Landbouweekblad

NUWE WAPENS TEEN BLOUTONG

- — MARLEEN SMITH

Te midde van chroniese tekorte aan bloutongen­tstof in Suid-Afrika, het wetenskapl­ikes van die Universite­it van Kaapstad twee nuwe entstofkan­didate teen dié virus ontwikkel.

Dr. Alta van Zyl, ’n viroloog, en haar span het twee nuwe proteïen liggaampie­s in tabakplant­e gekweek wat dalk as doeltreffe­nde nuwe entstowwe teen bloutong benut kan word.

Die twee kandidate, Zera-VP2ep en ZeraVP2, het hulself al in proewe met muise bewys deurdat dit ’n immuunreak­sie teen talle bloutong-serotipes by die knaagdiere veroorsaak het.

Van Zyl skryf in die artikel in die vaktydskri­f

BMC Biotechnol­ogy dat bloutong die eerste keer in Suid-Afrika opgemerk is toe fynwolskap­e meer as 200 jaar gelede uit Europa hierheen ingevoer is.

Sedert 1998 is dit een van die mees wydverspre­ide veesiektes ter wêreld.

’n Aantal entstowwe is al teen die siekte ontwikkel. Dié wat kommersiee­l beskikbaar is, sluit ongeaktive­erde heelvirus-entstowwe in, asook entstowwe met lewende virusse wat onskadelik gestel is.

Die entstof wat Onderstepo­ort Biologiese Produkte (OBP) vir Suid-Afrikaanse boere vervaardig en wat plaaslik gebruik word, werk teen ’n mengsel van bloutong-serotipes. Dit veroorsaak egter talle newe-effekte, soos die ontwikkeli­ng van ligte simptome, verlaagde melkproduk­sie en besmetting via die plasenta.

Dít het tot die ontwikkeli­ng van nuwe entstof-kandidate aanleiding gegee, wat met die hulp van insek- en plantselle vervaardig kan word. Die nadeel van dié nuwe geslag entstowwe is egter dat hulle net teen een van die 27 bloutong sero tipes beskerming bied, tensy hulle saam met ander toegedien word, wat die entstof duur maak. Altesaam 22 van die 27 bloutong sero tipes wa taan die mens bekend is, kom seisoenaal in Suid-Afrika voor.

Die nuwe entstofkan­didate hou juis belofte in omdat hulle ’n immuunreak­sie teen verskeie serotipes van die siekte by die muise geaktiveer het. Hulle kan ook maklik en vinnig in plantselle vervaardig word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa