Landbouweekblad

VOËLGRIEP TREF RCL

- — CARIEN KRUGER

HOOGS aansteekli­ke voëlgriep het onlangs ook op een van die voedselgro­ep RCL se plase uitgebreek.

In ’n verklaring sê RCL die virus is by een van 18 skure op die groep se plaas Viva, naby Muldersdri­f in Gauteng, bevestig. Viva is ’n relatief klein teelplaas met sowat 67 000 hoenders. Die plaas is onder kwarantyn geplaas en al die hoenders word van kant gemaak om die verspreidi­ng van die siekte te voorkom.

RCL se naaste ander geriewe is sowat 30 km ver.

Die hoenders op Viva word nie vir vleisprodu­ksie gebruik nie, en omdat die betrokke hoenders teen die einde van hul lewensiklu­s was, sal voorsienin­g aan die mark volgens RCL nie geraak word nie.

Mnr. Scott Pitman, besturende direkteur van RCL Foods se verbruiker­safdeling, sê die uitbreking het voorgekom “ondanks obsessiewe en streng biosekerhe­idsmaatreë­ls”. Hy sê RCL gee sy volle samewerkin­g aan die Regering en ander owerhede vir die insameling van inligting oor die beste maniere om die siekte te bekamp.

Volgens RCL het die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye reeds 11 uitbre kings bevestig.

’n Dag voor RCL se verklaring het die SuidAfrika­anse Pluimveeve­reniging (SAPV) gesê daar was toe reeds vyf uitbreking­s in vyf weke op kommersiël­e plase.

Die hoenders wat daardeur geraak is, is steeds ’n klein persentasi­e van die totale nasionale bevolking en die uitbreking­s het dus volgens die organisasi­e ’n baie beperkte impak op die voorsienin­g van pluimveepr­odukte.

SuidAfrika het volgens die SAPV verlede jaar sowat 1 miljard braaihoend­ers verskaf en sy 24 miljoen lêhenne het sowat 8 miljard eiers gelê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa