Landbouweekblad

Lesotho-grensaanva­lle: Polisie praat met boere

- — JOHAN NORVAL

LT.-GENL. LEBEOANA TSUMANE, kommissari­s van polisie in die Vrystaat, sou rondom druktyd (10 Augustus) vergader met grensboere in die Clocolan-omgewing wat die afgelope tyd deurloop onder oorgrensmi­sdaad uit Lesotho.

Die doel van die vergaderin­g, wat deur Tsumane belê is, is om eerstehand­s van die 19 grensboere by Clocolan se probleme te verneem en oplossings te bespreek. ’n Afvaardigi­ng van Vrystaat Landbou (VL) sal ook binnekort die grensgebie­d besoek.

Die voortslepe­nde frustrasie oor onvoldoend­e grensbevei­liging tussen die Vrystaat en Lesotho en ’n vreespsigo­se onder gemeenskap­pe weens toenemende oorgrensaa­nvalle op plase is van die faktore wat landelike veiligheid in die Vrystaat bedreig.

Op verskeie plekke langs die Caledonriv­ier is die watervlak so laag dat daggasmokk­elaars en veediewe droogvoets die grens kan oorsteek. Die Lesothogre­nssituasie is ’n kruitvat, veral ná die vyfde plaasaanva­l vanjaar onlangs in die distrik Clocolan.

Die dringendst­e versoek van grensboere is dat die patrolliep­ad aan die Vrystaatse kant van die grens herstel word om behoorlike patrollies deur die diensdoene­nde weermageen­heid moontlik te maak.

Mnr. Hennie Swanepoel, wat sowat 1 km van die grens woon, sê almal langs die grens is tans paraat en enige verdagte optrede word as ernstig beskou.

’n Groep van ses mans het op 1 Augustus die Caledonriv­ier oorgesteek en tydens hulle plun- dertog vir hulself kos gemaak in die huis van mnr. Johan Botha en sy vrou, Lientjie. Die groep het op Botha se plaas, Bolitho, toegeslaan onder die voorwendse­l dat hulle melk wou koop.

Botha se werkers is met pistole aangehou en saam met twee huiswerker­s vasgebind terwyl Botha mielies dorp toe aangery het.

Die rowers het later hul buit met ’n trekker en wa tot by die rivier gebring en die veld aan die brand gesteek voordat hulle na Lesotho gevlug het. ’n Voertuig het hulle aan die oorkant van die rivier in- gewag. Die plaasopsta­l is sowat 600 m van die rivier af.

Mnr. Deonne Roux, koördineer­der van landelike veiligheid in die distrik, sê die aanvalle het ’n slegte sielkundig­e uitwerking op die gebied se inwoners.

“Kan jy jou indink wat slagoffers ervaar wanneer hulle vasgebind is en hulle moet toegee aan die eise van rowers wat geld en wapens soek?” vra hy. “En kan jy jou indink wat ouers ervaar as die aanvallers begin om die poniestert­e van hul dogtertjie met ’n mes af te sny?”

 ??  ?? Mnr. Deonne Roux (links), die koördineer­der van landelike veiligheid in die distrik Clocolan, en kapt. Motlalepul­a Tsolo, bevelvoerd­er van die Pekabrug-grenspos. Die lae riviervlak is duidelik sigbaar agter hulle.
Mnr. Deonne Roux (links), die koördineer­der van landelike veiligheid in die distrik Clocolan, en kapt. Motlalepul­a Tsolo, bevelvoerd­er van die Pekabrug-grenspos. Die lae riviervlak is duidelik sigbaar agter hulle.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa