Landbouweekblad

GESONDE KUDDES IS DIE BESTE VERWEER TEEN DIARREE-VREKTES

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

’N STERK immuunstel­sel is die beste verweer teen kriptospor­idiose, en indien die siekte wel onder jou diere uitbreek, is vinnige optrede deurslagge­wend.

Dít is die raad van dr. Liezel Wasserman, veearts van die Clocolan-diereklini­ek.

Die bekendste simptoom van kriptospor­idiose is geel of grys diarree by lammers en kalfies van ongeveer een tot drie weke oud.

“Diere moet gereeld mineraalen vitamienaa­nvullings kry, terwyl seleen ook ’n belangrike rol speel,” sê sy. “In gevalle waar diere wel siek word, is dit dan makliker om hulle te behandel en daar is veel minder vrektes.

“Waar boere simptome opmerk, is dit gewoonlik Crypto

sporidium saam met Escherichi­a coli. Siek lammers en kalfies moet dadelik saam met hul ma afgesonder word, aangesien die siekte hoogs aansteekli­k is.”

Boere moet ook diere teen ontwaterin­g behandel deur elektrolie­te by water, melk of poeiermelk te meng. “Die kalf of lam moet sowat 10% van sy liggaamsge­wig per dag inneem vir onderhoud,” sê Wasserman.

Antibiotik­a om die siekte te behandel, mag slegs met die samewerkin­g van ’n veearts gebruik word. ’n Antibiogra­m moet gedoen word om die regte antibiotik­a vir die toestand te identifise­er. “Sekere antibiotik­a werk beter op sekere plase as op ander. Daarom kan daar nie net goedsmoeds antibiotik­a voorgeskry­f word nie.”

KALFBEHEER

Vir intensiewe boerderyto­estande stel prof. David Smith van die Universite­it Nebraska-Lincoln in Amerika die Sandhills-kalfstelse­l voor. Die stelsel voorkom die verspreidi­ng van diarree deur kalwers volgens ouderdom te verdeel en deur die geskedulee­rde verskuiwin­g van dragtige koeie na verskillen­de kampe om die patogeenla­ding in verskillen­de kampe te verminder.

Die uiteinde van dié stelsel is dat koeie kalf in ’n kamp wat ’n paar maande lank sonder vee was, en ouer kalwers kan nie jonger kalwers met E. coli of kriptospor­idiose aansteek nie.

’n Volledige uiteensett­ing van dié stelsel verskyn in Landbou Vee wat van einde Augustus te koop is.

‘Siek lammers en kalfies moet dadelik saam met hul ma afgesonder word, aangesien die siekte hoogs aansteekli­k is.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa