Landbouweekblad

RIOOLWATER BEDREIG DRUIWE-UITVOER

- — JOHAN NORVAL

BESORGDE boere van die Benede-Oranjerivi­er hou die gehalte van die besproeiin­gswater met kommer dop uit vrees dat die gebied se tafeldruif-uitvoer in die gedrang kan kom.

Die Benede-Oranjerivi­er is vir sy produksie van uitvoerdru­iwe bekend wat vanaf Oktober tot Januarie gelewer word en buitelands­e inkomste van miljoene rand verdien.

Die probleem van onbehandel­de rioolwater wat by Upington in die Oranjerivi­er gestort word, is onlangs op die spits gedryf ná hernude klagtes van die Lemoendraa­i-gemeenskap wat naby die dorp se rioolaanle­g geleë is.

’n Boer wat gevra het om anoniem te bly, sê klagtes oor rioolstort­ing is reeds sedert 2011 ontvang. Die dorp se rioolstels­el het na bewering nie die nodige vermoë om in spitstye riool na die aanleg te vervoer nie.

Dit bring mee dat toevoerpyp­e voor die aanleg oorlaai word en onbehandel­de riool by mangate uitborrel, waarna dit in die besproeiin­gskanale en uiteindeli­k in die Oranjerivi­er beland.

Watermonst­ers wat maandeliks stroomaf by Kanoneilan­d geneem word, toon ’n duidelike afname in die watergehal­te teenoor dié wat stroomop van die dorp by die kampus van die Akademie vir Omgewingsl­eierskap (AEL) geneem word.

Mnr. Wiaan van Rensburg, voorsitter van die Oranjerivi­erlandbouu­nie, sê die kwessie van watergehal­te is ’n plofbare onderwerp, aangesien die inkomste van die streek se vrugteuitv­oerbedryf daarvan afhang. Indien invoerders strenger gesondheid­svereistes stel, kan dit meebring dat bestelling­s gekanselle­er word. Hy sê boere vrees dat hul druiwe ’n ongunstige beeld verkry.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa