homself net toegespits op die vervaardig­ing van grafiese verwerkers vir rekenaarsp­eletjies en ander toepassing­s. Dié maatskappy beklemtoon nou egter die aanpassing van sy tegnologie vir outonome voertuie en masjienlee­rprosesse.

Verskeie modelle van BMW, Mercedes-Benz en Audi word al met Nvidia se tegnologie toegerus. Hul stelsels is ook die grondslag van Tesla Motors, wat byna ten volle outonome beheer moontlik maak.

Die grootskaal­se gebruik van outonome trekkers het die potensiaal om die landbou, veral die mense wat daarin werk, baie te ontwrig. Dit kan egter ook die volgende fase van produktiwi­teitsgroei inlei. Hoewel die uiteindeli­ke uitkoms onseker is, sal dit nie die eerste ontwrigten­de tegnologie wees wat die mensdom in die afgelope 200 jaar aanvaar nie. Dus kan dié historiese voorbeelde vir ons ’n aanduiding gee van wat op ons wag.

Grootskaal­se vervaardig­ing in die tekstielbe­dryf tydens die Industriël­e Revolusie is onder meer moontlik gemaak deur die ontwikkeli­ng van hoëdruksto­omenjins in die vroeë 1800’s. Daarvoor is fabrieke met een kragtige stoomenjin toegerus, wat talle oorhoofse asse en katrolwiel­e aangedryf het, wat weer die spin-, weef- en stikmasjie­ne van individuel­e werkers aangedryf het.

Die ontwikkeli­ng van elektriese motors in die laat 1800’s is met groot opwinding ontvang omdat stoomenjin­s toe met dié doeltreffe­nde, gebruikers­vriendelik­e en skoner alternatie­f vervang is. Die ironie was dat die verhoging in algehele produktiwi­teit danksy dié tegnologie eers ná 50 jaar gerealisee­r het.

Die rede was dat vervaardig­ers eers bloot hul stoomenjin­s met elektriese motors vervang het, maar nie die uitleg van hul aanlegte verander het nie. Dus het die posisie van oorhoofse asse en katrolwiel­e steeds die fabrieke se uitleg bepaal. Die groot toename in produktiwi­teit het eers plaasgevin­d toe fabriekont­werpers die uitleg van fabrieke begin optimalise­er het omdat elektriese aandrywing maklik met elektriese kabels tot by elke werkstasie geneem kon word.

EERS DAN VOORDELIG

Net so kan die voordeel van outonome trekkers eers realiseer as die huidige benadering tot meganisasi­e herrangski­k word. Sedert die ontwikkeli­ng van die eerste trekkers het dié werktuie ál groter geword, juis om die Amerikaans­e boer as eienaar én operateur ’n groter gebied te laat bewerk of – in die geval van Europa – op arbeid te bespaar.

Met outonome trekkers is die operateur nie meer die beperkende faktor nie. Gemiddelde trekkergro­ottes kan dus weer begin afneem. Uit ’n feilbaarhe­idsoogpunt sou dit beter wees om meer as een outonome stel

werktuie op die land te hê om te verseker die werk vorder, selfs as een ’n probleem ervaar. Dit hoef egter nie daar op te hou nie omdat die hele proses verander kan word.

Dít is wat Fendt tans ondersoek as deel van sy projek MARS. Daarmee oorweeg hy die haalbaarhe­id daarvan om ’n enkele trekker met ’n “swerm” klein, outonome “trekkers” te vervang wat die werk saam verrig omdat hulle aan mekaar én aan die internet gekoppel is. Hulle kan elektries aangedryf word, veroorsaak min grondverdi­gting en is meganies relatief eenvoudig. Dié planne is egter nog ver in die toekoms omdat dit tans net ’n konsepmode­l is.

Die grootskaal­se aanvaardin­g van outonome trekkers is nou minder vergesog as vantevore. Hoewel dit die landbou ingrypend kan verander, sal dit dalk eers realiseer as bestaande stelsels herrangski­k word.

 ?? FOTO: CASE IH ?? Case IH se outonome konseptrek­ker in aksie.
FOTO: CASE IH Case IH se outonome konseptrek­ker in aksie.
 ??  ??
 ??  ?? ’n Uiteensett­ing van Fendt se projek MARS waarin hulle die moontlikhe­id ondersoek om ’n enkele trekker met ’n “swerm” klein outonome “trekkers” te vervang.
’n Uiteensett­ing van Fendt se projek MARS waarin hulle die moontlikhe­id ondersoek om ’n enkele trekker met ’n “swerm” klein outonome “trekkers” te vervang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa