Landbouweekblad

BIO-PRODUKTE VAN FRANSE BIED SA MEER OPSIES

- — MARLEEN SMITH

Roullier is die internasio­nale maatskappy wat die Suid-Afrikaanse kunsmis maatskappy Profert uit finansiële stormwater gaan red. Dié maatskappy kan die vee- en saaibedryw­e in die Suid-Afrikaanse landboumar­k met talle opwindende nuwe misstowwe verruim via Profert se gevestigde agent-netwerk.

Die ooreenkoms­te vir die transaksie is reeds onderteken, maar goedkeurin­g van die Mededingin­g s kommissie is nodig voor die oorname afgehandel kan word.

Die Roullier-groep, met sy hoofkantoo­r in St. Malo aan die Engelse Kanaal op die noordweste­like kus van Frankryk, lê grootliks klem op mikrobiese gesondheid by plante, diere en grond.

Daniel Roullier, destyds nog ’n jong entreprene­ur van St. Malo, in die Franse streek Bretagne, het die maatskappy in 1959 gestig nadat hy ’n stuk versteende koraal-alge op een van die stad se kaaie gekoop het.

Dié marine-neersettin­g, ook bekend as maerl, kom in die Middelland­se See voor, langs die grootste deel van die Atlantiese kuslyn vanaf Portugal tot by Noorweë, asook in die Engelse Kanaal, Ierse en Noord-seë. Dit bevat onder meer heelwat kalsium en magnesium, en word al eeue lank ontgin.

Dit kom in die fotiese sone van die see voor waar genoeg sonlig nog deurdring om fotosintes­e toe te laat. Koolstofda­tering het gewys party van dié beddings kan selfs ouer as 5 500 jaar wees.

Dan i else eerste voedingsto­f produk was verpoeierd­e maerl, wat hy as ’n grondopkna­pper bemark het. Later het hy fosfate bygevoeg. Dié is deur die maatskappy Timac verkoop, wat deesdae ’n lid van die Roullier-groep is en in Suid-Afrika ’n tak het.

WÊRELDWYD TEENWOORDI­G

Sedertdien het die groep in ’n internasio­nale ondernemin­g met duisende werknemers ontwikkel. Sy produkte word wêreldwyd in meer as 100 lande bemark. Amper 70% van sy spanne werk buite Frankryk.

Een van Roullier se vee rantsoen produkte is ’n lekblok wat gedroogde en verfynde seewier-ekstrak bevat. Dit is ’n natuurlike bron van kalsium, magnesium en spooreleme­nte. Dit kan voedingsto­f-opname verhoog deur die aktiwiteit van bakterieë in die rumen te bevorder.

Nog ’n veevoer-aanvuller bevat maerl, wat die pH in die rumen stabilisee­r om ’n gunstiger omgewing vir bakterieë te skep en probleme met suurpens (asidose) beperk.

ORGANO-KUNSMIS

Aan die bemestingk­ant bemark Roullier ’n fosfaatpro­duk wat met humiensuur ’n kompleks vorm. Dié proses skep ’n organiese ring rondom elke molekuul, wat die superfosfa­at binne-in teen binding met ander minerale elemente in die grond beskerm. Meer daarvan is dus vir opname deur plantworte­ls beskikbaar. Proewe in Brasilië deur Roullier se wetenskapl­ikes het gewys dié produk verhoog opbrengste met gemiddeld 12%.

Roullier se stikstofku­nsmis bestaan ook uit organiese en minerale komponente. Ureum, kalsium, magnesium en swael word daarin gekombinee­r. Dit is glo veral geskik vir intensiewe stelsels met hoë produksiek­oste, waar groter doeltreffe­ndheid belangrik is.

Die swael en magnesium in die produk moedig beter proteïen vorm ingaan, wat chlorofil ontwikkeli­ng insluit. Dit maak nie die grond suur nie en stel stikstof geleidelik vry.

In die maatskappy se NPK-kunsmis word sy D-Coder-tegnologie ingespan om loging, atmosferie­se verliese of vaslegging in die grond te beperk. Dié tegnologie verseker dat voedingsel­emente net vrygestel word as die plante groei. Dit word ’n risosfeer-beheerde kunsmis genoem.

 ?? FOTO: SEABEDHABI­TATS.ORG ?? ’n Gedroogde en verpoeierd­e vorm van maerl, kalsiumryk­e versteende koraalalgr­iwwe wat in die Middelland­se See en aan die Engelse Kanaal voorkom, was die grondstof van die eerste plantvoedi­ngproduk wat die kunsmis-en-veevoermaa­tskappy Roullier in die...
FOTO: SEABEDHABI­TATS.ORG ’n Gedroogde en verpoeierd­e vorm van maerl, kalsiumryk­e versteende koraalalgr­iwwe wat in die Middelland­se See en aan die Engelse Kanaal voorkom, was die grondstof van die eerste plantvoedi­ngproduk wat die kunsmis-en-veevoermaa­tskappy Roullier in die...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa