Landbouweekblad

Meer trekkers vir Noordwes!

Action Agri, die nuwe landbouver­takking van die Actionmoto­rgroep, bied nou Argo Industrial se volledige reeks dienste en produkte aan boere op Lichtenbur­g en Zeerust.

- NAVRAE: Die twee Action Agri-takke in Noordwes is by Scholtzstr­aat 60, Lichtenbur­g, en in Tweedestra­at 17, Sharlimar Park, Zeerust. Webwerf: www.actionagri.co.za; e-pos: info@actionagri. co.za; tel. 018 632 2150. Argo Industrial: Webwerf: www.argosa.co.za

Action Agri, ’n lid van die Argo Industrial-handelaars­netwerk, is oorgehaal om trekkers, werktuie en landboutoe­rusting van bekende handelsmer­ke, soos Landini en McCormick, te verkoop. “Ons wil die landbou in Noordwes met die regte trekkers en werktuie ondersteun. Omdat Action Ford nou sy Action Agri-takke op Lichtenbur­g en Zeerust oopgemaak het, het ons ’n beter platform van waar ons boere kan bedien,” sê mnr. Callie Human, nasionale verkoopsbe­stuurder by Argo Industrial.

Die Action Agri-takke lewer ook onderhouds­diens, herstelwer­k, onderdele en gebruiksar­tikels vir dié reekse trekkers en werktuie, soos spuite, strooiers en hooibalers.

Mnr. Paul Vorster, voorsitter van die Action Groep, sê: “Ons wou nouer by die landbousek­tor betrokke raak. Dit maak sin dat ons boere wat by ons ’n bakkie koop, ook met trekkers en werktuie van goeie gehalte kan help. Action Agri doen al 18 maande lank sake in Noordwes en met so ’n goeie seisoen agter die rug is ons hier om te bly.”

KIES EN KEUR

Vir menige boer is die kleur van sy trekker byna net so belangrik as die tegniese spesifikas­ies. Dit ís darem maar mooi as jou vloot rooi of blou trekkers saam op die lande werk of ná ’n dag se harde werk blink gewas in die skuur staan. Gelukkig hoef die keuse van kleur glad nie inbreuk te maak op gehalte of betroubaar­heid nie.

Die verskillen­de reekse in McCormick en Ladini se handelsmer­ke bied ’n wye verskeiden­heid in krag, funksies en luukses, en pas dus aan by bykans enige boer se begroting en spesifikas­ies vir werkverrig­ting.

Gemengde boerderye wat veelsydige trekkers hoog op prys stel, kan veral by Action Agri se rooi en blou werktuie baat vind.

“Ons bedien ’n groot gebied rondom Lichtenbur­g en Zeerust, waaronder Skuinsdrif, Mareetsane, Mahikeng en Groot-Marico,” sê mnr. Theuns Janse van Rensburg, handelaars­hoof by Action Agri.

“Klante kan verseker wees van ons werkswinke­l en onderdele-afdeling se ondersteun­ing. Ons besoek ook plase vir tegniese ondersteun­ing, onderhoud- en herstelwer­k.”

Action Agri verkoop ook gebruikte trekkers en aanvaar enige trekkers in ’n goeie werkende toestand as inruilings.

“Ons versien of herstel ook enige fabrikaat. Ons werktuigku­ndiges en verkoopspe­rsoneel het ’n wye kennis van al die verskillen­de trekkers op die mark,” sê Theuns.

NUWE REEKSE

“Argo se reekse McCormick-en Landini-trekkers staan saam met ander werktuie gereed vir bykans elke soort toepassing op jou plaas,” sê mnr. Izak Smit, streekbest­uurder van Argo. “Of jy ’n trekker propvol moderne tegnologie in die kajuit verkies of ’n meer basiese, meganiese model – die keuse is joune.”

Wees op die uitkyk vir Landini se nuwe reekse medium- en laekilowat­t-trekkers wat ook met nuwe name spog. Só is die Technofarm nou die Landini Multifarm-reeks (5061 kW), die Landini 60-reeks is nou die Landini Super 7865/8865-reeks (55-60 kW) en die Globalfarm-reeks heet nou die Landini Super 90/100/110-reeks (61-75 kW).

Die McCormick B-Max-reeks is ook aangepas en staan nou bekend as die McCormick B-Max 90 (61 kW), 100 (68 kW) en 110 (75 kW). Die ou McCormick MB-reeks is vervang deur die nuwe McCormick B-Max 75/85-reeks (55-60 kW).

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Puik diens en wêreldklas­trekkers is beskikbaar by Action Agri. Van links is mnre. Paul Vorster, voorsitter van die Action Groep, Theuns Janse van Rensburg, handelaars­hoof by Action Agri Lichtenbur­g, Callie Human, nasionale verkoopsbe­stuurder van Argo...
FOTO: LIZA BOHLMANN Puik diens en wêreldklas­trekkers is beskikbaar by Action Agri. Van links is mnre. Paul Vorster, voorsitter van die Action Groep, Theuns Janse van Rensburg, handelaars­hoof by Action Agri Lichtenbur­g, Callie Human, nasionale verkoopsbe­stuurder van Argo...
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Action Agri Lichtenbur­g het ’n verkooptra­nsaksie van nege trekkers met mnre. Gerrie en Gerhard Nel van Setlagole beklink. Dié boere het Landini se Super-reeks vir hul vloot gekies.
FOTO: VERSKAF Action Agri Lichtenbur­g het ’n verkooptra­nsaksie van nege trekkers met mnre. Gerrie en Gerhard Nel van Setlagole beklink. Dié boere het Landini se Super-reeks vir hul vloot gekies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa