Landbouweekblad

MONITOR KOEIE SE REPRODUKSI­E

-

Die jongste weergawe van die SCR Heatime HR-stelsel vir die monitor van koeigesond­heid en reproduksi­e op melkplase is nou in Suid-Afrika beskikbaar.

Met die SCR Heatime-stelsel kan ’n boer aktiwiteit­e en herkouing monitor, wat hom in staat stel om die reprodukti­ewe, gesondheid­s-, voedings- en welstandst­atus van koeie vinnig en akkuraat te evalueer. Dit kan produktiwi­teit verhoog, koste verlaag en beter beheer oor bedrywighe­de bewerkstel­lig. Die stelsel bied vyf nuwe toepassing­s: ’n Hitte-indeks. Dit maak beter telingbesl­uite moontlik, gegrond op aktiwiteit, die herkou-kurwe, hitteduur en die tyd van die vorige siklus af. Dragtighei­dswaarskyn­likheid. Bereken hiermee die waarskynli­kheid van dragtighei­d en die moontlikhe­id van ’n misgeboort­e vir alle koeie ná kunsmatige inseminasi­e. Intydse groepsroet­ine. Intydse inligting wys ongewone aktiwiteit of herkouing op groeps- of kuddevlak uit, wat kan dui op die verspreidi­ng van ’n siekte, groepspani­ek of stres. Noodwaarsk­uwing voor geboorte. Dit verskaf inligting oor koeie wat ongewone stres met geboorte ervaar. Noodwaarsk­uwing ná geboorte. Dit verminder die impak van ’n siekte by kalwers met vroeë waarskuwin­gs van ’n probleem ná geboorte. Groep-konsekwent­heid: Monitor en ontleed langtermyn-herkouerne­igings en wys enige onreëlmati­ghede op groepsvlak uit, soos voedingsve­randeringe, rantsoenaa­npassing en infiltrasi­e van vrot voer. Heatime kan saam met SCR se HR-LDhalsband gebruik word, maar ’n nuwe HR-LDn-halsband is ook beskikbaar.

Dit het onder meer ’n nuwe sensor vir beter prestasie, verbeterde sagteware en ’n nuwe NFC-mikroskyfi­e vir toekomstig­e bestuursto­epassings.

Prys: Prys op aanvraag.

 ??  ?? Prys op aanvraag
Prys op aanvraag
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa