Landbouweekblad

20 ton-kompetisie (suid)

Vanjaar se wenner in die suidelike streek van Cradock Saadverspr­eiders se 20 ton klub-mieliekomp­etisie spog met ’n oes van 23,05 ton per hektaar.

-

Met ’n opbrengs wat net ’n klein bietjie kleiner is as die nasionale rekord, stap mnr. Wouter Heyns vanjaar vir die tweede keer met die wenprys weg in Cradock Saadverspr­eiders se 20 ton-klub-mieliekomp­etisie.

Wouter boer op die plaas Uplands net buite Cradock. Hy was in 2014 ook die wenner met ’n opbrengs van 19,91 ton/ha. Met dieselfde kultivar is sy opbrengs vanjaar 23,05 t/ha. Dit is net effens minder as die nasionale rekord van 23,92 t/ha wat verlede jaar deur mnr. Erich Cloete van die plaas Sanctuary in die distrik Cradock opgestel is.

Die naaswenner is mnr. Zirk Scheepers van die plaas Wonderkop by Cradock, wat 22,98 t/ha geoes het. Scheepers was drie

jaar gelede die algehele wenner met ’n opbrengs van 22,5 t/ha.

GEMENGDE BOERDERY

Wouter boer met Merino’s, beeste, lusern, mielies en aangeplant­e weidings. Hy volg ’n vyfjaarsik­lus vir sy vee waarin hy elke vier jaar die lande sny. Hy laat die vee vir ’n jaar op die lusernland­e wei en beplant dan die helfte van die land met mielies.

Op die swakker lusernland­e plant hy weidings vir die kleinvee. Wouter sny ongeveer 22 ton lusern in ’n snyseisoen. Sardi 7 is een van sy gunsteling­kultivars.

Wat bemesting betref, gebruik hy hoendermis, kalk en gips. Naoes werk hy die mielierest­e in die grond in om die koolstofge­halte te verbeter.

Wouter se wenresep is om mikro-elemente tydens planttyd toe te dien. Hy glo jy kan met minder kunsmis wegkom, maar dat mikro-elemente noodsaakli­k

tydens planttyd is. Waar dit nie moontlik met planttyd is nie, is saadbehand­eling of spilpuntto­ediening die alternatie­f.

Wouter gebruik Metson se mikro-elementepr­oduk wat spesifiek vir die Visrivierv­allei geformulee­r is en deur Cradock Saad bemark word.

Wouter gebruik die swart fosfaatmen­gsel, Black Turbograin, met mikro-elemente met planttyd. Vir topbemesti­ng gebruik hy ’n mengsel met stikstof, kalium en swael van Cradock Saad.

VOGBESTUUR

Wouter se besproeiin­gsaksies behels vloedakker­s en spilpunte. ’n Vloedakker was juis die land wat hom die kompetisie laat wen het.

Sy ondervindi­ng is dat ’n vloedakker wat reg bewerk word, en waar die watertoedi­ening reg bestuur word, nie vir ’n spilpunt hoef terug te staan nie.

Wouter het vanjaar sukses behaal met die kortgroeit­ydbaster DKC 62-80 BR van Monsanto, waarmee hy 23,05 ton/ha van die land geoes het.

Die stapelgeen vergemakli­k sy onkruidspu­itprogram met die RoundUp-opsie, veral in die besige tyd wanneer dit oorvleuel met die sny van lusern, saam met die gemoedsrus wat dit teen stronkboor­ders bied.

Vir gesonder plante en verbeterde opbrengs is Abacus (reg.nr. L8048, Wet 36 van 1947) ook deel van sy spuitprogr­am.

WENNERS

Mnr. Dirk Visser, eienaar van Cradock Saad, het op die oorhandigi­ngsgeleent­heid op 24 Junie gesê sedert die kompetisie vier jaar gelede ingestel is, het dit ’n groot bydrae gelewer om beter opbrengste te behaal.

“Deelnemend­e boere het hul grond- en boerderypr­aktyke aangepas om ’n volhoubare boerdery van hoë opbrengste met die minimum insette te verkry.”

Die twee streekwenn­ers het elk R40 000 gewen en die naaswenner­s R20 000.

Visser sê die prestasie is in ’n moeilike produksiej­aar behaal omdat die hitte-eenhede hoog en dit ook baie droog was, met reën wat eers laat in Januarie en Februarie uitgesak het.

Die mieliekomp­etisie word volgende jaar die laaste keer aangebied.

NAVRAE: DirkVisser, sel 082 550 4499; e-pos: cradocksaa­d1@isat.co.za.

 ??  ?? REGS: Wouter het weer Monsanto se DKC 62-80 BRbaster aangeplant.
REGS: Wouter het weer Monsanto se DKC 62-80 BRbaster aangeplant.
 ??  ?? BO: Wouter was in 2014 die algehele wenner van die 20 tonklub-mieliekomp­etisie.
BO: Wouter was in 2014 die algehele wenner van die 20 tonklub-mieliekomp­etisie.
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Mnr. Wouter Heyns en sy vrou, Rheta.
FOTO’S: VERSKAF Mnr. Wouter Heyns en sy vrou, Rheta.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa