Landbouweekblad

WETTIGE WATERGEBRU­IK

Ek het ’n artikel 35 (1)-brief van die Departemen­t van Waterwese gekry. Wat staan my te doen?

- ADRIAAN GROENEWALD Mnr. Adriaan Groenewald is ’n prokureur by Groenewald­s Prokureurs op Humansdorp.

Let eerstens op die keerdatum op die skrywe en reageer betyds of vra betyds om uitstel.

Voltooi die aansoekvor­m aan die hand van stawende dokumente wat betrekking het op die betrokke tydperk (1996-1998-1999) (“die kwalifiser­ende periode”), byvoorbeel­d permitte, waterhofbe­vele, ou Eskom-rekenings, lugfoto’s, pompdata, ensovoorts. Dit is dus enige dokument wat u as relevant beskou ten opsigte van u wettige watergebru­ik in die kwalifiser­ende tydperk. Onthou, die klem val op daardie watergebru­ik wat wettiglik in die kwalifiser­ende tydperk uitgeoefen is en nie dít wat as sulks geregistre­er is nie.

Aanvaar dat die inligting wat op die kennisgewi­ng verskyn, nie noodwendig korrek gaan wees nie. In die kennisgewi­ng word onderskei tussen die huidige watergebru­ik (current period) en die kwalifiser­ende tydperk (qualifying period).

Hoewel satellietb­eelde en lugfoto’s van waarde is om die omvang van die ontwikkeli­ng op die grond aan te dui, is dit nie bepalend vir die volumetrie­se gebruik op die lande nie. Ander faktore, soos skedulerin­gsmetodes vir besproeiin­g, tipiese gewasse en betroubaar­heid van die lewering van die bron, moet ook in ag geneem word. Dit is egter van groot belang dat u die foute aandui waarvan u bewus is.

Die vasstellin­g van die watergebru­ik (art. 35[4]) is die volgende stap in die verifikasi­eproses. Dit is dus noodsaakli­k dat u die eerste deel van die proses met groot omsigtighe­id benader.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa