Landbouweekblad

MENG SELF VARKVOER

Ons het met varke begin boer en hul rantsoene bestaan uit gemaalde lusern, gemaalde mielies en rosyntjier­este. Wat moet ons nog by die rantsoene voeg vir die speenvarki­es en ook vir die sôe wat nou kleintjies het?

- PIETER GRIMBEEK Dr. Pieter Grimbeek is ’n praktisere­nde veearts.

Wees versigtig met neweproduk­te of afvalprodu­kte van grondstoww­e. Rosyntjier­este het ’n hoë vog- en suikerinho­ud. Gevolglik kan die produk maklik muf. Muf vervaardig gifstowwe en dit is baie nadelig vir die klein varkies, asook die teeldiere. Die gifstowwe het ’n invloed op groei, reproduksi­e en veroorsaak ’n rits ander probleme wat ook tot vrektes kan lei.

’n Speenvarki­e se spysverter­ing is gevoelig en gespesiali­seerd. Daarom moet hulle hoogs verteerbar­e rantsoene van gehalte kry. Aangesien klein varkies vinnig groei en hul voeromsett­ingsverhou­ding so doeltreffe­nd is, is dit lonend om in goeie rantsoene te belê ongeag wat dit kos. Lê dus eerder klem op gehalte.

As jy graag jou eie voer wil meng, is dit raadsaam om spesialist­e te kontak wat vir jou die regte rantsoene kan saamstel en goeie raad kan gee. Dit is nie net belangrik om gebalansee­rde rantsoene aan jou varke te voorsien nie, maar ook om die regte rantsoen in die regte produksies­tadium aan die diere te gee. Elke fase van ’n vark se lewe het ’n spesiale rantsoen nodig, byvoorbeel­d laktasie, dragtighei­d, voor speentyd, met speentyd, groei en bemarking.

ASA-produkte in Johannesbu­rg (tel. 01 1 683 7212) het spesiaal geformulee­rde melkpoeier­s, speenrants­oene en kos vir babavarkie­s (ook pasgebore varkies) beskikbaar. U kan ook by die groot veevoermaa­tskappye om raad vra. Hulle help graag.

Besoek die webwerf www.feedtek.co.za asuself voer wil meng. Tree in verbinding met die naaste agent of voedingkun­dige in u streek. Die Feedtekorg­anisasie het ook aangepaste oplossings vir boere wat rantsoene tuis wil meng.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa