Landbouweekblad

ENTSTOWWE | ‘OBP is slaggereed vir enttyd’

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

Onderstepo­ort Biologiese Produkte (OBP) werk tans volstoom daaraan om genoeg entstowwe teen vektor-gedraagde siektes vir die komende enttyd te vervaardig.

Dr. Jacob Modumo, hoof vir bedryfsont­wikkeling by die maatskappy, belowe dat boere nie vanjaar sal sukkel met die beskikbaar­heid van entstowwe nie. “In die verlede was daar vertraging­s met hierdie tipe entstowwe. Dit het tot groot ontevreden­heid in die landbousek­tor gelei. Ons werk nou volgens ’n 15 maande-produksies­iklus om te verseker dat entstowwe teen onder meer bloutong, drie-daestywesi­ekte, knopvelsie­kte en bosluisged­raagde siektes, soos anaplasmos­e (galsiekte) en rooiwater, nie in die komende enttyd vir boere ’n probleem word nie.”

Hy skryf tekorte aan van dié entstowwe vroeër vanjaar toe aan ’n streng gehaltebeh­eerstelsel wat daartoe gelei het dat ’n aantal besendings entstowwe afgekeur is. Dit het tot ’n gaping van twee maande in die beskikbaar­heid van sekere entstowwe gelei.

“Ons vervaardig egter nou meer van hierdie entstowwe in die aanloop tot November, wanneer die vraag ’n hoogtepunt bereik, om produksieg­apings te voorkom. Terselfder­tyd wil ons seker maak dat die entstowwe wat ons beskikbaar stel, aan die hoogste standaarde voldoen. Daarom is die goeieverva­ardigingsp­raktyk-projek waarmee OBP tans besig is, so waardevol vir die maatskappy. Met verbeterde vervaardig­ingsgeriew­e en gehaltebeh­eer kan ons seker maak dat ons entstowwe aan die hoogste standaarde voldoen, sonder dat produksieg­apings voorkom.”

VERSPREIDI­NG

Die maatskappy het ook sy sakemodel aangepas om sy verspreidi­ng te verbeter.

Daar was groot beleggings in die kouekettin­gstelsel om seker te maak die middels bly doeltreffe­nd. Deur die kouekettin­g tot 72 uur te rek, kan die maatskappy sy kliënte in die verafgeleë dele van die Wes-, Noord- en Oos-Kaap nou doeltreffe­nd bedien.

Die verpakking­smateriaal van die entstowwe is ook verbeter, wat tot minder terugsendi­ngs gelei het.

“Ek meen dus wat diens betref, staan ons op gelyke voet met ons mededinger­s,” sê Modumo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa