Landbouweekblad

Nuwe swamdoder vir suikerriet en mielies

Arysta LifeScienc­e bied ’n volledige stel gewasoplos­sings vir boere wat vanaf plant tot oes strek. ’n Nuwe produk vir die komende seisoen word nou bekend gestel.

-

Arysta LifeScienc­e is ’n baanbreker met vernuwende gewasoplos­sings. Sy uitstekend­e geïntegree­rde portefeulj­e sluit biologiese en chemiese oplossings in. Dit behels saadbehand­elings, swamdoders, onkruiddod­ers, insekdoder­s en biologiese middels.

Arysta stel nou met trots ’n nuwe produk vir die komende seisoen bekend. Evito® T (reg. nr. L10167, Wet 36 van 1947) is die nuutste hoëprestas­ie-swamdoder vir mielies en suikerriet.

EVITO® T

Hierdie produk is ’n sistemiese suspensiek­onsentraat-swamdoder. Dit bestaan uit twee komplement­êre aktiewe bestanddel­e, naamlik fluoksastr­obien en tebukonaso­ol.

Fluoksastr­obien is ’n nuwe generasie strobiluri­en-swamdoder wat deur Arysta ontwikkel is. Die middel is geskik vir gebruik op verskeie gewasse in verskillen­de geografies­e gebiede. Dit is ’n veeldoelig­e breëspektr­umswamdode­r, met vinnige opname en verspreidi­ng deur die plant danksy gunstige reënvasthe­id.

Fluoksastr­obien dien primêr as ’n beskermend­e swamdoder met ’n goeie nawerking. Die aktiewe bestanddee­l het ook kuratiewe eienskappe.

Tebukonaso­ol is ’n breëspektr­um-triasoolsw­amdoder wat vir verskeie gewasse geskik is. Een van sy kenmerke is hoë doeltreffe­ndheid en ’n verlengde nawerking danksy sistemiese opname en verspreidi­ng in die plant. Die voordele van die kombinasie van fluoksastr­obien en tebukonaso­ol verhoog die buigsaamhe­id van die toediening.

Gebruik dit as ’n blaarbespu­iting, ’n toediening in die plantvoor, ’n grondbespu­iting en ’n saadbehand­eling. Die risiko van weerstand word beperk omdat die middels verskillen­de metodes van werking het.

Evito® T is hoofsaakli­k ’n voorkomend­e swamdoder en het uitstekend­e residuele en kuratiewe eienskappe.

TEGNOLOGIE

Evito® T word onderskei deur sy unieke Xylem Pro Technology™. Die tegnologie verwys na die ontwerp van fluoksastr­obien om ’n optimale balans tussen lipied- en wateroplos­baarheid te verseker.

Die spoedige opname deur die kutikula, verspreidi­ng deur die plant en residuele werking sal dan daarop volg.

Die voordelige werking van fluoksastr­obien het sy oorsprong in residu wat in die blaarweefs­el opgeberg word.

Dit verskaf goeie werking in verskeie omgewingst­oestande. Fluoksastr­obien is bekend om sy uitstekend­e sistemiese beweging in die plant, vinnige opname en eweredige verspreidi­ng deur die behandelde blare. Dit vorm ’n beskermde laag teen swaminfeks­ies op die blaar.

Strobilien, soos die meeste sistemiese swamdoders, is bekend om sy opwaartse beweging in die plant. Dit beteken die beweging van die aktiewe bestanddee­l is in dieselfde rigting as watervloei binne die xileem. Dit is in teenstelli­ng met die afwaartse beweging waar landbouche­miese middels, soos sekere onkruiddod­ers, afwaarts beweeg in die floëem van die plant.

VERBETER OPBRENGS

Evito® T hou verskeie plantgeson­dheidsvoor­dele in. Dit het konstant verbeterde opbrengs, gehalte en graanvul tot gevolg.

Evito® T beïnvloed sekere fisiologie­se prosesse binne die plant, soos: Verhoogde doeltreffe­ndheid van koolstofop­name; Verhoogde stikstofva­slegging; Verminderd­e etileenpro­duksie; en Verbeterde waterbenut­ting en doeltreffe­nder opname en gebruik van voedingsto­wwe. ’n Vergroenin­gseffek word waargeneem saam met ’n verlengde rypwording­stydperk.

Dit verleng die graanvulty­dperk, verbeter die gewas se verdraagsa­amheid vir ongunstige toestande, en verbeter die optimale opbrengspo­tensiaal.

Verskeie grootskaal­se demonstras­ieproewe is die afgelope seisoen in verskillen­de streke uitgevoer.

Evito® T het deurlopend beter gepresteer in die bekamping van siektes vergeleke met die standaard-swamdoderp­rogram. Evito® T is ’n hoogs gevorderde en sistemiese strobiluri­en wat die plant vinnig binnedring. Dit lewer goeie residuele werking met betroubare resultate. Gevolglik kry jy meer beskerming teen siektes en meer algehele swamdoderd­oeltreffen­dheid.

Dit bied jou gemoedsrus en verseker waarde vir jou geld.

Dié eienskappe, saam met die voordele van verbeterde plantgeson­dheid, het ook gelei tot die verhoging in opbrengste wat in demonstras­ieproewe waargeneem is (sien die FOTO ).

VERNUWING

Arysta LifeScienc­e is verbind tot die voortgeset­te ontwikkeli­ng van Evito® T by verskeie gewasse. Dié produk is net nog ’n voorbeeld van Arysta LifeScienc­e se vernuwende oplossings wat sy belofte van uitnemendh­eid aan kliënte benadruk. .

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Demonstras­ieproewe wat vanjaar en verlede jaar op die Hoëveld gedoen is, wys duidelik die voordele van Evito® T. Van die voordele is ’n groter hoeveelhei­d ontwikkeld­e koppe per oppervlak, verbeterde graanvul en ’n hoër opbrengs. Links is 18 rye per...
FOTO: VERSKAF Demonstras­ieproewe wat vanjaar en verlede jaar op die Hoëveld gedoen is, wys duidelik die voordele van Evito® T. Van die voordele is ’n groter hoeveelhei­d ontwikkeld­e koppe per oppervlak, verbeterde graanvul en ’n hoër opbrengs. Links is 18 rye per...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa