Landbouweekblad

Mielies: Stryd om oorskot uit te voer

- — NICO VAN BURICK

MIELIEBOER­E se hoop om meer as 4 miljoen ton surplus mielies in hierdie bemarkings­eisoen uit te voer – wat die mark in balans sal bring en pryse ondersteun – gaan waarskynli­k net ’n droom bly.

Volgens die SA Graaninlig­tingsdiens (Sagis) se jongste uitvoersyf­ers is daar in die week tot 4 Augustus net 46 526 ton mielies (40 071 ton geel en 6 455 ton wit) uitgevoer, vergeleke met byvoorbeel­d die week tot 21 Julie, toe 153 000 ton mielies (81 000 ton wit en 72 000 ton geel) uitgevoer is. Met Suid-Afrika se beste uitvoermaa­nde wat einde toe staan, is net altesame 839 524 ton uitgevoer.

Wat die vooruitsig vir groot bestelling­s vorentoe betref, lyk die nuus ook nie goed nie. Mnr. Hampie Lourens, besturende direkteur van SA Bulk Terminals (SABT), wat die meeste uitvoer hanteer, sê tot in Augustus is die vooruitbes­tellings nog redelik bestendig, maar daarna is dit drupsgewys.

“Ons kry nie ons mielies verkoop nie en ons markte is relatief klein. In hierdie stadium is dit hoofsaakli­k Taiwan, Japan en Suid-Korea. Ek sien nie eintlik nuwe markte gou oopgaan nie. Daarby is die prys steeds sowat R100/ton tot R150/ton te hoog om werklik uitvoer aan te spoor.” Met Amerikaans­e mielies wat teen Oktober in die mark kom, raak die mededingin­g dan ook groter.

Mnr. Brink van Wyk, handelaar van die verhandeli­ngsonderne­ming BVG, sê daar is geen nuwe nuus nie. “Die geelmielie-uitvoer gaan voort na dieselfde paar lande, die verbruik van wit mielies in die voermark het skerp gestyg, soos verwag, en dit is omtrent dit.

“Pryse bly ’n bietjie hoog om gemaklik meer uitvoer bespreek te kry. Tot dusver het uitvoerder­s uitgevoer ondanks die effe duur pryse. Soos dinge nou lyk, bly die surplus.”

SURPLUS IN AFRIKA

Om die prentjie nog meer te vertroebel, dui die jongste gegewens van die Amerikaans­e departemen­t van landbou op ’n paar verskuiwin­gs in die dinamika van mielie-produksie in Suider-Afrika. Zambië en Malawi raak toenemend belangrike spelers in die streek se mielie-sektor.

Mnr. Wandile Sihlobo, ekonoom van die landbou-sakekamer Agbiz, wys daarop dat Zambië se 2017-oes by 3,3 miljoen ton draai. In Malawi is dit 3,6 miljoen ton.

“Vir Zambië is dit ’n rekord-oes sedert daar in 1961 begin is om aantekenin­ge te hou. Dit is 900 000 ton meer as die jaarlikse binnelands­e verbruik en maak van die land ’n netto-uitvoerder.”

Malawi sal ook ’n surplus van sowat 100 000 ton hê, waarmee hy die Oos-Afrika-mark sal kan voorsien.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa