Landbouweekblad

Só sê ’n heerenbone­boer

-

HUGO LOUW

Jy het nie lus vir ’n heerenboon nie, jy het ’n behoefte, het ene Jacobus Smit eendag gesê. Hugo Louw van die plaas Wadrif in die omgewing van Leipoldtvi­lle is van die min boere wat nog van dié besonderse bone plant.

Wat maak heerenbone so besonders?

Baie min mense ken dit. Dis ’n baie ou boon, wat al van Simon van der Stel se tyd af aankom.

Dis in die verlede op baie Sandveldse plase verbou, maar nou sien ’n mens dit omtrent nie meer nie. Hoekom?

Ek is die sewende generasie op die plaas en baie boere hier rond het die bone vroeër dae geplant, maar mettertyd gelos. Hier is nog net een of twee plase waar dit geplant word. Dis ’n baie moeilike gewas om mee te boer. Ons het dit altyd op die suggronde, wat van nature vog kry van onder af, geplant, maar deesdae het ons nie meer sulke grond nie. Die aartappelg­ronde word alles gedreineer. Ons besproei nou die heerenbone met sprinkelbe­sproeiing. Dis egter nie ideaal nie, want die plant soek nie water op sy blomme nie. As ons hittegolwe in Desember kry, speen die plante af en is jou opbrengs baie laag.

Wat is die ideale groeitoest­ande?

My pa het altyd gesê heerenbone groei in enige grond, maar dit dra nie in enige grond nie. Dit hou nie van goeie, kleierige grond nie, maar wil sanderige leemgrond hê. In die kleierige grond groei die ranke geweldig hoog, maar dit dra nie bone nie.

Hoekom is dit so moeilik om te verbou?

Die bone se groeisiklu­s is ses maande lank. Ons plant in September en dan groei die bone tot Februarie, wannneer ons dit moet afsny, droog, dors en uitsoek. Alles moet met die hand gedoen word; daar is niks wat meganies kan gebeur nie. Elke boon word met die hand uitgesoek — dit lyk soos ’n ou wat sit en geld uittel. Onkruidbes­tryding is nog ’n probleem, want jy kan nie onkruiddod­ers spuit nie, maar moet die onkruid uitskoffel. Dis eintlik ’n organiese besigheid!

Kry mens nog saad in die hande?

Nee, jy moet jou beste pitte hou en hulle vermeerder.

Hoe dors julle die bone?

In my kinderdae het ons dit met perde getrap op ’n trapvloer en dan uitgewan in die wind. Later dae het ons dit begin trap met ’n trekker waarvan die bande glad was, maar jy kon nie draai nie, want dan breek jy die bone. Jy moes net ’n bietjie vorentoe ry en dan terugstoot. My pa het eendag ’n ou grondboont­jie-dorsmasjie­n in die hande gekry wat ons met ’n trekker aandryf. Ons gebruik dit nou nog en dit help my baie.

Lewer dit goeie opbrengste?

Ek vat maar wat ek kry! Jy moet boonop die bone wat jy van die land af kry, uitsoek. Ons verkoop die stukkende boontjies teen halfprys.

Aan wie verkoop jy die heerenbone?

Slegs aan die ou customers hier rondom ons. Ek kan nie almal help nie, daarom verkoop ek slegs aan eksklusiew­e klante.

Wat is die beste manier om die boontjies voor te sit?

Jy kry nie ’n beter boontjieso­p nie as dit wat met heerenbone gemaak is. Dis ook lekker in bredies en sousboontj­ies. Die heerenbone het ’n baie hoë proteienin­houd; dit lê baie na aan vleis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa