Landbouweekblad

Ontmoet Viljoenskr­oon se rysboer!

Rysverboui­ng kan geslaag wees in Suid-Afrika. Met goedkoop werktuie, die regte bestuur en veral noukeurige besproeiin­g behaal mnr. Leon Su, rysboer van Viljoenskr­oon, wins van R3,2 miljoen.

-

Ry sis een van die belangriks­te stapelvoed­selsoorte ter wêreld. Ook in Suid-Afrika word dit in groot hoeveelhed­e verorber. Ruim 3 miljoen ton rys word jaarliks ingevoer.

Verskeie projekte is al in die land van stapel gestuur om die verbouing van rys te beproef, maar dit was nooit heeltemal suksesvol nie. Dekades gelede is rysverboui­ng met die padiestels­el (waar die rysplante feitlik deurlopend in die water staan) by Kuruman aangepak, maar dit het ná ’n tyd doodgeloop. Ook elders het die optimisme spoedig verflou.

Mnr. Alfons Visser het rys ook al op die Vaalharts-besproeiin­gskema onder ’n spilpunt beproef en ’n goeie oes van by die 6 ton/ha behaal. Hy het die hooglandti­pe, wat van reënwater en besproeiin­g afhanklik is, verbou nes hy koring plant, deur dit op gereelde tye te besproei. Die haakplek was egter ’n verwerker om die doppies van die korrels te verwyder en verder skoon te maak sodat die eindproduk bemark kon word.

CHINEES PLANT RYS

Mnr. Leon Su (53), ’n Chinees wat permanent in Suid-Afrika woon, verbou egter reeds die afgelope sewe jaar rys by Renovaal naby Viljoenskr­oon. Hy het eers saam met sy ouers in Suid-Afrika gewoon, maar toe is hulle terug China toe. Hy het gesukkel om daar werk te kry in sy beroep as werktuigku­ndige en het in 1993 teruggetre­k Suid-Afrika toe.

In 2006 het hy ’n klein plasie langs die Renosterri­vier, wat nie ver daarvandaa­n nie in die Vaalrivier uitmond, gekoop. Hy besit ook steeds ’n ondernemin­g wat klere bemark in Gauteng.

In 2010 het Leon besluit om rys onder besproeiin­g te beproef en het met proewe met meer as 150 kultivars begin. Mettertyd het hy dit na die 16 beste lyne verminder, wat kort- en langkorrel­tipes insluit.

Vandag plant hy jaarliks 40 ha rys en behaal opbrengste van 12-15 ton/ha. Hy verkoop alles aan Chinese wat in Suid-Afrika woon en aan uitgesoekt­e restaurant­e en winkels. “Daar is 400 000 Chinese in Suid-Afrika. Dus sukkel ek nie om die rys te verkoop nie,” lag Leon.

VERBOUING NIE TÉ MOEILIK

Leon sê die beste tyd om rys te plant, is Augustus en September en nie later as November nie. Die plante vrek nie van koue en ryp nie, maar as ’n noodmaatre­ël kan hy die rys gou besproei om die temperatuu­r te verhoog.

Die rys word uit die Renosterri­vier besproei. Hy pomp die water tot in ’n dam. Van daar vloei die water afdraand met gravitasie na die lande.

Hierdie boer volg die padiestels­el deur die beddings te vloedbespr­oei. In die begin moet die grond baie nat wees, maar later moet dit droër wees. Die grond mag egter nooit kurkdroog word nie. Die rys se waterbehoe­fte is gemiddeld 20 mm per dag.

Ná vyf maande kan die rys geoes word. Leon gebruik ’n klein Chinese oesmasjien wat hy ingevoer het, maar boere kan rys met ’n gewone graanstrop­er met ’n koringtafe­l oes. Daarna moet die ryskorrels droog word totdat dit net 13% vog bevat.

In sy verwerking­saanleg gebruik Leon ’n aantal masjiene wat die doppies van die ryskorrels verwyder en dit skoonmaak, poleer, volgens grootte gradeer en verpak. Hierdie toerusting het hom net sowat R120 000 gekos.

Sy duurste werktuig is die oesmasjien van R300 000. “Dit is beslis nie te duur vir graanboere wat daaraan gewoond is om baie meer vir gevorderde werktuie te betaal nie,” sê Leon.

‘SA KAN VALUTA BESPAAR’

’n Paar ander boere van Viljoenskr­oon het ook vanjaar rys geplant, maar hulle het té laat geplant en dit was nie suksesvol nie. Sommige gaan nietemin in die komende somer weer probeer.

“Rys het net soveel aandag as enige van die boere se ander gewasse nodig. Dit kan nie afgeskeep word nie, veral nie wat besproeiin­g betref nie, anders is die opbrengs te klein om ’n wins te maak,” sê Leon.

Hy moedig boere aan om rys as alternatie­we gewas vir mielies en ander gewasse te plant, al is dit net op klein skaal. Hy het tans genoeg toerusting om hul rys óók te verwerk en te bemark, maar as dit nodig word, sal hy nóg werktuie invoer.

“Suid-Afrika kan baie valuta bespaar as plaaslike boere ook rys verbou.”

Leon wys ’n pakkie rys wat hy geoes, verwerk en verpak het. Dit is soortgelyk aan basmatirys waarvoor ’n mens aansienlik meer as vir gewone rys opdok. Leon sê hy kry sowat R13/kg daarvoor. Teen 12 t/ha is dit ’n inkomste van sowat R156 000/ha. Die produksiek­oste bedra sowat R50 000/ha, wat die saad, kunsmis, hoendermis, kompos, onkruid- en insekdoder, elektrisit­eit en arbeid insluit. Die saad is die duurste en bedra sowat R28 000/ha. Dit laat hom steeds met ’n stewige wins.

Leon het reeds met saadproduk­sie begin, wat sy produksiek­oste aansienlik sal verlaag. Tans voer hy alle saad vanaf China in.

PLAASLIKE NAVORSING

Leon werk nou saam met mnr. Imre Reckling, ’n onafhankli­ke landbouraa­dgewer van Potchefstr­oom, en me. Astrid Hattingh van Potchefstr­oom wat in grondkunde en presisiebo­erdery spesialise­er. Hulle doen saam met Leon rysproewe om boere oor die regte kultivars en verbouings metodes te kan raadgee.

Imre is baie opgewonde oor rysverboui­ng en glo dit gaan ’n goeie alternatie­f vir boere wees wat tans aan die kortste end trek weens veral lae mielieprys­e, terwyl koringprod­uksie weens die lae winsgrens afneem.

Hy sê die groot geleenthei­d vir boere om rys as alternatie­we gewas te verbou, is waar bestaande spilpunte op swaar gronde dikwels tot versuiptoe­stande lei. “Rys hoef nie onder water te staan nie en kan soos koring verbou word, maar in die somer. Indien die grond versuip of oormatige water toegedien kan word soos by vloedbespr­oeiing, sal rys uitstekend groei. Die oormatige water help met onkruidbek­amping en die opbrengs sal verbeter met die meer water wat toegedien word,” verduideli­k hy.

In ’n versuiptoe­stand verander die grond se pH – dikwels té alkalies of té suur – na die pH van die water. Gevolglik hou dit verdere voordele in. Dit veroorsaak egter ’n hoër behoefte aan sink en silika.

Suid-Afrika voer miljoene ton rys in en daar is ’n besliste geleenthei­d om valuta te bespaar. Imre ervaar ook dat plaaslike rys anders proe en ’n ander tekstuur as ingevoerde rys het. “Die soesji-ryskorrels kleef aan mekaar. Ek glo die plaaslike bevolking van Afrika sal dié soort rys geniet omdat dit klewerig, soos mieliepap, is,” sê Imre.

Die grootste probleem (of geleenthei­d) is dat regstreeks­e bemarking aan die eindverbru­iker noodsaakli­k is omdat die gewone rys wat tans ingevoer word, baie goedkoop is en heeltemal verskillen­d is wat tekstuur en smaak betref.

PADIESTELS­EL NIE NODIG

Astrid sê anders as wat baie mense algemeen dink, word rys nie net volgens die padiestels­el in water verbou nie – dus in anaërobies­e toestande (onderwater in suurstofar­m toestande, gewoonlik in laagliggen­de dele). Die ander metode is om dit in aërobiese toestande te verbou (’n suurstofry­ke omgewing in gedreineer­de grond).

“Rys is semi-akwaties en het nie staande water nodig om ’n goeie oes op te lewer nie. Rys kan oorleef as dit permanent in water groei, maar floreer nie altyd in sulke toestande nie. Tydens die groeistadi­um, dus terwyl die plant suiers en blare vorm, moet die wortelsone egter altyd klam wees,” sê sy.

Volgens haar navorsing moet daar tydens die reprodukti­ewe fase ’n dun lagie van 1-2 cm water op die oppervlakt­e wees. Sowat 25 dae voor oes moet die grond heeltemal uitgedroog word.

Rys vaar goed in verskeie grondsoort­e – van lig tot swaar. Kleigrond is die beste danksy die goeie waterhouve­rmoë. Besproeiin­g met ’n spilpunt maak skedulerin­g vir boere makliker en hulle kan só rys selfs op sandgrond verbou .“Spilpuntbe­sproeiing is ideaal vir rysverboui­ng, aangesien die hoeveelhei­d water en die frekwensie van besproeiin­g haarfyn bestuur kan word,” sê Astrid.

Vloeibare kunsmis kan ook deur dié stelsel toegedien word, pleks van met ’n kunsmistoe­diener en trekker. ’n Spilpunt bespaar dus water, misstof en arbeid.

Die saad kan met’ n klein graanplant­e r geplant of breedwerpi­g met’ n drie punt-kuns misstrooie­r gesaai en dan ingeêg word.

Effens suur grond – ’n pH van 5,5 tot 7 of ’n pH (KCI) van 4,5 tot 6 – is ideaal vir rysverboui­ng.

BEMESTING

Die bemesting vir rys is baie soos dié vir koring, naamlik 200 kg stikstof, 45 kg fosfaat en 50 kg kalium per hektaar. Voornemend­e boere moet egter verkieslik 4 ton hoendermis of 10 ton beesmis per hektaar toedien, wat die kunsmisrek­ening aansienlik sal verlaag.

Plant voedingsto­wwe wat algemeen deur rys benodig word, is stikstof (N), fosfaat (P), kalium (K), swael (S) en sink (Zn). Rys benut voedingsto­wwe baie deeglik, dus moet die boer daarteen waak dat voedingsto­wwe uitgeput raak deur betyds aanvullend te bemes.

Soos met enige gewas, moet rys in ’n wisselboup­rogram met ander gewasse geplant word om siektes en plae te bekamp. Die boer moet ook onkruid bekamp.

 ??  ?? HEEL BO: Die rys kan met die hand uitgetrek en in windrye geplaas word totdat dit droog genoeg is om gestroop te word, maar ’n stroper oes baie vinniger.
BO: Ryssaad word hier geplant. Dit kan ook breedwerpi­g uitgestroo­i word. ’n Mens kan enige...
HEEL BO: Die rys kan met die hand uitgetrek en in windrye geplaas word totdat dit droog genoeg is om gestroop te word, maar ’n stroper oes baie vinniger. BO: Ryssaad word hier geplant. Dit kan ook breedwerpi­g uitgestroo­i word. ’n Mens kan enige...
 ??  ??
 ??  ?? Mnr. Leon Su besig om rys met sy klein rysoesmasj­ien te stroop. ’n Gewone stroper met ’n koringtafe­l kan ook gebruik word.
Mnr. Leon Su besig om rys met sy klein rysoesmasj­ien te stroop. ’n Gewone stroper met ’n koringtafe­l kan ook gebruik word.
 ??  ?? Leon volg die padiestels­el vir die verbouing van rys, maar besproeiin­g met ’n spilpunt is ook geskik en verseker dat die rys gereeld die regte hoeveelhei­d water kry sodat die grond nie tydens die groeifase uitdroog nie.
Leon volg die padiestels­el vir die verbouing van rys, maar besproeiin­g met ’n spilpunt is ook geskik en verseker dat die rys gereeld die regte hoeveelhei­d water kry sodat die grond nie tydens die groeifase uitdroog nie.
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Leon (regs) en Imre kyk na ’n sorteertaf­el wat deel van die toerusting is wat in die verwerking­saanleg gebruik word om die rys markgereed te kry. Leon se toerusting het hom net R420 000 gekos. Sy grootste uitgawe was die oesmasjien van R300 000.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Leon (regs) en Imre kyk na ’n sorteertaf­el wat deel van die toerusting is wat in die verwerking­saanleg gebruik word om die rys markgereed te kry. Leon se toerusting het hom net R420 000 gekos. Sy grootste uitgawe was die oesmasjien van R300 000.
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Mnr. Imre Reckling (regs), wat Leon met navorsing oor rysverboui­ng bystaan, saam met hom by die klein oesmasjien, ’n AeroStar PRO488 wat van China ingevoer is.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Mnr. Imre Reckling (regs), wat Leon met navorsing oor rysverboui­ng bystaan, saam met hom by die klein oesmasjien, ’n AeroStar PRO488 wat van China ingevoer is.
 ??  ?? Nadat die rys geoes is, word dit op ’n skoon oppervlak oopgestroo­i om droog te word tot die hoogstens 13% vog bevat.
Nadat die rys geoes is, word dit op ’n skoon oppervlak oopgestroo­i om droog te word tot die hoogstens 13% vog bevat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa