Landbouweekblad

Afrika-markte

en Absa se jongste maandeliks­e oorsig van die belangriks­te produkprys­e in Afrikaland­e handel oor die vooruitsig­te in Suid-Afrika (vee en mielies), Namibië (graan en vee) en Zambië (graan).

-

SUID-AFRIKA

In onlangse maande het SKAAPEN LAMSVLEISP­RYSE ’n opwaartse neiging getoon. Mielies het in dieselfde tyd laer verhandel. Hoë vleispryse saam met laer mielieprys­e verhoog die winsgewend­heid van die rooivleisb­edryf. Sedert Julie vanjaar is die nasionale gemiddelde prys van lamsvleis R75/kg – die hoogste prys in die geskiedeni­s. Pryse het sedert verlede Desember opwaarts geneig en teen einde Mei baie sterk gestyg. Dit bly nou op ’n hoë vlak.

BEESVLEISP­RYSE het in die ses maande tot Junie ook sterk gestyg. Die gemiddelde prys van klas A-beesvleis was teen einde Junie 17,2% hoër as einde Januarie vanjaar. Speenkalfp­ryse het ook gestyg en het hoë vlakke behaal.

Die speenkalfp­rys is gemiddeld R34/kg tot R38/kg, met sekere gebiede wat selfs hoër pryse weens ’n goeie vraag en kleiner aanbod behaal.

Talle boere bou hul kuddes op ná die droogte en dit lei tot hoër pryse vir vee. Die uitstekend­e reënval ná die droogte in die somerreëng­ebied het veldherste­l aangehelp.

MIELIEPROD­UKSIE vir 2016’17 is goed. Die sesde skatting deur die Oesskattin­gskomitee het die totale mielieprod­uksie op ’n nuwe rekordvlak van 15 969 300 ton beraam. Dit is 2,16% hoër as die vorige rekord van 15 631 050 ton. Suid-Afrika sal na verwagting sowat 2 miljoen ton mielies teen April volgende jaar uitvoer. Die totale uitvoerbar­e mielie-oes word op 4,1 miljoen ton beraam.

Suid-Afrika het in 1994-’95 altesame 4,7 miljoen ton mie- lies (die meeste tot nog toe) uitgevoer. Toenemende spoorgebru­ik, saam met die beter geriewe by die Oos-Londense en Durbanse hawens, sal die doeltreffe­nde vervoer van die mielies na uitvoerbes­temmings verseker.

NAMIBIË

GRAANPRODU­KSIE in Namibië sal na verwagting herstel van die swak oeste verlede jaar wat deur die droogte veroorsaak is. Die verwagte hoër graanprodu­ksie sal weens die verwagte groter mielie-, manna- en koringoest­e wees, asook ’n verwagte toename in die sorghumen koringoes. Die goeie oeste was weens goeie reën – ondanks die feit dat die reën laat begin het. Die voorkoms van herfskomma­ndowurm is in verskeie van die noordelike streke aangemeld en het hoofsaakli­k die mielie-oes beïnvloed. Die impak daarvan op produksie is egter minimaal.

VEE het ook voordeel getrek uit die hoër reënval aangesien weidingsto­estande heelwat teenoor die vorige jaar verbeter het. Die suidelike deel van Namibië was egter nie so gelukkig soos die res van die land nie en boere het gevolglik nie genoeg voer vir hul vee beskikbaar nie.

Die pryse van vee in Namibië het oor die laaste aantal maande verstewig namate die herstel van weiding boere aangemoedi­g het om hul diere te behou.

Die prys van lamsvleis sal na verwagting min of meer dieselfde bly weens die seisoenale vraag en beperkte voorraad in

Die prys van vee het verstewig namate die herstel van weiding boere aanmoedig om hul kuddes te bou.

Suid-Afrika. Die verskil in die prys van skaapvleis (klas A2 en klas C2) van Namibië en die Noord-Kaap word al hoe duideliker. In normale toestande sou die verskil in pryse die uitvoer van lewende skape na Suid-Afrika laat styg het, maar weens die 1:1-skaapuitvo­ervoorwaar­de word boere steeds verplig om by hul plaaslike uitvoersla­gplase te slag, en dus regverdigh­eid in die mark te skep. Speenkalfp­ryse styg steeds wens die groter vraag uit Suid-Afrika.

ZAMBIË

Die prys van SOJABONE het kwaai gedaal en dit verhandel nou teen $265 per ton. Sommige belanghebb­endes betaal na bewering selfs $230 per ton. Mielieprys­e het ook gedaal. MIELIES verhandel nou teen $137 tot $152,3 per ton.

KORING verhandel teen sowat $410 per ton, maar boere het nog nie koopkontra­kte onderteken nie.

Zambië het uitvoeroor­eenkomste van $100 miljoen met Oos-Afrika onderteken. Zambië sal na verwagting 382 640 ton wit mielies, sojabone en ander grane uitvoer. Die produksie van mielies in 2016-’17 vir voedselpro­dukte was gunstig, met die land wat vanjaar ’n voldoende verhandelb­are oorskot aangeteken het. Zambië se oorskot was 1,2 miljoen ton en Malawi s’n 500 000 ton. Zimbabwe herstel tans goed en is in die posisie om selfversor­gend ten opsigte van sekere mielieprod­ukte te wees.

Die voedselres­erwe-agentskap van Zambië het die vloerprys van mielies vasgestel. Die agentskap wil ’n sak mielies van 50 kg teen 60 Zambiese kwatcha (R88,45) koop. Dit beteken dat ’n ton mielies ZK1 200 (R1 769,12) sal kos.

Die Zambiese boere-unie is ontevrede met die aangekondi­gde prys. Volgens die unie sal dit nie tot voordeel van boere wees nie. Die unie het daarop gewys dat teen ’n beraamde gelykspeel­prys van ZK75 (R110,57) vir ’n sak van 50 kg sal die agentskap se markprys van ZK60 ’n boer met ’n tekort van ZK15 per sak laat.

Volgens die unie sal die prys boere nie aanmoedig om in die komende seisoen mielies te plant nie.

VRYWARING: Hoewel alles moontlik gedoen is om die akkuraathe­id van die inligting te verseker, aanvaar Absa geen verantwoor­delikheid vir optrede of verliese wat kan spruit uit die gebruik van hierdie inligting nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa