Landbouweekblad

Graan só goed, silo’s vra vir nog!

’n Boer van Mpumalanga het al die jare nog net geel mielies geplant. Die afgelope seisoen het hy egter sy hand aan wit mielies ook gewaag en groot sukses behaal.

-

Op sy drie plase naby Ermelo in Mpumalanga boer mnr. Nico Roodt met Brangusbee­ste en op droëland met mielies en sojabone. “In die winter bewei die beeste die oesreste, want dit is baie duur om hooi alleen te voer. Mielies en beeste se pryse vul mekaar aan en bring stabilitei­t in die boerdery,” sê hy.

PAN 4A-111

Nico het besluit om nou ook wit mielies te plant. “Ek het agter die mark aan geplant om die voordeel van die goeie prys te kry.”

Mnr. Riaan Jacobs, Pan nar se verkoop sverteenwo­ordiger in die Ermelo-omgewing, sê boere plant tradisione­el meer geel mielies by Ermelo. Dit was dus vir albei partye ’n proeflopie.

Nico het die wit mieliebast­er PAN 4A-111 en die geel mieliebast­ers BG 3492B en BG 3792BR aangeplant. Hy sê sy plase val binne die misgordel, wat dikwels graadprobl­eme met wit mielies veroorsaak.

“Met PAN 4A-111 het ons glad nie graadprobl­eme gehad nie. Trouens, die graad was só goed dat die silo’s gevra het of ons nie nog graan van dié baster beskikbaar het nie,” sê Nico trots.

BG 3492B EN BG 3792BR

Wanneer Nico ’n mieliebast­er kies, soos enige ander boer, is veral die potensiële opbrengs belangrik.

“Ek hou ook van vinnige groeiers, want in dié omgewing word ons gereeld deur brandgevaa­r in die gesig gestaar. BG 3492B en BG 3792BR is albei ultravinni­ge groeiers. Ons is derhalwe minder blootgeste­l aan wegholbran­de tydens die droër maande.

“Die wit én geel mielies het goeie materiaalm­assa wat die voerbronne aanvul met goeie oesreste. Ons pas minimum bewerkings praktyke toe en die bykomende plantmater­iaal lewer goeie grondbedek­king. Dié seisoen het al drie mieliebast­ers vir goeie graangehal­te en skepelgewi­g gesorg.

“Die BG-basters het selfs tydens die droogte ’n stabiele opbrengs gelewer. In die afgelope vier jaar dat ek hierdie twee basters plant, is die opbrengs elke keer ongeveer 10 t/ha.”

GEWASBESKE­RMING

Nico gebruik Pan nar se Y i el d Boos t ®- swamdoder spuitprogr­am .“Ek het A ba c u s-swamdoder (reg.nr. L 8048, Wet 36 van 1947) op die vyf- tot agtblaarst­adium gespuit en dit sowat 21 tot 28 dae later met Duett Ultra (reg.nr. L5791) opgevolg.”

Nico is oortuig daarvan hy kry ’n beter opbrengs deur swamdoders te spuit soos die Y i el d Boos t ®- swamdoder spuitprogr­am aanbeveel. Hoewel die primêre doel van so ’n program die bekamping van siektes is om hoër opbrengste te verseker, bly sulke behandelde plante gewoonlik vir ’n langer tydperk groen en gesond. Dit is voordelig vir die staanvermo­ë en graangehal­te van die oes.

Presisie boerdery is deel van Ni c os e bestuurspl­an. Hy pas presisie kalktoedie­ning toe, asook grond regstellin­gs deur kalium( K) en fosfor (P) op ’n soortgelyk­e wyse toe te dien. Nico sê hy spaar geld sedert hy kalk met presies i e praktyke strooi.

Die afgelope seisoen het hy ook grondontle­dings en blaarontle­dings gedoen.

GRONDBEWER­KING

Nico gebruik konvension­ele én minimumbew­erking. Hy plant op droëland. Hy pas wisselbou toe op ’n driejaarst­elsel – twee jaar mielies en een jaar sojabone.

Nico gebruik twee keer ná mekaar ’n tandwerktu­ig op die lande waar hy konvension­ele bewerking toepas .’ n Beitel ploeg bewerking word opgevolg deur’ n Kon skilde Vibrotillw­erktuig om die saadbeddin­g gelykte maak.

Nico dien 300 kg 13:7:10 (30) NPK-kunsmis en 0,5% sink (Zn), 5% swael (S), en 3% kalsium (Ca) tydens planttyd toe. Vir topbemesti­ng bemes hy twee keer met 200 kg 10:1:2 (31) NPK-kunsmis.

 ?? FOTO: RIAAN JACOBS ?? HEEL BO: BG 3792BR is deel van Nico se geelbaster­pakket.
FOTO: RIAAN JACOBS HEEL BO: BG 3792BR is deel van Nico se geelbaster­pakket.
 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? BO: PAN 4A-111 is ideaal vir droëlandpr­oduksie.
FOTO: LIZA BOHLMANN BO: PAN 4A-111 is ideaal vir droëlandpr­oduksie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa