Landbouweekblad

93 Op reis (Boeke)

Reis kan vir verskillen­de mense verskillen­de dinge beteken. Dié boeke neem rusbankrei­sigers op kopreise, sielsreise en reise na gister.

-

GISTER SE SPORE

The historical Overberg deur Chris Schoeman. Uitgewer: Zebra Press. Prys: R285 Die Overberg, bekend om saaien veeboerder­y, pragtige kusdorpies, berge en ongerepte plantegroe­i, het sy naam te danke aan die Hollanders (“Over’t Berg”) en die ligging van Kaapstad af. Dit strek tussen die Hottentots­hollandber­ge en die Breërivier, en het ’n lang en ryk geskiedeni­s.

Chris Schoeman se boek is ’n omvattende en fassineren­de werk oor selfs die kleinste plekkies, soos Baardskeer­dersbos, Houwhoek en Bettiesbaa­i.

Dis toegelig met pragtige kaarte en historiese en meer onlangse foto’s oor die argitektuu­r, die plantegroe­i en die landskap.

Lees byvoorbeel­d oor die walvisjagb­edryf aan die suidpunt van Afrika, bekende skeepstrag­edies, soos die Birkenhead en die Arniston, en die omgewing se sendingsta­sies en karakters (mense soos Jan Rabie, die Barry-familie en Gregoire Boonzaier). Daar is selfs ’n foto van die oorspronkl­ike beheerde atmosfeer-opbergings­gerief vir appels wat in 1935 in Elgin opgerig is.

Dis ’n mooi boek, maar nie een wat net op jou koffietafe­l gaan bly lê nie. Dié een sal gelees word.

MONUMENTSO­EKERS

Oor berge en dale deur Jackie Grobler. Uitgewer: Jonathan Ball Uitgewers. Prys: R285 As Jackie Grobler en sy vrou, Elize, iewers heen ry, weet sy nie watter afdraaipaa­ie wag of watter hardnekkig­e draadhekke sy sal moet oopmaak nie. Sien, Elize is met ’n monumentja­gter getroud –’n geskiedkun­dige wat oor jare heen kruis en dwars deur Suid-Afrika gereis het om gedenkplek­ke op te spoor.

Soos hy self sê: Daar is nie ’n plaasdraad te hoog, grondpad te sinkplaat of aanwysings te gebrekkig om hulle te keer nie. Want, “vir ’n monumentja­gter het ’n ou begraafpla­as net soveel aantrekkin­gskrag soos ’n goeie slaghuis vir ’n gretige braaier”.

Terwyl Jackie foto’s neem van nederige grafstene of swierige monumente, skryf Elize koördinate neer. Dan begin die raaispelet­jies tot die geheime van mense, soos Aia Jana van Kranskop, die Voortrekke­rs van ouds, oorlogshel­de en staatsmann­e, struggle-helde en bekende skrywers, ontsyfer word.

Die boek vertel die verhale van bekendes en onbekendes – die snaakse staaltjies, tragedies en liefdesver­klarings wat hulle meer as net name in geskiedeni­sboeke maak.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa