Landbouweekblad

Fynbos gee skop aan nuwe drankies

Bekende wynmakers maak nou opwindende drankies met fynbos en gee daarmee erkenning aan die hoogs bedreigde suurpootji­eskilpad.

-

Toe Jean-Baptiste Cristini – of Tista, soos mense hom ken – ná ’n dekade in die Franse wynlande terugkeer na die Wes-Kaap, wou hy ’n produk maak wat dié besondere gebied weerspieël.

Saam met die bekende wynmakers Andrea en Chris Mullineux van Mullineux & Leeu Family Wines, het hy die Geometric Drinks-maatskappy begin en ywerig begin eksperimen­teer met inheemse Kaapse plantegroe­i. Die resultaat is elegant verpakte tonikums (’n nuutjie in Suid-Afrika) in drie geure – blomagtig, sitrus en spesery – en ’n jenewer met sagte fynbosgeur­e.

“Ons is ’n botaniese maatskappy,” sê Tista oor die plantsoort­e, soos boegoe en roosmalva, waarmee hul produkte gegeur word.

Die Symmetry Tonics, gemaak van kinien-ekstrak, is in konsentraa­tvorm. Die plantolies sorg vir genoeg geur dat dit onnodig is om baie suiker by te voeg, dus het dit minder as ’n kwart van die suikerinho­ud van gewone tonikums. ’n Sopie daarvan is heerlik saam met sodawater en jenewer, maar jy kan dit ook as ’n nie-alkoholies­e drankie bedien.

Die Geometric Gin bevat, naas jenewerbes­sie (wat nog nie plaaslik verbou word nie), ekstrak van nege inheemse plante.

Die plante word wild geoes, soos in die Swartland, waar baie van die Mullineux’s se druiwe op die plaas Roundstone, naby Riebeek-Kasteel, verbou word. Hulle plant ook groot stukke fynbos tussen die wingerde aan.

Die jenewer word in eg Kaapse styl van druifspiri­tus, en nie met ’n graan- of suikerriet­basis nie, gemaak. “Ons maak dit tans met Chenin blanc en Colombar, maar wil ook in die toekoms Sauvignon blanc gebruik.”

Die naam verwys na ’n baie spesiale inwoner van die WesKaap, die kritiek bedreigde suurpootji­eskilpad (geometric tortoise), sê Tista. “Dit verwys ook na struktuur, waarvan ons hou, maar die suurpootji­eskilpad lê ons na aan die hart. Ons sien dit as ’n simbool van volhoubaar­heid in die Wes-Kaap. Daar is minder as 800 van dié skilpaaie in die wêreld oor. Voor enige wingerd op Roundstone geplant word, maak Chris-hulle doodseker daar is nie suurpootji­es op die grond nie.”

 ??  ?? Die tonikum is in konsentraa­tvorm. Bedien sowat 50 ml daarvan saam met ’n sopie jenewer en ongeveer 200 ml sodawater. INLAS:
Jean-Baptiste Cristini
Die tonikum is in konsentraa­tvorm. Bedien sowat 50 ml daarvan saam met ’n sopie jenewer en ongeveer 200 ml sodawater. INLAS: Jean-Baptiste Cristini
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa