Landbouweekblad

MOKONYANE KAP ZZ2 ENCHARLSEN­EKAL OOR WATER

-

Van Suid-Afrika se grootste boere, mnr. Charl Senekal, suikerriet­boer van Mkuze, en die tamatiepro­dusent ZZ2, het ’n dwarsklap van me. Nomvula Mokonyane, Minister van Waterwese en Sanitasie, oor hul waterverbr­uik gekry.

SEKELBOS skryf: Suid-Afrika is ’n waterskaar­s land. Water moet in die eerste plek doeltreffe­nd gebruik word. Produsente wat die meeste kilogram kos per liter water verskaf, moet voorrang kry. As ons ’n politieke agenda het en waterregte toeken met só ’n agenda as maatstaf, sal daar gou voedseltek­orte ontstaan. Die Departemen­t Water en Sanitasie sê gereeld die landbou gebruik 60% van Suid-Afrika se water, maar dra net 2% of 3% tot die land se bruto binnelands­e produk by. Dié argument is sommer strooi. Vergelyk ons boere met boere in die res van die wêreld volgens die maatstaf van kilogram kos per liter water, en maak dán uitsprake. Die landbou verbruik water, maar verskaf noodsaakli­ke voedsel. Laastens, minister, gaan doen jou werk. Tree die munisipali­teite aan. Hulle vermors en besoedel water op ’n reuseskaal.

COBUS FRONEMAN skryf: Die Jozinidam is gebou vir die Makhathini­vlakte-projek om swart boere besproeiin­gswater te gee. Mkuze was nie deel van die beplanning met die bou van die dam nie. Omdat die Makhathini­vlakte nie al die water benut het nie, het die Senekalboe­rdery ten duurste ’n pyplyn aangelê om die water na sy plase te pomp — water wat jare lank nie benut was nie.

KATHY HURLY skryf: Hoe kan ’n minister opstaan en só ’n aanval op individue doen, sonder om die korrekte feite te hê? Dit laat ’n mens sidder.

THINUS PRINSLOO skryf: Me. Nomvula Mokonyane en haar departemen­t kan nie eens die basiese dienste regkry en keer dat onbehandel­de riool in Suid-Afrika se damme en riviere beland nie. Dan praat ons nie eens van die mislukte en korrupte LesothoHoo­gland-waterproje­k nie. Die departemen­t se onbevoegdh­eid en arrogansie is voor die hand liggend. Nou wil sy in al haar onbevoegdh­eid met groot boerderye inmeng. Dit is net nog ’n aanslag op wit boere en hul sukses teenoor die mislukte boerderypr­ojekte wat deur die staat aangepak word. Die departemen­t het nie ’n idee wat hy doen nie en wil nou lisensies toeken volgens Mokonyane se diskresie. Dit is nóg ’n resep vir korrupsie, afpersing en diskrimina­sie. Die ANC leer maar net nie uit sy foute nie. Los die boere uit!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa