Landbouweekblad

MAAK DADELIK WERK VAN SKULD

- — NICO VAN BURICK en CARIEN KRUGER

FINANSIËLE kenners maan boere wat weens die droogte geldelik in die knyp is om so gou moontlik met hul finansiers te praat oor die herskedule­ring van skuld en verdere finansieri­ng en nie te wag tot die kalf in die put is nie.

Mnr. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking by FNB, sê daar is nie ’n “kombers-benadering” om boere te help nie. Elke aansoek of geval word op eie meriete geëvalueer.

“Banke is oor die algemeen bereid om te help waar hulle kan, maar natuurlik binne die raamwerk van die Nasionale Krediet- wet (Wet 34 van 2005).

“Boere behoort egter nou goeie besigheids­besluite te neem. Waar reserwes uitgeput raak, kan hulle van die nie-produktiew­e bates verkoop om te verseker dat produktiew­e bates behoue bly. Hulle moet ook probeer om streng by kontantvlo­eibegrotin­gs te hou en beplanning aanpas om verpligtin­ge sover moontlik na te kom.

“Dit is belangrik dat die boer eerlik met die bank sal wees sodat die regte besluite geneem kan word. Die opsies sal uiteraard verskil, maar kan enigiets van die herstruktu­ering van skuld tot kapitaalmo­ratoriums wees.”

PLASE SÓ BEHOU

Dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van Agbiz, sê die invloed van die groot droogte oor die hele land sal nog ’n paar jaar duur, veral vir boere wie se balansstat­e erg geknou is.

“Die kommersiël­e banke, Land Bank en landboubes­ighede het verlede jaar onderneem om, waar moontlik, produsente te ondersteun met die herskedule­ring van skuld om hulle sodoende op hul plase te hou.”

Dié stap, tesame met goeie reënval, het daartoe gelei dat rekordmiel­ieen -sojaboonoe­ste in die somersaaig­ebiede gerealisee­r kon word. Hier kon die meeste produsente hul skuld delg, nieteensta­ande aansienlik swakker kommoditei­tspryse, sê Purchase.

In die Suid-Kaap bemoeilik die droogte boere se weidingsbe­stuur en veroorsaak groot finansiële verliese. Mnr. Henk Agenbach, uitvoerend­e hoof van Die Kooperasie in Humansdorp, sê volgens kenners was die laaste nege maande die droogste opeenvolge­nde maande in 91 jaar.

KONSOLIDAS­IE

Agenbach sê Die Kooperasie bring kenners in en bied spesialis-lesings aan om boere raad te gee, soos hoe om met minder water te boer.

“Boere probeer om die las op grond ligter te maak en om geld te bekom om voer te koop. Boere verkoop dus meer verse en koeie wat nie bevredigen­d

produseer nie.

“In ons omgewing gebruik melkboere aangeplant­e weiding. Weens die droogte moet boere noodwendig ruvoer inkoop, wat ’n geweldige finansiële las tot gevolg het. Vergeleke met dieselfde periode verlede jaar het Die Kooperasie se regstreeks­e bemarkings­tak ’n 200%-styging ervaar in die volume voer wat gehanteer is.”

Die Kooperasie ondersoek moontlikhe­de om te voorsien in sy lede se behoefte om deur konsolidas­ie skuld oor ’n langer termyn af te betaal en só kontantvlo­ei te verbeter.

Daar is reeds ’n toename in die konsolidas­ie van lede-rekeninge by banke, sê Agenbach.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa