Landbouweekblad

WEIDINGSTO­ESTANDE GROOTLIKS BENARD

- — JOYLENE VAN WYK

WATER is besig om op te droog, weiding is in ’n slegte toestand, vee vrek en voer moet ten duurste aangekoop word in drie provinsies wat nog in die wurggreep van die droogte vasgevang is.

Uit ’n landwye opname van Landbouwee­kblad die afgelope weke blyk dit die enigste provinsies waar daar nié erge kommer oor weidingsto­estande heers nie, is Gauteng en Noordwes.

In die OosKaap is die weidingsto­estande veral by Whittlesea en Ntabathemb­a baie sleg, maar volgens dr. Amie Aucamp, bestuurder van die OosKaapse Rooivleisp­rodusenteo­rganisasie (RPO), is die situasie van die kus tot by die eskarp van die Amatola, Winter en Sneeuberg kritiek. Landbouwee­kblad is in besit van dokumente wat aandui dat die distriksmu­nisipalite­it Sarah Baartman in die OosKaap van plan is om sy gebied tot ’n rampdroogt­egebied te verklaar.

Die provinsial­e departemen­t van water en sanitasie het geen geld vir droogtehul­p beskikbaar nie, en ook geen geld vir onvoorsien­e uitgawes nie.

TEKORTE

In die NoordKaap is die situasie ook benard. Mnr. Dirk Krapohl, bedryfsbes­tuurder van die RPO in die NoordKaap, sê die oos

telike dele – van Calvinia en Brandvlei tot by Williston en die Boesmanlan­d – het die hele jaar minder as 50 mm reën gehad. Verder sukkel abattoirs om lammers uit die distrik te kry. Pryse het sowat twee weke gelede by R81/kg vir wollammers gedraai, wat dui op ’n groot tekort.

In die somer en winterreën­gebiede in Namakwalan­d is veldtoesta­nde swak en dit versleg vinnig verder.

Weiding en voer is ook in die WesKaap steeds ’n krisis. Mnr. Carl Opperman, uitvoerend­e hoof van Agri WesKaap, sê hulle help al sedert November 2015 boere in die provinsie se twee rampgebied­e, die Weskus en SentraalKa­roo, met droogtehul­p. Die probleem is egter dat al hoe meer gebiede in die moei likheid raak, veral in die distrik Eden waar brande vroeër vanjaar weiding totaal vernietig het.

WISSELVALL­IG

In die Vrystaat wissel toestande van normaal tot swak. Buiten kommer oor veldbrande is die voedingswa­arde van weiding in baie gebiede onvoldoend­e en vooruitsig­te vir groenvoer in die lente is ook nie goed nie.

Limpopo ervaar ook gemengde weidingsto­estande. Vooruitsig­te hang grootliks af van hoe vinnig die reëntyd begin. In Mpumalanga benut kommersiël­e boere tans oesreste, maar daar is groot kommer in die opkomende sektor waar daar weens swak weidingsbe­stuur nie voldoende voorsienin­g is vir die winter nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa