Landbouweekblad

SINLOSE AANVAL OP LIMPOPO-LEIERBOER

- — JASPER RAATS

MNR. HERMAN BOTHA, wat ná ’n aanval op sy plaas gesterf het, was ’n landboulei­er wat in elke komitee gedien het waar hy ’n bydrae kon lewer.

Met sy ervaring as eertydse kommandobe­velvoerder was hy ’n aanwins vir die veiligheid­strukture van Limpopo en die Groblersda­l-omgewing. Boonop was hy bekend vir sy goeie menseverho­udinge, of dit nou met sy plaaswerke­rs of die leierskorp­s van die georganise­erde landbou was.

Daarom is die Groblersda­l-gemeenskap so uit die veld geslaan oor die gewapende aanval op sy plaas verlede Sondagogge­nd.

Hy is deur ’n gewapende bende van 11 in sy huis op sy plaas buite Groblersda­l oorval. Mnr. Piet Groenewald, ’n vriend en veiligheid­spesialis wat gehelp het om die soektog na die aanvallers te koördineer, sê die aanvallers het goeie inligting oor die plaasopsta­l en die veiligheid­smaatreëls daar gehad.

“Herman het in die vorige week twee stente in die hooftoevoe­rare tot sy hart gekry. Ek het hom Saterdagog­gendraakge­loopentoeh­ethy ten spyte van die operasie heel fiks en energiek gelyk,” sê hy.

HONDE BEDWELM

Dit lyk of die aanvallers, wat met twee voertuie daar opgedaag het, toegang tot die huis gekry het deur die motorhuis, waarvan die deur altyd halfpad oop is vir die honde. Die honde is bedwelm en Herman se aanvallers het hom binne die huis ingewag toe sy seun Bernard hom by die huis aflaai nadat hulle by hul beeskrale was.

Groenewald sê Herman het erge kopbeserin­gs opgedoen voordat sy aanvallers hom in die badkamer vasgebind het. Hulle het Bernard, wat ’n spilpunt gaan inspekteer het nadat hy sy pa af by die huis afgelaai het, in die motorhuis oorval en ook aangerand.

Hulle het hul buit, onder meer vuurwapens en TV-stelle, eers in Herman se Mercedes-Benz gelaai, maar toe hulle dit nie in trurat kon kry nie, het hulle in ’n Toyota Etios van mev. Meisie Botha (Herman se vrou) gevlug.

Meisie en hul skoondogte­r, Benita, wat laaste op die toneel opgedaag het, is vasgebind, maar nie ernstig beseer nie. Hulle kon later hulp ontbied.

Herman is dood voordat hy per helikopter na ’n hospitaal geneem kon word. Hy het vermoedeli­k aan ’n hartaanval beswyk.

“Ná die twee stente en die aanval was die skok net te veel op sy liggaam,” sê Groenewald.

Twee verdagtes wat te voet gevlug het, is later Sondag in hegtenis geneem. Nog twee is later op ’n nabygeleë plaas in hegtenis geneem. ’n Vyfde verdagte is by ’n nedersetti­ng 26 km van sy woonplek in hegtenis geneem. Hy het by een van Herman se seuns gewerk. Die verdagtes wat in hegtenis geneem is, is almal Zimbabwiër­s. Herman en Meisie se vuurwapens is by van die verdagtes gevind.

Groenewald sê die samewerkin­g tussen die plaaswagte, die buurtwag op Groblersda­l, die sekuriteit­smaatskapp­y Gunmar en sy eie maatskappy, Wildlife Investigat­ion & Protection Services, was uitstekend.

‘BAIE GELD’

Met die ondervragi­ng het die verdagtes glo gesê hulle was onder die indruk dat Herman baie geld by hom gehad het.

Herman het egter so min as moontlik kontant by hom gedra, en het glo selfs vir sy werkers bankrekeni­nge oopgemaak en hul lone elektronie­s oorbetaal.

Hulle was onder die indruk dat Herman baie geld by hom gehad het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa