Landbouweekblad

PINOTAGE WORD GROOT

- — LUCILLE BOTHA

DIE gehalte en prys van wyn van Pinotage, Suid-Afrika se eie inheemse druifsoort, verseker dit is lank nie meer net ’n alledaagse drinkwyn nie, maar word deesdae as ’n gerekende wêreldspel­er beskou. Mnr. Beyers Truter, voorsitter van die Pinotage-assosiasie, het by die aankondigi­ng van die 21ste Absa Top 10-kompetisie gesê dié kultivar het die afgelope 21 jaar merkbaar verbeter.

Verkope het die afgelope paar jaar met 73% gestyg en toon plaaslik én internasio­naal belowende vordering. Verder het Pinotage al drie keer internasio­nale wynmaker van die jaar-trofeë op die internasio­nale wyn- en spirituali­eëkompetis­ie in Londen opgelewer.

“Pinotage is nie meer die Aspoestert­jie nie, maar dit het gevorder van geroeste spykers, soos Britse wynskrywer­s dit eens genoem het, na rooi goud en die troefkaart van die bedryf,” het hy op die bekendmaki­ng van die Absa Top 10 op Stellenbos­ch gesê.

Pinotage het ontstaan uit ’n kruising van Pinot noir en Hermitage (Cinsaut).

GEMEENSKAP­PE BAAT

Saam met die wyne se gehalte het die pryse ook gestyg.

“Nie lank gelede nie het Pinotage altyd aan die laer kant van die prysspektr­um gelê. Daar was ’n persepsie dat goedkoop wyn se gehalte nie goed is nie. Danksy verskeie bemarking s pogings hou Pinotage se prys nou kers vas by die bestes in Suid-Afrika en oorsee.” Truter sê dié ontwikkeli­ngs het daartoe bygedra dat boere meer vir Pinotage-druiwe betaal word en plaaswerke­rs se lone ook kon styg.

Mnr. John Tshabalala, Absa se uitvoerend­e hoof in die Wes-Kaap, het die bedryf aangemoedi­g om bates en hulpbronne te gebruik om gemeenskap­pe te ontwikkel.

“Wanneer die gemeenskap­pe gedy waarin ons woon en werk, gedy ons ook. En wanneer die samelewing gedy, gedy almal.”

Truter het Pinotage-wynmakers aangeraai om aan te hou vernuwend wees en sê die wynmakers is “nou regtig in pas met hul terroir”.

’n Pinotage-klassifika­sie stelsel– ’n eerste ter wêreld – is moontlik ook op pad, sê hy.

WENNERS

’n Nuwe museumklas-kategorie het op vanjaar se Top 10-kompetisie die lig gesien. Dit is vir Pinotage-wyne ouer as tien jaar, wat ingestel is om dié kultivar se verouderin­gspotensia­al te toon. Neil Ellis Vineyard Selection Jonkershoe­k Pinotage 2007 het dié kategorie gewen.

“Pinotage verander met tyd. Dit raak glad en gebalansee­rd en ek glo wêreldwyd gaan museumklas Pinotages ’n groot kategorie raak,” sê Truter.

Uit die 147 Pinotages wat meegeding het, was bykans die helfte afkomstig uit Stellenbos­ch.

Kanonkop-landgoed teen die Simonsberg in Stellenbos­ch het geskiedeni­s gemaak deur vir die twaalfde keer ’n wyn – sy Pinotage 2012 – onder die beste tien te hê. Die ander wenners was: Delheim Pinotage 2012, Diemersfon­tein Carpe Diem Reserve 2015, Flagstone Writer’s Block Single Vineyard Pinotage 2015, Lanzerac Pionier Pinotage 2014, Môreson MKM 2015, Neil Ellis Bottelary Hills Pinotage 2015, Stellenbos­ch Vineyards Bushvine Pinotage 2015, La Cave Pinotage 2016 en Windmeul Pinotage Reserve 2015.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Agter, van links, is mnre. Francois Roode van Diemersfon­tein, Chris Smit van La Cave, Warren Ellis van Neil Ellis, Beyers Truter, voorsitter van die Pinotage-assosiasie, Clayton Reabow van Môreson, David Hodnett van Absa en Reg Holder van Delheim....
FOTO: VERSKAF Agter, van links, is mnre. Francois Roode van Diemersfon­tein, Chris Smit van La Cave, Warren Ellis van Neil Ellis, Beyers Truter, voorsitter van die Pinotage-assosiasie, Clayton Reabow van Môreson, David Hodnett van Absa en Reg Holder van Delheim....

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa