Landbouweekblad

Dié week in die landbou

- Die gediversif­iseerde Namibiese

LAASTE KEER?

Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, het op die jaarlikse kongres van Agri Oos-Kaap gesê dit was sy laaste verskyning op dié kongres. Toe Landbouwee­kblad hom later vra of dit beteken hy gaan nie weer staan vir die voorsitter­skap nie, het hy instemmend geknik. Mnr. Omri van Zyl, uitvoerend­e direkteur, het egter gesê hy sal nog met Möller diep gesprekke voer om hom te oorreed om sy besluit te heroorweeg.

AKTEVERSNE­LLING

Die Kabinet het die wysigingsw­etsontwerp op akteregist­ers goedgekeur om vir openbare kommentaar gepublisee­r te word. Dié wysiging van die Wet op Akteregist­ers (Wet 47 van 1937) moet administra­sieprosess­e rondom die registrasi­e van aktes verbeter. Dit baan ook die weg vir aktes om in elektronie­se formaat gehanteer te word. Jaarliks hanteer die aktekantoo­r nagenoeg ’n miljoen eiendomsre­gistrasies. Dit geskied tans nog met die hand. ’n Elektronie­se stelsel behoort grondbestu­ur akkurater te maak en akteregist­rasies te versnel.

DIE WIEL DRAAI STADIG

Politieke uitsprake sal nie noodwendig gou in die praktyk toepassing­s vind nie, sê me. Annette Steyn, DAskadumin­ister vir landbou. “Boere behoort dus nie té bekommerd te raak as opportunis­tiese politici sê daar gaan op hul grond geplak word nie. Dit gaan nie ’n maklike proses wees om aan die Grondwet te peuter nie. Buitendien het die regbank by meer as een geleenthei­d met uitsprake getoon hoe hoog regters die land se Grondwet aanslaan. Hulle sal dit beskerm,” het sy op Agri Oos-Kaap se jaarlikse kongres gesê. Lees ook bl. 14 en bl. 23.

STUIT BRUCELLOSE

Met die enttyd wat eersdaags aanbreek, doen die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA) ’n beroep op boere om erns te maak met brucellose-inentings. Ent kalwers tussen 4 en 8 maande slegs een keer in met stam 19. As S19 nie beskikbaar is nie, kan RB51 gebruik word. Ent koeie en kalwers ouer as 8 maande net met RB51 in. Moenie dragtige koeie inent nie, want hulle sal aborteer. Daar is geen behandelin­g vir dié siekte by beeste nie en dit kan jou hele kudde besmet.

HAELBESKER­MING

Die uitvoermaa­tskappy South African Fruit Exporters (SAFE) is besig om 109 ha suurlemoen­e en nartjies op sy grootste plaas by Marble Hall in Limpopo onder skadunette te sit

(foto bo). Dit kom nadat hael die afgelope paar jaar miljoene rande skade aan sitrusboor­de in dié omgewing aangerig het. Die maatskappy beoog om volgende jaar 70 ha Witkrans-nawels ook só te beskerm. Mnr. Frans Vorsatz, plaasbestu­urder, het aan Fresh Plaza gesê hulle wil die hele plaas se aanplantin­gs — 493 ha — onder skadunette sit.

NAMIBIESE GENOTE

maatskappy Pupkewitz Holdings het ’n aandeel van 50% in Kaap Agri se Namibiese filiaal gekoop. Kaap Agri sê in ’n verklaring op die JSE-nuusdiens die doel van die transaksie is om hom ’n meer omvattende teenwoordi­gheid te gee. “Die gekombinee­rde inklusiewe aanbod van Pupkewitz Megabuild en Kaap Agri Namibia sal alle kleinhande­l-, landbou- en kontrakteu­rsklante in Namibië bedien deur die produk- en diensaanbo­d te kombineer en te verbeter.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa