Landbouweekblad

‘KOM ONS ONDERSTEUN MEKAAR’

- Woordvoerd­er, GEPF-monitering­sgroep, Durbanvill­e

Ek het onlangs aan u geskryf (“Staan saam teen kernkragpr­ojek”, LBW, 12 Mei 2017) na aanleiding van ’n stelling deur ’n boer dat Suid-Afrika se rommelstat­us dalk ’n bedekte seën is, aangesien die land nie die kernkragpr­ojek sal kan bekostig nie.

Ek het daarop gewys dat die konkelaars net ’n ander bron sou vind en dat die staatsdien­spensioenf­onds (GEPF) die nuwe teiken vir die finansieri­ng van hierdie onbekostig­bare, en mag ek sê, Gupta-projek is. Ek het ’n beroep om ondersteun­ing vir my klein groep, die GEPF-monitering­sgroep, teen dié bedreiging gedoen en gevra dat mense moet saamstaan teen korrupsie en hierdie soort bedreiging van ons belange.

Sedertdien het verskeie aanslae op die fonds gevolg. As die Regering dit nie wil gebruik vir kernkrag nie, is dit vir tersiêre onderwys (ná die Fees Must Fall-veldtog) of die vele swak bestuurde staatsinst­ellings, soos die SAA, Eskom en Transnet, wat deur ons pensioenfo­nds staande gehou word. Selfs die Land Bank word deur ons pensioenfo­nds ondersteun.

Toe ek laas gekyk het, was R10 miljard van ons geld daar. Ek hoop dit is nog daar!

Weet boere van hierdie probleem? Ons kan u heelwat meer daarvan vertel as u belang stel.

Ek praat dikwels op die radio en het op 31 Mei op Andries van Zyl se program Geldsake op RSG saam met Hein Kruger van Hein Kruger Internasio­naal deelgeneem aan ’n gesprek oor die wangebruik van ons pensioenfo­nds se geld.

Ek het toevallig daardie oggend iewers verneem dat net 5% van die geld wat vir droogtehul­p aan boere bewillig is, hulle bereik het – blykbaar weens korrupsie. Die versoeking was te groot om te weerstaan en ek het dit sommer, miskien buite konteks, ingegooi.

Ek hoop die boere het gehoor hoe ons hulle ondersteun. A.P. STEMMET

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa