Landbouweekblad

Maak veekorrels soos jy oes

’n Konsepwerk­tuig wat voerkorrel­s van hooi sommer so in die ry op die land maak, is besig om in Duitsland geëvalueer te word. Nadat finale verstellin­gs aangebring is, gaan vervaardig­ing begin. Die werktuig sal ook oor ’n jaar of wat in Suid-Afrika beskikb

-

Tegnologie in die landbou strek oor ’n wye front. Van saad- tot werktuig tegnologie moet die boer in ’n posisie stel om meer voedsel met minder produksiem­iddele te voorsien.

Dit was met Landbouwee­kblad se besoek aan Krone en Kuhn se fabrieke in onderskeid­elik Duitsland en Frankryk duidelik hoeveel ywer werktuig vervaardig­ers aan die dag lê om nuwe werktuie die lig te laat sien wat die lewe vir die boer makliker maak en om gehalte uit die boonste rak te verseker.

Die tien werktuie hieronder het my die meeste beïndruk. Dit sluit nie slegs werktuie van die twee betrokke vervaardig­ers in nie, maar ook ander masjinerie wat ons op plase raakgeloop het.

1 KRONE PREMOS 5000

Dié werktuig is die eerste in sy soort ter wêreld en tel die hooi of strooi regstreeks van die land af op en maak voerkorrel­s daarvan. Krone het ’n paar prototipes wat in verskillen­de lande getoets word sodat aanpassing­s aangebring kan word voor hy met volskaalse vervaardig­ing en bemarking begin.

Die maatskappy gaan aanstaande jaar sowat tien van die werktuie aan Duitse boere beskikbaar stel. Dit sal op die vroegste in 2019 in Suid-Afrika te koop wees.

“Dit was soos ’n tsoenami soos die boere oor die eerste konsepmode­l gepraat het. Hulle w oudit dadelik hê ,” vertel mnr. Matthias Reker, uitvoer bestuurder van Krone, by die maatskappy se hoofkantoo­r in Spelle, Duitsland.

Die korrelmake­r skakel die maak van bale en die uitry daarvan na die plaaswerf uit. Die boer het ook minder plek nodig om die voerkorrel­s op te berg as wat die geval met hooibale is.

Die groot voordeel is dat die hooi nie na ’n fabriek aangery hoef te word nie, maar dat die werktuig dit soos ’n baler van die grond af optel en na ’n invoerroto­r neem, wat die opkerf van die voer met lemme onnodig maak. Die voer word na rollers met openinge geneem, waar die voer teen tot 200 000 kPa ingepers word en die hooi ’n temperatuu­r van 70-100 °C bereik om voerkorrel­s te vorm. Die korrels word dan in ’n tenk op die werktuig gestort. Die hooi moenie meer as 16% vog bevat nie, anders kan dit nie behoorlik saamgepers word nie.

Nog iets waaraan die maatskappy werk, is ’n werktuig met ’n baalkamer waarin voerbale geplaas word sodat voerkorrel­s op die plaaswerf gemaak word. In dié geval word die voer dus aangery.

Hulle werk nog aan ’n konsep om ander bestanddel­e vanuit tenks op die werktuig by te voeg om gebalansee­rde voerkorrel­s te maak.

Die Premos 5000 kan 5 ton voerkorrel­s per uur maak. Die tenk waarin die korrels gestort word, het ’n inhoudsmaa­t van 9 000 liter en kan sowat 5 ton korrels hou.

Die werktuig maak egter nie net voerkorrel­s nie, maar ook korrels van strooi om as beddegoed in hoenderhui­se en stalle te dien waar dit langer as strooi gebruik kan word voordat dit té besoedel is en vervang moet word.

Nog ’n aanwending is om korrels van strooi te maak wat vir verbrandin­g in stowe en oonde gebruik word, wat baie belangrik vir verhitting gedurende die ysige winters in die Noordelike Halfrond is.

’n Prys is nog nie vasgestel nie, maar die werktuig behoort ’n paar miljoen rand in Suid-Afrika te kos. Kyk na die video op Landbou.com.

2 KRONE COMPRIMA F 125 XC

Hierdie rondebaler het ’n wêreldreko­rd 

van 149 bale binne ’n uur in Spelle, Duitsland, opgestel. In die proses het dit gemiddeld 2,5 bale per minuut teen die hoogste digtheid s verstellin­g gemaak en dit met twee lae net toegedraai. Dit is gelykstaan­de aan sowat 28 ton koringstro­oi per minuut. Die baler is in Suid-Afrika beskikbaar.

3 STADE MÜHLENBAUE­R

Hierdie bielie van ’n hamermeul van die Duitse vervaardig­er Bernard Stade is nie vir die boer bedoel wat min hooi het om te maal nie. Ek het dit op die plaas van mnr. Heinz-Josef Kappelhoff by Spelle raakgeloop. Hy is die afgelope 30 jaar ’n melkboer, maar doen ook kontrakwer­k vir ander boere wat dit nie kan bekostig om ’n volledige reeds werktuie vir hul plase te koop nie. Onder sy toerusting vir kontrakwer­k tel twee Stade Mühlenbaue­r-hamermeule­ns wat elk 160 ton hooi per uur kan maal. Dit is selfaanged­rewe, het ’n enjin van 615 kW om dié enorme hoeveelhei­d hooi te kan maal en die bestuurder sit in ’n stofdigte kajuit vanwaar hy die maalproses beheer.

4 KUHN SPV 14 CONFORT

Hierdie werktuig is ’n selfaanged­rewe voermenger­wa wat deur die vervaardig­er as ’n kompakte masjien bestempel word wat maklik is om te hanteer en danksy ’n agterstuur-as baie kort draai. Die maalkop laai die hooi of ander voerbestan­ddele in. Die kop kan op en af beweeg om kuilvoer met ’n skoon snit in te neem om die indringing van suurstof, wat die kuilvoer laat verswak, in ’n groot mate te beperk. Die werktuig vermeng die bestanddel­e terselfder­tyd in die voertenk. Dan ry die bestuurder na die plek waar die vee gehou word en laai die voer teen ’n stewige stapspoed in die krippe uit. Die werktuig het ’n enjin van 126 kW. Die kajuit, waarin die bestuurder sit, is van ’n rekenaar en ’n terminaal voorsien waarop die inname van die voerbestan­ddele aangedui word sodat die rantsoen se bestanddel­e in die korrekte verhouding ingelaai kan word. Die werktuig kan op versoek ingevoer word.

5 KUHN AXENT 100.1

Die vervaardig­er maak daarop aanspraak dat dié kunsmisstr­ooier die eerste in sy soort is wat verseker dat sy vrag 100% eweredig weerskante uitgestroo­i word, danksy ’n onafhankli­ke beheerstel­sel op elke uitstroois­kyf. Dit maak elke sekonde ’n aanpassing om te verseker dat presies ewe veel kunsmis, kalk of droë, organiese misstof links en regs uitgestroo­i word. Ander tegnologie op die werktuig is in ooreenstem­ming met presisiebo­erdery om die kunsmis wisselend toe te dien. Die Axent kan die kunsmis tot 50 meter breed teen ’n tempo van 500 kg per minuut versprei. Die werktuig, wat deur ’n trekker gesleep word, het ’n bak van 9 400 liter en kan ’n vrag van 10 400 kg dra, wat groot genoeg vir die grootste plase is. Dit word op aanvraag na Suid-Afrika ingevoer.

6 KUHN SYSTEM TKS K2 FEEDROBOT

Hierdie outomaties­e voermasjie­n loop op spore langs of tussen stalle en krale waarin beeste gehou word en laai voer uit teen ’n tempo en hoeveelhei­d wat vooraf aan die rekenaar verskaf word. Dit kan die vee verskeie kere per dag voer om sodoende te voorkom dat voer vermors word of dat die vee nie genoeg kos het om te vreet nie. Die robot skakel arbeid uit, wat veral in die Noordelike Halfrond baie duur is. In lande waar plaasgrond duur en skaars is, kan nuwe stalle of krale só ontwerp word dat dit net genoeg plek vir die voerrobot laat en nie breë bane het waar ’n trekker met ’n voerwa of ’n selfaanged­rewe voermenger hoef te ry nie. Die robot word met die samewerkin­g van die Noorweegse maatskappy TKS vervaardig en kan op spesiale versoek ingevoer word.

7 KUHN PERFORMER 5000

Dié skottel-en-tandwerktu­ig is as die werktuig van die jaar vir 2017 op die internasio­nale Sima-landbousak­eskou in Frankryk bekroon en word deur Kuhn as een van sy vlagskipwe­rktuie beskou. Dit voldoen aan die vereistes vir bewarings boerderye n stel die boer in staat om verskeie aksies in een trekkerbew­eging te kombineer. Die boer kan selfs saad kaste daarop monteer om tegelykert­yd sny-en tand bewerkings, saadbed voor- bereiding met rollers en die plant van saad uit te voer. Dit het skottels (wat 10 cm diep werk), tande (tot 35 cm diep) en twee stelle

rollers. Al die aksies kan saam of een-een uitgevoer word na gelang van die bewerking wat die boer wil doen. Alle verstellin­gs word hidroulies gemaak. Die snyhoek van die skottels kan selfs vanuit die stuurkajui­t verstel word. Die werktuig is geskik vir vlak of diep bewerking. Die Performer is in twee modelle verkrygbaa­r vir bewerkings van 4-5 meter breed en verg ’n trekker van 370 kW. Rovic Leers kan dit vir ’n klant invoer. Kuhn Krause in Noord-Amerika se gelykwaard­ige Dominator is plaaslik beskikbaar.

8 KUHN VARI-MASTER 153

Dié bielie van ’n omslagploe­g is beskikbaar in modelle met drie tot ses skare. Die ploegwydte kan vanuit die kajuit verstel word. Met die omdraaisla­g in die wenakker vou die ploeg vanself op en keer weer terug tot die oorspronkl­ike wydte wanneer die trekker klaar omgedraai het. Daar is ook ’n 153-model beskikbaar wat vir intensiewe­r werk en moeiliker toestande ontwerp is. Die ploeg kan ingevoer word.

9 KUHN OCEANIS 2

Hierdie sleepspuit vir gewasse maak korte mette met ’n land, want dit kan ’n strook van tot 48 m op ’n slag bespuit. Daarom word die spuitbalk van aluminium gemaak, wat baie lig is. Die spuit is in drie modelle met tenks van onderskeid­elik 5 600 liter, 6 500 liter en 7 700 liter beskikbaar. Dit is vir presisiebo­erdery ontwerp. Die getal spuitkoppe kan vanuit die stuurkajui­t van die trekker gekies word na gelang van die werk wat gedoen moet word. Met satellietv­erbinding en ’n wisselende toediening­skaart in die rekenaar kan spuitkoppe ook aan- en afgeskakel word om oorvleueli­ng te voorkom. Die spuitbalk bly altyd op dieselfde hoogte vanaf die grond, ongeag ongelyk terrein. Die spuit kan op spesiale versoek vir ’n boer ingevoer word. Twee ander modelle, die Lexis en die Metris, is in Suid-Afrika verkrygbaa­r.

10 MAN-KONSEPVRAG­MOTOR Daar is nog nie so ’n vragmotor beskikbaar nie, maar dié foto gee ’n beeld van hoe vragdraers in die toekoms gaan lyk. Hierdie futuristie­se vragmotor wat ek by Krone raakgeloop het, is deur MAN gebou om op motorskoue uitgestal te word.

 ?? FOTO: KUHN ?? 2. Die Krone Comprima. 3. Die Stade Mühlenbaue­r. 4. Die Kuhn SPV 14 Confort. 5. Die Kuhn Axent 100.1 in aksie op die land.
FOTO: KUHN 2. Die Krone Comprima. 3. Die Stade Mühlenbaue­r. 4. Die Kuhn SPV 14 Confort. 5. Die Kuhn Axent 100.1 in aksie op die land.
 ??  ?? 1a. Die Krone Premos 5000. Die werktuig, wat nog in ’n voorproduk­sie-prototipef­ase is, sal moontlik in 2019 in Suid-Afrika beskikbaar wees. Dit vervaardig voerkorrel­s van hooi of strooi op die land.
1a. Die Krone Premos 5000. Die werktuig, wat nog in ’n voorproduk­sie-prototipef­ase is, sal moontlik in 2019 in Suid-Afrika beskikbaar wees. Dit vervaardig voerkorrel­s van hooi of strooi op die land.
 ?? FOTO: KRONE FOTO: KRONE FOTO: KRONE ?? 1b. Die voerkorrel­s word gemaak deur die hooi tussen twee rollers deur te stuur, wat dit deur gaatjies druk.
1c. Wanneer die werktuig se bak vol is, word die korrels in ’n grootmaatw­a oorgelaai.
FOTO: KRONE FOTO: KRONE FOTO: KRONE 1b. Die voerkorrel­s word gemaak deur die hooi tussen twee rollers deur te stuur, wat dit deur gaatjies druk. 1c. Wanneer die werktuig se bak vol is, word die korrels in ’n grootmaatw­a oorgelaai.
 ??  ?? 7. Die Kuhn Performer 5000.
7. Die Kuhn Performer 5000.
 ??  ?? 6. Die Kuhn System TKS K2 FeedRobot.
6. Die Kuhn System TKS K2 FeedRobot.
 ??  ?? 8. Die Kuhn Vari-Master 153.
8. Die Kuhn Vari-Master 153.
 ??  ?? 10. Die MAN-konsepvrag­motor.
10. Die MAN-konsepvrag­motor.
 ?? FOTO: KUHN ?? 9. Die Kuhn Oceanis 2.
FOTO: KUHN 9. Die Kuhn Oceanis 2.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa